Onderwys in gesprek: Raad en daad met selfdood, boelies by skole

depressie_2_pixabay.jpg

(Foto: Pixabay)

AfriForum se jeugleierskapsontwikkelingsafdeling het Oktober gebruik om bewusmaking teen selfdood onder jong kinders te doen. Dié maand word wêreldwyd gebruik vir bewusmaking oor die hartseer onderwerp, en is plaaslik opnuut weer in die kollig ná twee leerders van dieselfde skool in die Paarl verlede week selfdood gepleeg het.

Leandie Bräsler, hoof van jeugleierskapsontwikkeling by die burgerregte-organisasies, het met Carien Bloem, hoof van onderwyssake by AfriForum en aanbieder van die reeks podsendings, hieroor gesels.

Bräsler verduidelik dat Suid-Afrika van die hoogste gevalle van aanlyn afknouery onder tieners het, maar benadruk dat daar ʼn verskil tussen konflik en boeliegedrag is. Sy gee ook wenke vir die soort tekens waarna ouers en onderwysers moet uitkyk om boeliegedrag en selfdoodneigings by kinders te herken.

“Ons het besluit om selfdood ook by ons gesprekke oor boeliegedrag in te sluit omdat daar dikwels ʼn verband tussen die twee is. Die Suid-Afrikaanse jeug is veral blootgestel, terwyl selfdood die naasgrootste oorsaak van dood is onder kinders van 5 tot 19 jaar oud,” sê Bräsler.

  • Luister na die podsending boaan hierdie berig vir die volledige gesprek. Die podsending skop eers af met ʼn oorsig oor Oktober se grootste onderwysnuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Phillip ·

Daar is n kind wat my suen ge watsupp het met selfmoord neigengs baie depprou moeg vir die lewe lewe maak geen sin nie sy ma en pa gaan sky het n baba boetiekie verloor ek het probeer help maar kom by doodloop straate uit . hulle is in n hehowa kerk my suen wil hom blok want dit maak my suen ook nigetief

Wat op dees Aarde ·

Bel die selfdood krisis lyn by 0800 567 567. Ek is seker hulle sal kan help om julle in die regte rigting te stuur.

Mieke ·

Noudat die persoon dit weet, is dit sy/haar verantwoordelikheid om daardie kind wat so depressief is, by die skool/sosiale werker aan te gee. Hy moet gehelp word, anders gaan hy ook net ‘n statistiek word.

Phillip ·

MM die nommer werk nie 0800 4546 47 hy lui net af ek het n probleem

Megan Swart ·

Dagsê Phillip
Dit is inderdaad die regte kontakbesonderhede. Probeer dan eerder die Suid-Afrikaanse Depressie en Angs-groep skakel by 011 234 4837. Vir ʼn selfmoordnoodgeval kontak hul by 0800 567 567, of skakel die 24-uur-hulplyn by 0800 456 789.
Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Mad Mike die Rhodesiër ·

Baie kinders kan nie mislukking verwerk nie. Hulle het volwasse hulp nodig anders kan dit hulle vir die res van hul lewe negatief beïnvloed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.