Ondersoeke oor Esidimeni-sterftes steeds nie afgehandel nie

Altesaam 45 ondersoeke van voormalige Life Esidimeni-pasiënte wat in onwettige NRO’s gesterf het, is nog nie afgehandel nie.

“Sizakele Nkosi-Malobane, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, het in ʼn geskrewe reaksie op ʼn vraag in die Gautengse wetgewer gesê die dossiere en ondersoeklêers lê nog by die kantoor van die direkteur van openbare vervolging vir hersiening en ʼn besluit,” het Jack Bloom, DA-LP, Sondag gesê. “Volgens die LUR is die ondersoekspan besig met navrae wat die direkteur van openbare vervolging aangestuur het.”

Die kliniese verslae, bloed-alkohol-verslae, toksikologieverslae is ook nog uitstaande.

“Ek is besorg oor die slakkepas van dié ondersoek, meer as 18 maande ná 144 persone gesterf het. Slegs vyf ondersoekbeamptes is besig met die saak en die polisie het gesê daar is steeds nie ʼn finale datum van afhandeling beskikbaar nie. Die polisie het ook nie enige klagtes aanhangig gemaak in die saak nie,” het Bloom bygevoeg.

Die Esidimeni-tragedie hou verband met “ʼn reeks misdade, waaronder moord, strafbare manslag, korrupsie, oortreding van die Wet op Geestesgesondheid, bedrog, diefstal en onwettige lisensies aan NRO’s”, en aanspreeklikheid en vervolging vir almal wat geïmpliseer word in die optrede wat tot die afsterwe van soveel weerlose mense gelei het, word vertraag, het Bloom gesê.

Lees alle vorige berigte oor Life Healthcare Esidimeni op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pop ·

J a ons sal rerig daarvan hou as hierdie hartelose mense wat vir ons gesondheid en sorg verantwoordelik is hof toe gesleep word vir moord. Gn niks van strafbare mansslag nie, dit was mooi beplan hoe om ontslae te raak van hulle verantwoordelikheid.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ou Afrika taktiek: As jy dit vir lank genoeg ignoreer sal dit vanself weggaan….

Andrea van Vuren ·

Hou die nuus dop. Ek vermoed die bewyse en verslae het verdwyn. So maklik soos dit!

Bekommerde ·

Wat ek graag wil weet – laaste info was dat daar no vermiste pasiente is! Is die getalle al gerekonsilieer?

Chiewawaq ·

MM – “‘n reeks misdade” …. nie “‘n reeds misdade”….

Tania Heyns ·

Dagsê Chiewawaq

Dankie vir jou kommentaar, ons vra om verskoning vir die vingerfout. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.