
Argieffoto
Die Gautengse departement van onderwys het in die 2018’19-boekjaar bykans R1 miljard onderbestee.
Dít volgens die DA in die provinsie, wat sê dit is onaanvaarbaar dat die departement versuim om sy begroting behoorlik te bestee, gegewe die enorme uitdagings waaronder skole in die provinsie elke dag steier.
Die bedrag is pas in die departement se jaarverslag bekend gemaak.
“Skoolinfrastruktuur gaan agteruit, dit verouder en klasse is oorvol. Die omstandighede by talle skole dra geensins by tot ʼn omgewing waar onderrig kan plaasvind nie,” het Khume Ramulifho, ʼn DA-lid van die Gautengse wetgewer, gesê.
“Die geld wat nié bestee is nie, kon gebruik geword het om verbeterings aan te bring waar dit regtig nodig is.”
Die DA sê die geld kon onder meer gebruik word om tien asbesskole in die provinsie te vervang.
“Die departement se prioriteit moet wees om alle asbesskole te vervang, gevolg deur die herstel van alle ablusiefasiliteite en die instandhouding van skole se infrastruktuur.
“Die geld is ongelukkig aan die tesourie teruggee, omdat die departement versuim het om dit te gebruik,” het Ramulifho gesê.
Die DA sê die onderbesteding dui op ʼn gebrek aan behoorlike beplanning deur die departement.
“Dié geld kon talle skole gehelp het, al is die begrotingstoekennings reeds nie voldoende nie.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
22 Kommentare
Nou ja Lesufi, nou wat nou? In plaas om Afrikaans te vervolg doen jou blêrrie job man!
Kom nou Panyatsi Lefusi, verduidelik hierdie een vir ons, asseblief! Jy doen nie die werk wat jy moet nie. Doen die eerbare ding en bedank, en betaal sommer jou salaris vir die betrokke finjaar terug!
Skandalig! En klein kinders val in puttoilette in! Wat sê mens van sulke inkompetente mense??
Di ‘n absolute skande gegewe die substandaard van onderrigfasiliteite by baie skole asook die groot tekort aan skole. Dit wys weereens politici moet uit die vergelyking verwyder word en tegnokrate moet die werk doen. Ons is moeg vir die lee gepratery met absolute zero uitkomste. CR stel asb Blanke randeier kundiges in onderwys aan om die departement om te swaai
Dit is ‘n SKANDE.
Onderbestee geld maar Lesufi reken daar is te min plek in skole. Oplossing is eenvoudig. Raak ontslae van die onbevoegde Lesufi en sy vriende. Stel mense aan wat KUNDIG is en hulle sal die nodige en regte dinge doen. Lesufi moet waai. Wanner gaan die stil diplomatiese CR begin met optrede teen onbevoegde kaders?