Onderwysdepartement sluit Gautengse privaat skool

Beamptes van die Gautengse onderwysdepartement buite die Centauri private skool (6 September 2018). Foto: ANA

Beamptes van die Gautengse departement van onderwys het Donderdag ʼn privaat skool in Centurion besoek om dié skool, wat volgens die departement onwettig bedryf word, toe te maak.

Die afvaardiging, gelei deur Hilda Kekana, die distriksdirekteur vir Tshwane-Suid, het vanoggend by die Centauri- tweetalige private hoërskool in Centurion aangekom. African News Agency berig die beamptes is egter toegang tot die skool geweier.

“Dit is private eiendom dié. Niemand kom hier in nie. Ek het met nasionale intelligensie gepraat. Neem net ʼn foto …” het ʼn vrou aan departementsbeamptes en verslaggewers geskree voordat sy terug in die huis gehardloop het.

Die beamptes is daarna direk na die Wierdabrug-polisiestasie om ʼn saak teen die skool se eienaars aanhangig te maak.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het gesê die bedryfsregistrasie van die skool is in April deur die provinsiale departement teruggetrek omdat die skool nie aan die post-registrasievereistes voldoen het nie. “Die skool het egter die korrespondensie hieroor geïgnoreer en net voortgegaan met hul bedrywighede,” het hy gesê.

Mabona het ʼn lys oortredings uiteengesit wat ʼn ondersoek na die skool glo aan die lig gebring het. Volgens Mabona word die skool vanaf ʼn residensiële perseel bedryf wat doeltreffende leer en onderrig in gedrang bring. “ʼn Onderwyser, mnr. Swanepoel, woon op die perseel. Sy slaapkamer grens aan ʼn klaskamer,” het Mabona gesê.

Volgens Mabona het die skool ook nie ʼn voldoende aantal onderwysers in diens nie – hy beweer daar is slegs drie onderwysers, onder wie die skoolhoof, by die skool om leerders in vyf verskillende grade te onderrig.

“Een van die onderwysers het nie ʼn onderwyskwalifikasie nie en is nie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (Saro) geregistreer nie. Die eienaar van die skool versuim dus om te voldoen aan die Saro-wet.”

‘n Bord buite die Centauri private skool in Raslouw. Foto: ANA

Mabona beweer die skool gee nie gehoor aan behoorlike assesseringsbeleidstellings en eksamenprosedures nie, asook dat multigraadonderrig by die skool gedoen word, die vakrooster en take nie aan die staatskurrikulum (KABV) voldoen nie, die skool nie ʼn wetenskaplaboratorium het nie en geen praktiese werk gedoen word nie.

“Gasvryheidstudies word as vak by die skool aangebied. Die onderwyser wat hierdie vak gee, is nie gekwalifiseer om dit te doen nie en nie toegerus om te verseker dat die praktiese komponent van hierdie vak voltooi word nie,” het Mabona gesê.

Die departement beweer dat die afneem van eksamens op ʼn “lukrake manier” gedoen word. In Junie 2017 is die Graad 9-Lewensoriënteringeksamenvraestel saam met die nasienmemorandum in die eksamenlokaal gevind terwyl die leerders besig was om die eksamen te skryf. Dit word geag as ʼn eksamenonreëlmatigheid. Die eksamenmonitor het die memorandum verwyder en aan die skoolhoof terugbesorg,” het hy gesê.

Hy sê punte wat aan leerders toegeken is, kon nie deur die departement geverifieer word nie omdat die skoolhoof nie bewyse kon lewer waar hierdie punte vandaan kom nie.

Die departement het gevolglik die registrasie van Centauri teruggetrek en die eienaars is weereens gemaan om onderrigbedrywighede by die skool te staak. Die skool het nou 30 dae kans nadat ouers oor die saak ingelig is om die betrokke leerders by ander skole te plaas. “Dit sal verseker dat die onderrig van hierdie leerders nie in gedrang gebring word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Morne ·

So dit is net soos al die ander skole wat deur die departement van onderwys beheer word?!

Koot Becker ·

Ja Morné, ek wou nou dieselfde vra, is dit dan nou ‘n staatskool?

Charles ·

Die geveg teen privaatskole deur die kommunistiese ANC het begin.

Antiestabliesment ·

Ek het reeds al in 2008 my geveg met die ANC beheerde regering verloor en my privaat skool met 80 leerlinge gesluit. Alles wat hulle noem as probleme by die skool, word deur die onderwys dept self veroorsaak. MEns kry geen ondersteuning, geen antwoord op vrae, geen reaksie op e-posse, geen antwoord op registrasie dokumente. My registrasie dokumente het in die 12 jaar wat ek besig was, 6x ‘weggeraak’ wat ek dae i hul kantore in Jhb gesit het om met ‘iemnad’ ‘n gesprek te voer. Maar ek is soos die pes vermy.

Casper Labuschagne ·

Ek twyfel dat dit ‘n “fly-by-night” skool is, die besware kom vanaf die department en nie vanaf die ouers nie. Die probleem is dat die burokrasie in onderwys ontsaglike afmetings aanneem en dit is ‘n reusagtige las op klein en privaat skole.

Die probleem is dat daar oor enkele jare geen Afrikaanse skool oor sal wees wat deur die staat bedryf word nie.. Dit toekoms van Afrikaanse onderrig is juis sulke mikro-skole in die voorstede waar daar ‘n aanvraag bestaan. Maar daar sal verskeie oorkoepelende privaat organisasies moet wees wat bystand verleen betreffende die leerplan, assessering, standaarde, bykomende materiaal asook bystand om aan die regulasies te voldoen.

Die toekoms van Afrikaans, die Afrikaner volk asook van uitmuntende onderrig vir Afrikaanse kinders hang daarvan af dat letterlik duisende sulke mikro-skole in die nabye toekoms daargestel word. Ongelukkig verkeer ons mense onder die indruk dat hulle die regerende party se ongeskrewe beleid om Afrikaans as amptelike taal uit te faseer sal kan teenstaan en daar lê groot skokke voor. Wat Afrikaanse skole betref is die skrif aan die muur omdat die staat amper al die Afrikaanse skole besit, gevolglik sal daardie hulpbronne aangewend word ten gunste van die meerderheid en dit is ‘n stryd wat ‘n politieke minderheid wat op ‘n taal van onderrig anders as (amptelike) Engels aandring eenvoudig nie kan wen nie.

Se net... ·

Casper ek hoor wat jy se maar ek het ook die paadjie geloop en het nou duisende Rande spandeur en in werklikheid is dit dieselfde as om n bestuurs lisensie te koop sonder om te slaag. Ek is raadop en kan niks doen nie en in tussen lei my kind daar onder en sal die jaar moet herhaal om weer op standaard te kom maar volgens die skool verskaf n rapport van 88% maar volgens afhanklike toetse is sy ver agter
Party van die plekke neem nou advantage van ons afrikaners

Theo ·

My kind was betrokke by die skool, ons het in April begin met die ondersoek en die skool by die Departement van Onderwys aangegee omdat my kind geen vraestelle gehad het om te wys na die April eksamens nie asook geen Portefeulje soos benodig vir Matriek deur die departement nie nadat die afsluit datums reeds bespreek was.

Die betrokke vrou het ook nie haar Portefeulje punte ingestuur soos benodig deur die Departement van Onderwys vir registrasie nie.

Sy het my kind se lewe vernietig toe dit uitgevind is .. Ons moes dringend ‘n ander skool soek en sodoende die geld wat betaal was na Centauri in die water gooi.

Die het niks met die ANC te doen nie maar met ouers wat ongelukkig was oor die skool se optrede ens, ek kan julle nagmerrie stories vertel.

Ek sal gaan kyk of ek op ITC is.

Ons wou haar haar dagvaar maar sy het niks om te vat nie.

Casper Labuschagne… Ek hoop jy lees hier….. Ons het prokureurs wat ondersoek ingestel het en Departement van Onderwys briewe wat alles kan staaf wat ek noem…

Niks hier is uit die duim gesuig nie..

Ek is Trots daarop dat ek die skool aangegee het vir sluiting… net jammer die Departement van Onderwys het so lank gevat want baie kinders ly nou daaronder.

Daan Erasmus ·

Die skool is op die drumpel van Maroela Media. Maak ‘n draai en vertel ons van die plek. Nou nie ‘n Huisgenoot artikel nie. Net ‘n kort feite storie.

Ai Ai! ·

Hoe het hulle die skool gesluit as hulle nog nie toegang tot die “privaat skool” gekry het nie.
Indien hulle nie ‘n wetenskaplaboraorium het nie, hoe word “home schooling ” dan gedoen. Watse kwalifikasies moet die ouers dan hê? Gaan hulle al die staatsskole ook sluit wat geen toilette, puttoilette, dakke en die onder die boom?

MCD ·

Ai Ai dit is ‘n Cottage School, home school vind by ‘n kind se eie huis plaas. Onderrig kan van ‘n pa, ma, onderwyser of familie lid ontvang word. ‘n Cottage School moet aan sekere vereistes voldoen wat jy onderrig ander se kinders.

Se net... ·

Parents should apply to the Provincial Education Department (PED) for registration of a home education learner, and comply with any reasonable conditions set by the department
Learners in the FET Phase (Grade 10 – 12) must be registered with an examination board.
Examination boards do not register independent candidates. FET learners therefore must register with a curriculum provider, who is registered with an examination board.

Nina ·

Maroela Media. Ry asb in Raslouw rond en gaan kyk hoeveel “privaat skole” is daar. Die goed skiet op soos mushrooms. Gaan doen ook navorsing of e aan al die vereistes voldoen. Net in April was nog n skool in Erasmus Straat gesluit agv geen registrasie nie. Dit kos die ouers n fortuin om jou kind daar in te skryf, maar die kwalifikasie beteken absoluut niks.
Meeste van hierdie skole is ook dubbel medium skole (afr en engels).
Mense hierbo kan nie sê dis omdat die staat die Afrikaanse skole wil uitroei nie
Gaan ey rond en tel die skole. Dis skrikwekkend!

Sê net. ·

Daar is ‘n staatskool waar daar meer as 50 Graad 2 kinders in ‘n klas is en in die verlede al meer as 60 kinders met 1 onderwyseres. Die klaskamer is volgens hoorsê te klein dat almal op stoele kan sit indien daar genoeg is. Wanneer word dit aangespreek en kry die onderwyseres ondersteuning sodat onderrig doeltreffend kan plaasvind?

Belinda ·

Ek is so bly die skool is toe my kind was deel van dai skool vir 6maande van hel geen boeke gekry geen rapport gekry onderwyser was nie gekwalifiseerd nie en sy het my naam op itc gesit toe ek my kind uitgehaal en sukkel met prokereurs om dit af te haal want ek skuld ha niks sy het gesê sy sal my vir die res van die jaar se geld dagvaar omdat ek my kind uithaal so dit ‘n hel van ‘n skool gewees so sy verdien wat na ha kant toe gaan!!!!

Armand ·

My meisie was in die skool vir matriek vir 2017 toe vind ons in die middel van die jaar uit die skool is nie gerigistreer nie. Die vrou het my meisie n jaar van haar lewe gekos en haar n terugslag gegee in n lewe wat klaar moeilik is. Bo op dit wou die vrou nog my meisie se ouers dagvaar vir die uitstaande skoolgelde. Nogsteeds elke nou en dan sal haar pa oproepe kry van die vrou af waar sy aandring dat hy die geld moet betaal. So vir al die mese wat die skool so beskerm in die comments en sê dis weer die ANC teen privaat skole kom oor julle self en hou op rasisme in alles sien. Die is regtig ‘n skool gewees wat mense se lewens vernietig en die departement het n goeie ding gedoen hier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.