Onderwysdepartement sê oor K53-rybewysprogram

motorsleutels

Argieffoto

Die departement van onderwys het gesê hy wil graag die feite regstel oor die K53-leerderbestuurderprogram.

“Daar is ʼn wanopvatting dat die doelwit van die program is om rybewyse aan leerders te verskaf,” het Oupa Bodibe, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê. “Die program het eintlik ten doel om leerders in Graad 11 toe te rus om ʼn K53-leerlinglisensie te bekom teen geen koste vir die leerder of hul ouers nie. Die verantwoordelikheid om ʼn rybewys te bekom berus steeds by die leerder.”

Die projek is ʼn gesamentlike inisiatief tussen die Gautengse departement van onderwys en die Gautengse departement van paaie en vervoer.

“Die hoofdoelwit van die program is om leerders te ontwikkel en hulle met die nodige lewensvaardighede toe te rus as deel van jeugbemagtiging. Dit het ook ten doel om padveiligheid en bewusmaking onder Graad 11-leerders te bevorder,” het Bodibe verduidelik.

Altesaam 222 gesertifiseerde instrukteurs is tot dusver deur die program in diens geneem en na verskeie skole ontplooi om die nodige opleiding te verskaf en leerders by te staan wanneer hulle hul leerlinglisensies afhandel by verskillende toetsstasies. Altesaam 20 000 Graad 11-leerders is ook opgelei deur die K53-program en ongeveer 2 000 is vir hul leerlinglisensies getoets.

“Die uitkoms van die program is om seker te maak dat Graad 11-leerders hul leerlinglisensies bekom en nie rybewyse nie. Die leerder moet nog steeds self seker maak hy bekom sy rybewys sodra hy sy leerlinglisensie ontvang het.”

LUR Panyaza Lesufi het bygevoeg dat die departement toegewyd is om Graad 11-leerders te help om leerlinglisensies te bekom in alle skole wat kwytgeskel is van skoolfonds.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Elmarie Swart ·

Dis alles goed en wel. Ek dink dat hulle moet net eers by die verkeerbeamptes te begin. Duidelik weet hulle nie meer wat in die K53 staan nie.

Moeggepraat ·

20000 Opgelei, 2000 getoets…. Hoeveel het geslaag? Skole wat kwytgestel is van skoolfonds…. So waar gaan hierdie arme kinders motors kry om te leer bestuur as die ouers nie eers skoolfonds kan betaal nie?

Ag jy weet ·

Jy en al die ander wit mense sal dot skenk. Gewillig of ongewillig, met n sekere hoeveelheid opwinding wat kan lei tot gratis kos en studies in n veilige omgewing?

buks ·

Praat vanSkole wat nie skoolfonds hoef te betaal nie. Dit is soos die foeding skemas by skole net laerskool leerlinge kry n bord kos by die skool. Wanneer jy hoerskool toe gaan hou jy op om kos te kry seker omdat jy nie meer honger word nie. Wat het van Daantjie Kat geword wat ons op gaad 1 al geleer het om te verstaan wat paie gevaarlik maak. My punt is begin die kind baie vroeg al leer dat motors wat ry gevaarlik is en dat jy die pad reels moet leer en uit jou kop moet ken. Dink net n oomblik daaraan as al die voetganers verstaan dat dit baie veiliger is vir jou om in die aand revlekteer klere te dra as die tradisionele swart.

Ongeluksvry ·

Ek is reeds vir 57jaar ongeluksvry op die slagveld wat ons paaie noem. Uit blote nuuskierigheid het ek die K53 aangeskaf wat ‘n blote sirkus is. Kyk maar hoeveel jong mense sterf op ons paaie a.g.v.
onvoldoende opleiding en die verkeerde gesindheid en onverantwoordelike optrede agter die stuur. Maar nou-ja, ek is ‘n stem roepende in die woestyn.

Christa ·

Hierdie is natuurlik net vir sekere skole, want dis die eerste keer wat ek van so iets hoor, my dogter is in gr.11, in n hoërskool in die noorde, waar het hulle die leerlinge gekry?????? Of is dit nou weer net vir skole in sekere voorstede??????? Vra maar net.

F ·

Hierdie is die beste ding wat kan gebeur. Brei dit net uit na alle skole.

Rupert Ashford ·

So dit is net vir sekere “more equal than others” skole? Lekker man…

Anna ·

Vra ek ook, myne ook Gr11 maar ons weet niks van die nie en die skool ook glad nie … so watter skole baat nou hier uit ……..

Theresa ·

Sies. Dis diskriminasie!! Dit moet aan alle skole gebied word. Dan, padveiligheid word nie eers in graag 11 aangebied nie – ASSEBLIEF! Begin sommer sodra die kind begin rondbeweeg en teen grad 1 moet hul als weet van nie in pad loop nie. Nie oorsteek sonder om links, regs, links te kyk nie. O ja, en loop dan eers oor as daar NIE voertuig aankom nie! Oulik om graad 11s leerlinge voor te berei vir leerlinglisensies. Laat hul die eksamen na hul skooleksamen doen. Gaan tien teen een nie ‘n motor hê om te oefen nie?? Kom aan regering, skenk aan elke skool ‘n virtual voertuig dat hierdie kinders dan kan oefen na die slaag van ‘n leerling. S L A A G. En dit moet alle hoërskole insluit – waarom wil jul sommiges uitlaat?!!! Keur asb. die mense baie, baie goed wat die leerders gaan leer hoe om te bestuur. Die oorgrootte meerderheid bestuurders tans lyk asof hul regtig nooit reg geleer was nie (nie die afgelope paar jare nie, in elk geval). Klink goed, mits dit korrek bestuur word (excuse the pun).

SARIE VAN HEERDEN ·

O goeistse, waarmee/waarop gaan hierdie leerlinge oefen om te bestuur. Aan my motor se ek solank: KOEBAAI MOTOR.

marianne ·

Oooh hel nee!!!!
HOU VERBY DIS MOORD EN DOODSLAG BEVORDERING
As “grootmense” nie kan bestuur nie en drink en dwelms gebruik…
Wat van hormoon belaaide, windgat tieners wat af show met pa of ma se kar….
Die bestuurders lisensies moet uitgereik word aan mense wat sielkundig en emotioneel oud genoeg en stabiel is….

TOG JAAG ALMAL ROND, PAD TEKENS VERAL GEVERFDES IS VOLGENS ‘n VERKEERSHOOF IN NATAL, NET ‘n AANDUIDING ANA MOTORISTE EN WORD KENNISVOL VERONTAGSAAM.

So gaan skep werk en gaan skep verdere weapons of mass destruction.

Vissie ·

Jammer dat sommige mense nooit die berig lees nie en oor als negatief is dit is n leerling lisensie ek sal graag wil sien dat hulle kinders ook help met id,s daar is genoeg tyd in n skool program vir fit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.