Ondersteun OB in ‘uitstekende werk’, vra ATM

Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane (Foto: Thobile Mathonsi/African News Agency/ANA)

Die African Transformation Movement, oftewel ATM, het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om openbare beskermer (OB) Busisiwe Mkhwebane “in die uitstekende werk wat sy sonder vrees of vooroordeel doen”, te ondersteun.

Die ATM sê hy het met “skok en afgryse” kennis geneem van berigte waarin die DA vra dat Mkhwebane uit haar pos verwyder word.

Die ATM sê die DA se oproep “ontbloot sy gebrekkige kennis van die Grondwet en bevestig sy lang wraakgierigheid teenoor Mkhwebane, wie se aanstelling hy van die begin af teengestaan het.

Die Grondwet maak voorsiening daarvoor dat die OB deur ʼn parlementêre meerderheid van twee derdes uit haar pos verwyder kan word, op grond van wangedrag, onvermoë of onbevoegdheid.

“Geen gesag het op dié stadium nog ʼn uitspraak op enige van dié gronde gelewer nie,” het die ATM in ʼn verklaring gesê.

Die ATM sê Mkhwebane het hard gewerk sedert sy in haar pos aangestel is en het verskeie sake besleg waarby weerlose mense betrek is wat nié regsverteenwoordiging kon bekostig nie. Uit duisende verslae “word net ʼn handjievol van die sowat 100 formele verslae wat reeds uitgereik is, betwis en selfs minder word deur die howe ter syde gestel. Verslae wat só ter syde gestel is, is op appèl geneem en dus hangende, wat dit irrasioneel en voortydig vir die DA maak om sulke voorbeelde in sy aanval op die OB te gebruik”.

“As regters in laer howe nie afgedank word wanneer hoër howe hulle beslissings omkeer nie, is dit absurd om die hersieningsprosedure vir politieke gewin te gebruik.

“Sake wat in die hof ter syde gestel is, kan nie verwydering (uit ʼn pos) regverdig nie en dui nie eens op beweerde onbevoegdheid nie. Die OB se gemiddelde kolfkoers bly hoog en haar toewyding bly bo verdenking deur die feit dat sy bereid is om ʼn standpunt in te neem in die lig van ʼn moontlike uitdaging, sê die ATM.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Melanie ·

Net my opinie ATM enigste rede vir hul ondersteuning vir die OB is sodat sy die wat in hul movement is nie kan ondesoek.Met anderwoorde Zuma en die res.ATM was juis gesê is deur Zuma en Ace gestig .

Saint ·

Die ATM is ‘n klein minderwaardige politieke party wat waarskynlik volgens media berigte met die hulp van Ace Magashule gestig is.
Ek vermoef dat die doel daarvan was om Ramaphosa en sy regering in so ‘n slegte lig te stel dat dit omver gewerp kan word om ‘n diktatorskap dan te kan stig.

John ·

Wie is die ATM se woordvoerder of kom die boodskap vanaf ‘n aceberg onder die see naby Kaapstad. Ons oh bee is beslis die koninginby van hierdie War Lord en sy trawante.

Beertjie ·

Klink baie na die “staatskapers” wat maar weer probeer opstaan. Die volgende is seker “wit monopolie kapitaal” wat opgebring gaan word. ‘n Jakkals verander van haar maar nie van streek.

Christa ·

Wat se “uitstekende werk”? Ek het sit gemis, sorry ????

Hennie ·

Natuurlik sal hulle haar wil behou! Sy het dan gerieflikheidshalwe nie Ace se rol in die melkplaas bedrogspul in haar verslag genoem nie. Die “sy is aan niks skuldig bevind nie” is mos ook Ace se tweede naam. Eishh Ace jou spook loop nou oral!

Annie ·

ATM is Zuma, Ace, die OB, en dalk 15 ander ondersteuners! Meer bekend as die “die split in die ANC” Julle bestaan nie regtig nie ATM!

JG ·

Die “African” se begrip van bevoegdheid verskil hemelsbreed van wat bevoegdheid werklik is…hierdie OB-skepsel is totaal en al uit haar diepte en het geen benul wat sy doen nie. Hoe het ons tot hier gekom ?

Jr ·

” African Politics ” op sy beste of is dit slegste ( LOL )

Johanna Botha ·

Ag dis n zuma en ace party die en ons weet mos waarvoor hulle staan

Landvaneensydigheid ·

Bwhahahahahahahahahahahahahaha hulle weet nie wat is uitstekende werk nie.

Winx ·

????… As ek nog een keer die frase “sonder vrees of voordeel” hoor gaan ek eerlikwaar ‘n eier lê.

Hansie Slim ·

…. uitstekende werk wat sy doen”..as-se-flippen-blief!!!. Vir wie is dit goeie werk??!! Ons weet almal. Dsn, die DA “ken nie die grondwet nie”..weer ‘n keer as-se-flippen-blief”. Sy moet eers so ‘n paar jaar by Thuli gaan leer!!

Gert van Wierdapark ·

Die arme ATM sien die OB seker as hul eie Automatic Teller Machine wat die Kas-register vir hul gaan laat klingel!? Die Openbare Bes-kermer het ongelukkig al sewe “haar lewens” opgebruik/op geskryf en dis tyd dat sy saam met die ander hase, die pad vat! Sy kan nie meer ‘n Haas uit die Hoed haal nie, = time is up, please tidy your office, and leave, don’ t go past Go!!! Dis mos Monopoly geld wat in SA so vermors word! Miskien moet pres CR haar die Ambaas-sadeur pos in Denemarke aanbied waar die Maan-Della die pad byster geraak het!!!

Ore ·

“Met skok en afgryse”,wil jy nou meer! Aan watter standaarde word sy gemeet geagte
ATM?

Julie Jansen van Rensburg ·

As dit veronderstel is om ‘n 1-Aprilgrap te wees, is dit ietwat laat – April is LAAAANKAL verby – twee maande te laat vir die narre…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.