Ondersoeke na staatskaping-aantygings bespoedig

Godfrey Lebeya, hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) (Foto: Chantall Presence/ANA)

Die parlement se portefeuljekomitee oor polisie het lt.genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, se aankondiging dat ʼn span aangestel is om die ondersoek oor aantygings rakende staatskaping te bespoedig, verwelkom.

Francois Beukman, voorsitter van die komitee, het Sondag gesê dat dié proaktiewe stappe deur Lebeya noodsaaklik en gepas is.

“Die Valke moet die voortou neem om met georganiseerde kommersiële misdaad af te reken asook met ernstige ekonomiese strafregtelike ondersoeke. Deurslaggewend in dié verband sal wees om die kommersiële misdaadafdeling van die Valke te versterk in terme van leierskap en kritieke vaardighede,” het Beukman gesê.

Beukman het gesê die komitee neem ook kennis van Lebeye se aankondiging oor die skorsing van genl.maj. Zinhle Mnonopi ná openbaringe by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.

Beukman het lede van die publiek wie se regte negatief beïnvloed is deur die onwettige gedrag of onbehoorlike ondersoekwerk van die Valke, aangemoedig om ʼn klag by adjunkhoofregter Raymond Zondo te gaan lê.

Beukman het gesê die komitee sal vandeesweek vir regter Frans Kgomo na die parlement nooi om die komitee toe te spreek oor die status van klagtes wat deur sy kantoor ontvang is, asook die verwerking van die ondersoeke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Cherokee ·

Wat presies word beoog met die ondersoek? Gaan opgetree word teen skuldiges? Hulle gaan tog nie die skakers terugkry in Suid Afrika nie.

Johanna Botha ·

Ag gaan dit ooit tot iets kom …zuma en travante loop nog vrylik rond en daar gebeur net mooi NIKS ! !

Joshua ·

Shawn Abrahams het klaar die sake teen sy pelle Zuma en Guptas afgewater-hulle gaan niks oorkom nie.

Basjan ·

Gelees op Facebook:

“It is critical to observe that the Zondo commission of inquiry into allegations of state capture is designed to unearth the truth. But truth alone – as we are learning – is NOT enough. Some of us want JUSTICE! I am with them. Whoever stole the rainbow needs to give it back and be punished.”

Rynhardt ·

As jy ondersoeke gaan bespoedig,dan beteken dit jy gaan afgewaterde ondersoeke kry waarvan geen volledige uitslae gaan kom nie.Kommissie moet toegelaat word om behoorlik sy taak af te handel.Anc los kommissie uit,belastingbetalers dok op vir alles en is geregtig op antwoorde!Gebeur dit nie,moet kommissies voortaan geskrap word!

Rynhardt ·

Die vraag wat by my opkomis die volgende.Het n paar oproepe uit Indie gekom na Uniegebou om ondersoeke te bespoedig?Jan Publiek moet kommissies kies.Kommissies moet mag he wat geen regeringsinmenging duld nie!Hul moet juis teen n regering kan optree as inmenging sou plaasvind!So striem jy n regering se mag en invloed!Die feit dat Cyril-regering kommissie aanwys is nie goed,want hy kan sy invloed uitoefen op daardie kommissie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.