Onderwys in gesprek: Fokus op geletterdheid en waarde van lees

(Foto: Eliott Reyna/Unsplash.)

Die wêreld het pas op 8 September Wêreldgeletterdheiddag gevier en vroeër op 14 Augustus het Suid-Afrika ook Afrikaanse Taaldag gedenk. Dae soos hierdie plaas die fokus op die belang van moedertaalonderrig, lees en geletterdheid vir ʼn suksesvolle opvoeding en opleiding.

Carien Bloem, hoof van onderwyssake by AfriForum, gesels in die jongste aflewering van Onderwys in gesprek juis oor die waarde van lees. Bloem het met Aneh van der Berg, departementshoof van Tale by Amberfield College, gepraat oor die belangrikheid van lees. Van der Berg verduidelik wat dit beteken om sinvol te kan lees. Sy moedig leerders aan om gereeld te lees, veral leesstof wat vir hulle self interessant is. “Onthou; lees maak jou slimmer,” het Van der Berg bygevoeg.

Esté Meyer Jansen, inhoudsredakteur by Maroela Media, gee ook ʼn oorsig oor die afgelope maand se grootste onderwyskwessies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Miskruier ·

Min ouers besef dat n kind wat goed lees ook goed kan leer. Skakel die tv, selfone af

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.