Ondersoeke na POF-‘plunderput’ gevra

geld 4

Argieffoto.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Burgerlike Organisasie (Sanco) het Blade Nzimande, minister van vervoer, versoek om ondersoek in te stel na beweerde verkwistende uitgawes by die Padongelukkefonds (POF).

Die Sunday Times het berig dat die tegnies insolvente POF ’n huurkontrak vir meubels aangegaan het waarvolgens 300 stoele verskaf word teen ’n koste van R500 000 per maand. Dit nadat ’n bod gekelder is vir nog ’n duurder kontrak van R60 miljoen vir vyf jaar met dieselfde maatskappy.

“Die nasionale tesourie moet dringend diensvlakooreenkomste hersien en kontrakte vir openbare entiteite standaardiseer om te verseker dat hulle aan die regering se kostebesparingsmaatreëls voldoen,” het Jabu Mahlangu, nasionale woordvoerder van SANCO, gesê.

Hy het gesê goeie regering en omsigtige finansiële bestuur moet oor alle openbare entiteite verskans word.

“Daar moet opruiming begin om die verrotting te stop en daar moet geen reddingsboeie wees vir openbare entiteite wat hul bedrywighede met buitensporigheid en verkwistende uitgawes uitvoer nie,” het Mahlangu gesê.

“Bestuurders wat sommige van die entiteite in die grond in bestuur moet persoonlik aanspreeklik gehou word vir finansiële verliese en direksies wat nie die zero toleransie-benadering tot korrupsie handhaaf nie moet ontbind word.”

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het hom ook uitgespreek teenoor POF. “Die Padongelukkefonds is ’n plunderput van reuse afmetings. Dit moet op die hoogste vlak ondersoek word en ons versoek die president om dringend ’n onafhanklike kommissie van ondersoek saam te stel om te kyk na die siek stand van sake by POF,” het Wayne Duvenage, voorsitter van Outa, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Frikkie ·

Slaggate in die paaie word nie herstel nie….
Die POF is “tegnies Insolvent….”
maar kom ons stoot die brandstof pryse NOG hoër!!!?
betaal my brandstof dan nie JUIS vir daai twee items nie!?

tamboti ·

Is daai stoel nie dalk die twee voor sitplekke van ‘n Merc nie???????

willie ·

Eers seerowers, …………. toe transitorowers en nou hierdie skurke! Teen hierdie tempo is daar voor 2020 net mooi ……….. oor nie! Nie eers iets om te brand nie!

Koos de Meyer. ·

Waar het jy gesien, R500000. 00 ‘n maand om 300 stoele te huur. Beslis goedkoper om nuwes te koop. Dan moet ons heffings betaal sodat die geld geswendel kan word. Wat ‘n skande.

HP ·

ja elke vergadering kan jy jou stoel huistoe neem as jy dit nie brand nie

Eish ·

Dit verbaas my geensinds.
Wat my wel verbaas is dat dit so lank geduur het voor dit agtergekom is, synde die kankerbestuur se slymerige sleepsel deur die beskawing die afgelope kwarteeu verblindend weerkaats wanneer die lig daarop val.
Die mandjie eiers is in totaliteit verrot.
Gee ons n eie tuisland asb.

R1660 pm per stoel ·

R 1 666.66 per stoel per maand. Dit is ‘n terugbetaaltyd van seker een maand en jy behou die bate. Wat ‘n belegging. Mag die skuldiges aan die pen gery word, nou of wanneer wet en orde eendag terugkom.

Uvonka ·

Ek weet nie hoe werk die mense se logika nie. Hulle huur die stoele en rekenaars sodat daar nie beslag op dit gele kan word nie!

marous ·

Geen kommissies nie . Sluit hulle almal eenvoudig toe vir korrupsie .

Cobus ·

Ongelukkig wys die geskiedenis dat hul heelwaarskynlik bevorder sal word. Hoeveel sit in die tronk na al die bedrog wat gepleeg is?

Alida ·

Die blik wurms is nou oopgemaak. Die ondersoek sal hopenlik nou begin.

Carel Kat ·

Help my uit hier, presies hoeveel rand van elke liter petrol gaan aan die klomp clowns?

Colleen ·

En gaan dit beteken dat die heffings wat ons betaal, drasties gaan verminder?

Joshua ·

ANC lede sal enige leuns uit dink om tax betalers se geld in hul korrupte sakke te druk-diefstal en niks gebeur met hulle nie.

Johan ·

Nou hoe nou???
Hoe kan diegene wat die bewakers van die poorte dit toelaat? Is dit waar my bydrae tov die brandstofheffing heen gaan?
Hoe korrup kan dit word en wie gaan nou wat doen??

HP ·

Integniteit ontbreek geheel en totaal.
Sub A sal nie eers so stelsel goedkeur/voorstel…. nooit

Kierie ·

Wat in hierdie land is nié in ‘n gemors in bestuur nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.