
Onderwysers van Settlers Hoërskool in Bellville maak gereed om leerders terug te ontvang. (Foto: Courtney Africa/African News Agency)
Jaarliks word die onderwyskwessies in Suid-Afrika al hoe meer kontroversieel en relevant.
Carien Bloem, koördineerder van onderwys by AfriForum, en Elaine Krige, nuusredakteur van Maroela Media, gesels maandeliks oor die onderwysgebeure van dié spesifieke maand. Ons lewer kommentaar en besin oor die gebeure en betrek soms ook kenners om saam met ons te gesels.
Die afgelope paar weke was besig wat onderwysnuus betref en die datum waarop leerders moet terugkeer skool toe is telkens uitgestel. Ons kyk na van die kwessies rakende gesondheidsmaatreëls by skole, wanneer leerders mag terugkeer en wat dit beteken as leerders nie kan terugkeer skool toe nie. Ons gesels ook oor tuisonderrig en of dit werklik ʼn opsie vir ouers is.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Sterkte aan BESLUITNEMERS.
Hieŕ kan dinge GEBEUR!