Onderwysdepartement ontken leerders word ‘uitgedun’

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die departement van basiese onderwys het bewerings dat die departement die aantal skoolgaande leerders “uitdun” om sodoende ʼn hoër slaagsyfer in die nasionale matriekeindeksamen te kry, ontken.

Die departement het Saterdag in ʼn verklaring gesê hy het inteendeel “presies die teenoorgestelde gedoen” deur leerders wat vorige grade meer as een keer gedruip het na die volgende graad te bevorder en sodoende die risiko te loop dat die matriekeindeksamen se slaagsyfer daaronder kan ly.

Dit kom nadat Gavin Davis, DA-woordvoerder, Vrydag gesê het ʼn analise van die 2016 matriekuitslae dui op ʼn baie hoë uitvalkoers wat lei tot bespiegeling dat leerders doelbewus “uitgedun” word om die matriekslaagsyfer beter te laat lyk.

Volgens die departement se syfers het 1 100 877 leerders in 2014 vir gr. 10 ingeskryf, maar slegs 610 178 het in 2016 vir gr. 12 ingeskryf. Dit beteken dat 44,6% van leerders óf heeltemal uit die stelsel verdwyn het óf steeds in gr. 10 of 11 sit.

Volgens Davis is die uitvalkoers die hoogste in die Noord-Kaap (54,4%), Noordwes (52,7%) en die Vrystaat (51,6%).

Die departement het in sy verklaring gesê die departement se vorderingsbeleid vir leerders staan in skerp teenstelling met Davis se bewerings. “Dit is ʼn kwaadwillige beskuldiging wat daarop gemik is om die aandag af trek van die konstruktiewe analise van die vordering van die skolestelsel in die afgelope paar jaar. Ons verwerp hierdie bewering dat leerders uitgedun is. Die feit van die saak is dat ons hulpbronne bestee het op ʼn omvattende leerderondersteuningsprogram wat landswyd toegepas word,” het die departement gesê.

“Die gr. 12 eksamens is nie ontwerp om te toets of daar vordering in die stelsel as geheel of in individuele is skole nie. Die doel van hierdie eksamens is om leerders van ʼn uittree-kwalifikasie te voorsien. Dit is ons hoofdoel as die departement van basiese onderwys. Hoewel ons graag vordering wil sien en bemoedig word wanneer ons harde werk vrugte afwerp, is die hoofdoel om leerders te kry wat die skolestelsel met ʼn kwalifikasie verlaat.”

Volgens die departement is hy wel bewus van die uitvalkoers, maar is die realiteit dat ongeveer 30% van leerders tussen gr. 10 en gr. 12 uitval. “Die redes wissel van sosio-ekonomiese redes, jeugmisdaad, dwelmgebruik, tienerswangerskappe, sterftes, oorskakeling na alternatiewe onderriginstansies, indiensneming asook leerders wat uitval weens frustrasie om grade te moet herhaal.”

Die departement het gesê hy het verskeie maatreëls getref om aandag te gee aan hierdie probleem, waarvan die departement se vorderingsbeleid een is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

17 Kommentare

Jaco ·

Om die probleem te intken gaan die probleem mos net vererger.

Griki ·

Kan enigiemand my sê wat die Dept van Onderwys probeer bereik deur leerders deur te sit wat ‘n tweede keer gedruip het? Dis bedrog en absoluut sinneloos.

Hofland ·

Beter om oorsake van swak slaagsyfer aan te spreek as om voortdurend te kook met syfers – standaarde val en buiteland erken glad nie ons matriek sertifikaat mee nie – so almal word benadeel ):

snoefie ·

die da is nou gou op die seepkis om hare te kloof oor absolute bespiegelings en snert. waar was hulle om al die rassisme snert die nekslag te probeer toedien? toe sit hulle leier sommer dààrdie krygers met hulle groot klippe op sosiale media. waar was hulle toe wit baba poppe eers aan pale gehang was en toe gekruisig en geslaan was voor die landroshof in Middelburg Mp? ek se julle die pad vorentoe le met Cope wie niks anders as hulle toewyding aan die land belowe nie. wie se leier nie skroom om Afrikaans te praat nie. die DA kan die matrikelante wat wel geslaag het eerder geluk wens en n saak met meriete (soos een kW een prys of jy een of tienduisend koop) kry om hulle tyd meer te verwyl.

Freud ·

So ver ek kan sien of leer by Mr Google was daar in 2004 ongeveer 1,303.016 kinders in graad een.
Twaalf jaar later het daar nou 442,672 kinders graad 12 eksamens afgele.
My vraag is net waar het die ander kinders wat nie in graad 12 gekom het nie deur die openinge geval?
Ek praat hier onder korreksie. As ek verkeerd is vra ek by voorbaat om verskoning. As daar ‘n geleerde is wat die syfers beter kan navors sal dit welkom wees.

Jan ·

Hulle weet net nie van beter nie en hulle dun nie uit nie, dis maar hoe dit werk.

Kobus ·

Freud…met jou aannames is niks verkeerd…daar is slimmer kommentators hier op Maroela wat jou kan korrigeer….maar asb moet net nie daardie som vir Zuma gee vir n verduideliking….

Kobus ·

Freud…met jou aannames is niks verkeerd…daar is slimmer kommentators hier op Maroela wat jou kan korrigeer….maar asb moet net nie daardie som vir Zuma gee vir n verduideliking….ons sal nie die kop of stertriem van dit verstaan.

Matmiet ·

Dr. Zuma vir jou pellie. Onthou die ou is oogs intelligent met bewyse deur sy uitlatings en optrede. ?

Landi Maree ·

So di meeste matriek sertifikate is n klug. Dis uiters seak seak en di ANC kom weg daarmee want daardi kinders kry werk dis toetale bedrog

Bearcub ·

Hi Freud. 2016 se matrieks het in 2005 met graad 1 begin en as hulle nie een jaar gedruip het nie.

André Groenewald ·

Vir die DA om die Onderwysdepartement van uitdunning te beskuldig is polities opportunisties en dit getuig van ‘n moedswillige onkundigheid en Dit is wel so dat amptenare beloon word vir skole met ‘n 100% slaagsyfer. By sekere Afrikaansmediumskole word uitdunning wel toegepas ter wille van die beeld van die skool en veral die skoolhoof. Die EFF en Afriforum (ek aanvaar met verskillende motiewe) neem ‘n eensydige en standpunt in om die aangekondigde slaagsyfer te diskrediteer deur op die aantal graad 1-inskrywings 12 jaar gelede te wys en Rapport (8/01) se voorblad, “Die ware punte” getuig van growwe “sensasiolisme” met verkoopsyfers as enigste redelike motief. Ek is ‘n Afrikaner wat sonder skuldgevoelens eerlik en opreg ‘n verskil wil maak waar ek kan en laat jy dit net waag om my te probeer etikitteer! Die waarheid is dat in die Apartheidsera van my geliefde Transvaalse Onderwysdepartement is daar ook aanpassings in punte gemaak (vra maar vir enige nasiener en hoofnasiener of daar ‘n verskil was in die roupunte in byvoorbeeld Wiskunde en Afrikaans Eerste Taal (nou huistaal) en die punte op simboolstate. Dit is oneerlik om nou daarop te fokus asof dit uniek is aan die nuwe (swart) onderwysdepartement. Dit is oneerlik om nie ook statistiek te gee van hoeveel meer (swart) leerlinge nou die voorreg van skoolgaan het nie. Om Afrikaanse kinders wat baie slimmer is as julle en wat baie hard gewerk het en wat ‘n groot sukses gaan maak vorentoe – ook in Suid-Afrika, by implikasie te diskrediteer, is sotlik!!

CHRISTA ·

André, wat was die eerstejaar universiteitstudente se slaagsyfer tydens die Apartheidsera en wat is dit vandag?

koos ·

Dis in die ou SA reeds in wit skole gedoen. Ek was in een v.d. sogenaamde top academiese skole in die kaap. Ek was nie een van die erg dommes nie, maar ook nie een van die hardwerkendstes nie. Ek was elke jaar bang ek druip, want dis ook openlik vir ons gesê dat daar “aanpassings” sal wees want die finale matriekuitslae “moet die skool se naam hooghou”

André Groenewald ·

Christa, ek het geen idee nie. Weet net by sommige Universiteite was daar voorheen druipsyfers van 50% eerstejaars genoem as ek reg onthou. Weet ook dat dit nou ‘n bomenslike poging gaan kos om die gekompliseerdheid van tersiere onderwys te hanteer. Weet van een swart student wat moeilike kursus se eerstejaar met vlieende vaandels geslaag het, maar deel van “druipstatistiek” geword het omdat hy eenvoudig nie fondse het om verder te studeer nie. Weet van een wit Afrikaanssprekende matrikulant wat nie universiteitsvrystelling kon slaag nie as gevolg van onder andere swak onderrig in Afrikaans Huistaal. Kompleks, ne!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.