Ondersoekspan maak deurbraak ná moord op Vrystaat-egpaar

Ina en Sakkie van der Berg (Foto: Facebook)

Vyf verdagtes is vanoggend in hegtenis geneem vir die moord op Sakkie en Ina van der Berg die afgelope naweek op hul plaas buite Boshof in die Vrystaat.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die verdagtes is in die vroeë oggendure onderskeidelik in Bloemfontein en Dealesville in hegtenis geneem.

Volgens Mbambo het ’n gesamentlike ondersoek deur die Boshof-polisie en die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) hulle na Bloemfontein gelei waar drie mans in hegtenis geneem is. Twee ander is in Dealesville, sowat 57 km van Boshof, in hegtenis geneem.

Die mans is almal tussen 30 en 40 jaar oud.

Maroela Media het vroeër berig Sakkie en Ina is Vrydagaand in hulle huis op die plaas vermoor. Sakkie was 67 jaar oud en Ina 62 jaar oud.

Luidens ’n verklaring deur die polisie en Valke uitgereik, het Sakkie die betrokke dag ’n werker dorp toe geneem terwyl Ina op die plaas Bloubos agtergebly het. Sakkie het weer huiswaarts gekeer en op pad terug met sy voertuig gestop om ’n hek op die plaas oop te maak toe hy deur ses mans oorval is.

Die mans het hom na die plaashuis geneem waar hy saam met sy vrou vasgebind, geslaan en toe doodgeskiet is. Albei is op die toneel dood.

Die verdagtes het daarna die huis geplunder waarna hulle met vier vuurwapens en die egpaar se motor vort is. Dié motor is later in modder in die Caledonrivierbedding op pad na Lesotho opgespoor.

Luidens die verklaring het die span op twee vuurwapens tydens die inhegtenisnemings beslag gelê. Ballistiese en forensiese toetse sal gedoen word om te bepaal aan wie dié vuurwapens behoort en of dit met ander misdade verbind kan word.

Die verdagtes sal Donderdag in die Boshof-streekshof verskyn op aanklagte van moord, die onwettige besit van vuurwapens, roof met verswarende omstandighede, motordiefstal en diefstal.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Andile ·

Ek spreek hiermee my dankbaarheid uit aan die bekwame polisielede hier betrokke. Julle is helde.

Fossie ·

Ek stem saam Andile. Ek sal dankbaar wees as die doodstraf terug gebring word vir diesulkes.

Nou ja toe. ·

@ Andile
Dit is hul werk om moordenaars op te spoor!!! Waarom nou die swanesang?

Lana ·

@Nou ja toe: Dit is presies hoekom die Afrikaner so sukkel: iemand moet altyd snipperig wees. Met die reuse-tekort and goeie speurders, is Andile se aanprysing heeltemal in die kol.

Antoinette ·

Vyf aanvallers vir twee weerlose bejaardes. Wonder of aanvallers van Lesotho is. Ek wens hulle wil die grense bewaak.

Anoniem ·

Welgedaan!!!! Mag hulle lank agter trallies leef sonder parool

Weldone ·

Baie, baie geluk aan die Polisie en Valke. Wonderlike werk.

JD ·

Wat as dit jou ouers of groot ouers was , hoe lank gaan ons nog wag tot dit jou beurt is ???

Lindtjies ·

Ag wat gaan gebeur? Hulle gaan vet gevoer word in die tronk. Hulle het nog die reg om te leef maar die twee weerlose mense se reg om te leef is van hulle ontneem.

Wonder ·

So hulle moes eerder wegkom met moord? Sou dit beter wees vir jou?

Gaitsigubib ·

Nee eintlik is die verblyf nie so nice in die tronk nie en die kos is beslis nie waffers nie. Die probleem is dat ons tronke is n platvorm vir die kweek en werf van misdadegers. Ek is nie oortuig dat hierdie kaliber mens kan in elk geval gerehabiliteer word nie. Amy Biehl se aanvallers het almal weer oortree want dit was in hulle natuur om te moor.

James ·

Ek bid dat dit so gou moontlik is dat Hy ons kom kry. Dankie vir jou bydra hier. Ek voel bietjie beter om te weet wat nou is, is nie permanent nie. Seën!

Rechelle Bosman ·

En so sal ons vir hulle ook sorg met belasting geld!!!!!!!!!!!!

JohanJooste ·

Wat sê mens as jou gedagtes “gelaai” is! Here, onse HERE!!!!!!!!!!!!!!!!

leser ·

weereens ‘n bewys, stap, ry, loop oor die grens want daars nie beheer nie
daar gaan niks van kom nie want hul menswees gaan aangetas word (menswees se voet, hulle is moordenaars)
moordenaars hoort nie in ‘n samelewing nie

Anoniem ·

5 teen 2 Lafaards – kom 1 teen 1 bangbroeke !

Dankie vir die ondersoek spanne

Lesley ·

Gerugte doen die rondte dat die slagoffers verskriklik gemartel is. Wat is die waarheid? Indien wel, hoekom word dit van ons weerhou. Ons mense en die buiteland moet weet wat in SA aangaan

Laksman ·

Te sleg om te werk, maar wil net he. Makliker om iets te vat as om self daarvoor te werk! So was dit en so sal dit bly. Dankbaar daar is nog polisie wat hul lewe sal gee om nog moorde te keer!

ap ·

Hulle is nog nie skuldig bevind nie , hang aan n tak , daai proses neem ook verewig. Nou Begin die liegstories en bewerings

Philip ·

Beste nuus nog vir ‘n verandering. Welgedaan polisie en valke. Wens dit wil altyd so wees. Nou net die doodstraf terug bring dan kan ons dalk weer terug keer na ‘n mooi land.

Anoniem ·

5 teen 2 Lafaards – kom 1 teen 1 bangbroeke !

Dankie vir die ondersoek spanne

Piet Nel ·

Goeie werk sapd, weet daar is nog lede wat lojaal is en hul taak met trots uitvoer. Dankie vir julle.

Anoniem ·

5 lafaards teen 2 weerlose bejaardes !

1 teen 1 dan is hulle bang broeke
en dan ‘team’ hulle op

Beste nuus dat hulle gevang is
SAPD – goed gedoen

AmY ·

Welgedaan!!!
Hierdie moet seker Suid Afrikaners wees, anders was hulle al lankal terug oor die grens gewees?

Engela de Klerk ·

Ek sal graag wil weet hoekom was hulle so geweldig wreed teenoor hierdie twee mense. Wat het hulle gedoen om so gemartel te word, voordat hulle doodgeskiet is! Dit pla my erg.

Sharon ·

Mag hulle familie krag kry in hierdie tyd van beproewing. Jammer oor hulle verlies.

sc ·

Dankbaar dat 5 aangekeer is, hoop hul kan sesde een ook spoedig kry.

visann ·

wreed is wreed MAAR toe burgers in die 1914 in opstand gekom het is hulle gefussileer!
Dis was ook teen menseregte. Hoekom mag in die 21ste eeu dit nie ook maar liefs weer gedoen word nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.