Ondersoeke by Hoërskool Jan Viljoen duur voort

Die Hoërskool Jan Viljoen in Randfontein. (Foto: Google)

Die departement van onderwys kan nog geen aanduiding gee van wanneer die onderskeie ondersoeke na ʼn beweerde rassevoorval by die Hoërskool Jan Viljoen afgehandel sal wees nie.

Die departement het wel bevestig dat 12 leerders by die skool hangende die ondersoeke geskors is.

Die beweerde oortredings teen hulle wissel van oortredings van die skool se gedragskode, dat hulle die skool se naam in oneer gebring het, die bedreiging en ontwrigting van onderrig en leer, die besit van gevaarlike wapens en opsetlike saakbeskadiging, sê Steve Mabona, woordvoerder van die departement.

In hierdie stadium is geen onderwysers geskors nie, maar wel een administratiewe personeellid.

ʼn Herrie het losgebars nadat video’s van ʼn bakleiery tussen leerders – sommige wit en sommige swart – op sosialemediaplatforms versprei is. Daar is tans verskillende weergawes van wat tot die stryery aanleiding gegee het, maar talle bewerings van rassisme by die skool is wel gemaak.

Die skool se beheerliggaam het reeds ʼn onafhanklike span aangewys om die bewerings te ondersoek, terwyl die polisie ook ʼn ondersoek van stapel gestuur het. Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het ook die Menseregtekommissie gevra om ondersoek na sommige van die bewerings in te stel.

Devon Hofmeyr, ʼn direkteur van die jeugbeweging Bittereinders, is deel van die paneel wat saam met ouers van die skool insette tydens die ondersoeke sal lewer.

Hofmeyr sê die organisasie verteenwoordig enige ouers – wit of swart – wat meen die skool het die situasie verkeerd hanteer en verskeie ouers het reeds aangedui dat hulle hul insette tydens die ondersoeke gaan lewer.

Volgens hom is die skool se bestaande beheerliggaam nie in staat om kwessies soos die bakleiery behoorlik te hanteer nie.

“Ons wil ʼn beheerliggaam hê wat sulke situasies kan voorkom.”

Hofmeyr stem saam met bewerings dat daar steeds voorvalle van rassisme by skole voorkom. En hy glo dit kom van wit en swart leerders. “Die beheerliggaam moet meganismes kan instel om rassisme uit te skakel. Daar moet ʼn program in die skool wees om kinders te leer dat iets tussen twee kinders, wit en swart, nie dadelik ʼn ras- of politieke kwessie word nie.”

Hy sê ook dit is belangrik dat kinders leer om mekaar te respekteer, ongeag hul ras.

Dit is egter kommerwekkend dat politieke partye betrek word wanneer ʼn probleem tussen leerders ontstaan. “Hoekom voel die kinders hulle moet ʼn politieke party nader, eerder as die beheerliggaam?”

Volgens hom het skole se beheerliggame geen invloed op wat in kinders se huise gebeur nie, en daarom moet alle ouers verantwoordelikheid neem vir hul kinders se gedrag.

Hofmeyr sê daar mag egter nie toegelaat word dat “kinders op ʼn politieke altaar geoffer word nie”.

Hy het na Lesufi gekap wat volgens hom nie rustigheid ná afloop van die voorval geskep het nie, maar eerder olie op die vuur gegooi het. Die LUR het tydens een van sy besoeke aan die skool onder meer gesê dat “hulle dalk ons grootouers suksesvol onderdruk het, dat hulle dalk ons ouers suksesvol onderdruk het, maar dat hulle ons kinders nooit sal onderdruk nie”.

Hofmeyr het die LUR se uitlatings as “onnodig” bestempel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

domheks ·

Ou lesoefieeee moet ALTYD die ras kaart trek! wonder of hy ooit onderdruk was?

Andre ·

Enige rassevoorval sal altyd gebruik ward teen die blankes.

Anel ·

Die maklikste is om skole weer apart te maak. Gaan apart skool en kompeteer teen mekaar in sport en wat ookal. Maar los mekaar uit. In ons tyd het die seuns ook maar baklei, maar daar is nooit iets van gemaak nie. Of los die kinders dat hulle mekaar uitsorteer. Hoe meer volwassenes in meng hoe erger word dit. As die bakleiery geïgnoreer word sal dit oor waai. Maar nou word daar in gemeng en alles word verpoltiseer. Solank die kinders mekaar nie met wapens bykom nie sou ek sê los dit.

Sean ·

Kan Maroela asb vandag se aanranding op die onderwyser ook publiseer

Luciemarie ·

Mag ons weet hoeveel van die 12 geskorste kinders is blank en hoeveel swart?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.