Onderwys in gesprek: Dis wat gedoen word vir moedertaalonderrig

Onderwys__4

(Argieffoto.)

Carien Bloem, hoof van onderwyssake by AfriForum, gesels in hierdie aflewering van Onderwys in gesprek met Ernst van Zyl oor die belangrikheid van moedertaalonderrig.

Bloem verduidelik waarom ’n kind tot minstens op die vlak van gr.10 in sy of haar moedertaal onderrig moet word, of dit nou Afrikaans, Zulu of Setswana is. Sy gee ook ’n oorsig van al die goeie werk wat talle organisasies doen vir die behoud en uitbreiding van veral moedertaalonderrig in Afrikaans.

Hierdie podsending skop egter eers af waar Esté Meyer Jansen, inhoudsredakteur by Maroela Media, ʼn oorsig oor Septembermaand se grootste onderwyskwessies gee.

  • Luister na die podsending boaan hierdie berig vir al die nuus oor onderwyssake wat jou en jou kind raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Thea

Die ouers wil nie hulle kinders in hulle huistaal laat onderrig nie, want hulle eie onderwyser maatjies doen niks werk met die kinders nie. Daarom bring hulle die kinders na privaatskoke waar ons hulle van graad R af, in Engels onderrig. Besluit maar self watter een is die ‘lesser evil’ Baie mense met boekekennis het baie menings, maar kom werk in die townships met ouers en kinders en jy sal weet wat aangaan.