Ondersoeker kry borgtog

Argieffoto

Argieffoto

Paul O’Sullivan, ʼn forensiese konsultant en ondersoeker, is Maandag in die Kempton Park-landdroshof onder streng voorwaardes op borgtog vrygelaat.

Hy is op borgtog van R20 000 vrygelaat. Sy borgtogvoorwaardes behels onder meer dat hy daagliks by die Sandton-polisiekantoor moet aanmeld en nie Gauteng sonder toestemming mag verlaat nie.

O’Sullivan is Saterdag by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat drie verskillende paspoorte glo in sy besit gevind is. O’Sullivan sou saam met sy gesin na Engeland vlieg.

Die staat beweer O’Sullivan het die land met ʼn Ierse paspoort verlaat en met dieselfde paspoort teruggekeer, wat glo strydig met die Immigrasiewet is, aangesien hy ʼn Suid-Afrikaanse burger is. Hy staan op twee aanklagte tereg kragtens die Immigrasiewet.

Die saak is tot 6 Mei uitgestel.

O’Sullivan het intussen in ‘n verklaring gesê hy is deur ‘n groep van sowat 15 lede van die Valke voor sy twee jong kinders in hegtenis geneem. Volgens O’Sullivan is daar ‘n komplot teen hom weens die ondersoeke wat hy al gedoen het.

Lees alle vorige berigte oor Paul O’Sullivan op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Maria van Dieweeck ·

Paul God be with you…the truth is on your side

Max Berg ·

Sal Maroelamedia asb. by die Valke navraag doen of hulle ook teen die miljoene verbode immigrante gaan optree

Flippie ·

Dit is nou tipies van ons polisieëringsinstansies. Dit gaan oor persoonlike vendettas. Maksimum vertoon gaan gepaard met die “uitvoering van hul plig te”.

Hulle ontsien nie eers die twee jong kinders nie. Ook nie die tientalle buitelanders wat op die vlug was nie.

Ons is besig om IDI AMIN te ewenaar.

As die HAWKS so is moet jy weet hoe vrot doie polisie is.

Ouman ·

Hawks is niks anders as die Gestapo van ouds. Dink hulle is verhewe bo die wette van die land en word deur sekere mense gebruik vir politieke doel. Hier is duisende onwettige immigrante in die land wat teer op ons hulpbronne en hulle besig hou met misdaad. Sien nooit dat Hawks hulle jag nie. Dis hoogtyd dat die howe bietjie kyk na hulle aktiwiteite en agtergrond. Altyd dosyne Hawks nodig om een persoon te arresteer – ou klomp banggatte met te veel mag. Dit is duidelik dat daar ander motief was om O’ Sullivan te arresteer en dit sal mettertyd duidelik word wie en wat daar agter sit. Ons kort ‘n groot operasie skoonmaak wat begin by nommer een en almal wat hy aangestel het.

Takkie Takuuza ·

Raak maar gewoond aan Maroela se halfhartige berigte, dis mos verniet so jy mag nie kla nie.

Boerin ·

Paul, keep up the good work!! Expose all the criminals. Maybe some people’s eyes may open!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.