Ondersoekraad gaan kyk na polisiehoof se geskiktheid

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris en die polisieminister Bheki Cele. (Argieffoto: Phando Jikelo/ANA)

Die presidensie het sy stilte oor die skorsingsbrief aan die nasionale polisiekommissaris verbreek en bevestig dat pres. Cyril Ramaphosa sy polisiehoof, genl. Khehla Sitole, gevra het om ʼn voorlegging te doen oor Ramaphosa se voorneme om hom te skors.

“Die president het op 20 September aan die nasionale kommissaris geskryf in verband met bewerings oor die versuim van die kommissaris om die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) by te staan,” lui ʼn verklaring van die presidensie.

“Die bewerings het in die openbare domein na vore gekom en het die onderwerp van ʼn bevinding deur regter Norman Davies in die Pretoriase hooggeregshof geword.

“Die president het aan die nasionale kommissaris aangedui dat die kwessies wat uit die hooggeregshofuitspraak spruit, ernstig is.”

Ramaphosa het besluit dat ʼn raad van ondersoek nou Sitole se beweerde wangedrag en geskiktheid vir sy pos as nasionale polisiekommissaris moet ondersoek.

“Dit word genoodsaak deur die openbare belang in die integriteit van die kantoor van die nasionale kommissaris.”

Ramaphosa het die konteks in ʼn brief aan Sitole uitgestippel en hom 14 dae gegee om te reageer. Sitole het reeds gereageer.

“Terwyl die president die voorleggings oorweeg, sal verdere bespreking oor die kwessie tussen die president en die nasionale kommissaris wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

marius ·

Die uitdrukking op sy gesig spreek boekdele oor wat hy dink van die meneer met die hoed .

Kobus ·

Hulle moet eerder daai ding met die hoed ondersoek vir bekwaamheid want hy is onbekwaam even om n pa te wees stuk gemors

Swerwer ·

Die gesigsuitdrukkings spreek boekdele! Beste foto in ‘n lang tyd.

JohanR ·

Nou kan ek by die huis gaan sit vir twee jaar op volle salaris……

Dries ·

Cele sit agter hierdie skorsing. Hy kon vir Sithole nog nooit verdra nie

Mad Mike die Rhodesiër ·

Ek glo die meeste hoës het hul poste gesmous. Hulle kan nie eens ‘n aanklagdokument voltooi nie!

Misky ·

Nr. 1 in die land (soos in vorige berig) en hy word geskors. So die voorbeeld wat die volgelinge moet volg, is duidelik vrot en loop soos skape agter die meester aan

Di ·

Dink hierdie is maar ‘n druppel in die emmer van wat presies aangaan in die ANC. Dink as ons als moet weet wat agter die skerms aangaan sal ons iets oorkom van skok! Die paddas in die pot begin nou self te kook.

Kokerboom ·

Die prentjie spreek boekdele! G’n wonder Polisie is in so ‘n gemors!!

Frederik C ·

Moes hul nie na sy geskiktheid gekyk het voor sy aanstelling nie ???

absoluut ·

cele en sitole het nog nooit oor die weg gekom nie en sitole het eenkeer in n vergadering uitgestap toe cele langs hom moes sit
So my gevolgtrekking is dat sitole dinge weet van wat cele dink hy onder sy hoed wegsteek en dit gaan nou uitkom hoop ek en op die ou end altwee die trekpas moet vat

Hugo ·

Solank “Puss in hat” … Ek bedoel “Puss in boots” ook ondersoek word

Suzette ·

Is dit nie reeds so duidelik soos daglig dat nie een van die twee geskik is vir hulle poste nie?????*

JohanR ·

Ou Cyril het Bheki Cele nodig vir sy stem vir sy tweede termyn. Hopelik die dag na hy die tweede keer 5 jaar gekry het sal Bheki Cele ook waai.

christo ·

Watter houvas het Bheki Cele op Ramaphosa? Hy wil nét nie ontslae raak van die mees ongeskikste en onbevoegde minister in die regering nie? Beide het veroorsaak dat die forensiese, vuurwapen registrasie en ander afdelings totaal onbevoeg is vir hulle pligte.

Harley Davidson ·

Cele bring die stemme van kzn en daarom moet hy iewers in die regering dien op ‘n hoë vlak.

Henk ·

Ek stel voor kyk na alle hoofde, nie net die een nie. wow mense de buiteland kyk na die land en begin net lag, wat ‘n skandelike stuasie, kry bevoegde mense ASB!!! Ja al is hulle wit.

Swerwer ·

Uit wie bestaan hierdie “Ondersoekraad” sal nogal interresant wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.