Ondersoeker in Thabo Bester-saak sterf

(Foto: Maroela Media/ Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Een van die ondersoekers in die opspraakwekkende Thabo Bester-ontsnappingsaak is Maandag skielik dood. Luidens mediaberigte het die ondersoeker glo sy eie lewe geneem. Die polisie ondersoek egter nog die omstandighede rondom sy dood.

Die senior ondersoeker het vanoggend nog regter Philip Loubser se uitspraak in dr. Nandipha Magudumana se aansoek in die Bloemfonteinse hooggeregshof bygewoon.

Maroela Media het vroeër vandag berig dié aansoek waarin Magudumana die Bloemfonteinse hooggeregshof gevra het om haar inhegtenisneming ongrondwetlik te verklaar, is vanoggend met koste van die hand gewys.

Brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het intussen die ondersoeker se dood bevestig.

Mathe het egter gesê die bestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) wil nie graag die omstandighede rondom die persoon se dood in hierdie vroeë stadium in die publiek bespreek nie.

Mathe het wel gesê kundiges, onder wie kapelane, is ontbied om die oorledene se familie en kollegas by te staan.

  • Die oorlede ondersoeker was teen Maandag vroegaand deur ander media geïdentifiseer. Die polisie het egter besluit om nie in dié stadium sy identiteit bekend te maak totdat al sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is nie. 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Delia ·

Nope, te toevallig. Hierdie seniorondersoeker is vermoor. Ondersoek hierdie man se dood goed. Hier is n slang in die gras

Lakemalawi ·

Sjoe. Dis baie erg. Enige iets wat met Thabo Bester te doen, laat mens wonder. Baie traumaties vir die familie, hoop hulle kan die nodige berading kry indien dit wel selfmoord was, en nie dalk iemand wat hom vermoor het nie.

Danie ·

Dit was die enigste uitweg om n groot verleentheid vir sy gesin te spaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.