Ondersoeker vas op immigrasie-aanklag

Argieffoto

Argieffoto

Paul O’Sullivan, ʼn forensiese konsultant en ondersoeker wat al by verskeie hoëprofielsake betrokke was, verskyn Maandag in die Pretoria-landdroshof op aanklag van die oortreding van die Immigrasiewet.

O’Sullivan is Saterdag by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem kort voor hy saam met sy familie na Engeland sou vlieg. O’Sullivan het na bewering drie paspoorte in sy besit gehad. Sy regspan het die voorval bestempel as ʼn “versinsel” teen hul kliënt.

O’Sullivan, die eienaar van Paul O’Sullivan & Associates, was by verskeie strafregtelike hoëprofielsake betrokke, waaronder dié van die Tsjeggiese voortvlugtige, Radovan Krejcir, en die skuldigbevinding van die voormalige polisiekommissaris, Jackie Selebi. O’Sullivan het ook gehelp om die moord van Odette Barkhuizen, die Johannesburgse ma wat in die oprit na haar kantoor doodgeskiet is, te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Elsie ·

Dis sommer twak die, die man het gedreig om skelmstreke op die lappe te bring………..dis ‘n poging van die zupta brigade om sy mond stil te kry……..hoop hy gaan voort daarmee

Willie ·

Much ado about nothing? Wonder net waar pas Mike Bolhuis in… Hy het dan sommer n persverklaring uitgereik?

Die SABC verwys na hom as ‘Mike Bolhuis of the Police’s Special Investigations’. Of is dit maar net weer ‘n poging om publisiteit te kry?

Theuns ·

Willie,
Milke is nog n “Glamour Gat” en het my ook al met R40 000 ingeloop om niks te doen nie!!

Groete
Theuns

Paul ·

Lees gerus die artikel wat op Biznews gepubliseer is oor hierdie kwessie eerder as om die Sekunjalo-beheerde African News Agency se propaganda te herpubliseer.
O’Sullivan het die Valke met ‘n slap riem gevang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.