Onderwysdepartement stel korter vakansies, minder eksamens voor

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die departement van basiese onderwys (DBO) stel voor dat skoolvakansies vir die res van die jaar verkort, die kurrikulum uitgedun en die Junie-eksamen opgeskort word om verlore tyd weens die algehele afsondering in te haal.

Die DBO het die afgelope week voorstelle aan die kabinet voorgelê oor hoe die res van die skooljaar aangepak kan word om die effekte van Covid-19 en algehele afsondering te verlig.

Dié voorstelle bied ʼn oplossing vir die skooldae wat verlore gegaan het weens die instelling en verlenging van algehele afsondering om die verspreiding van Covid-19 te beperk. In ʼn voorlegging wat Donderdag aan skole gestuur is, sit die departement dié plan uiteen. Die voorstelle is nog nie goedgekeur nie en is geskoei op die aanname dat die tydperk van algehele afsondering aan die einde van April opgehef word. Maroela Media het dié voorlegging onder oë gehad.

Indien die tydperk van afsondering nie verleng word nie, sal onderwysers volgens die departement se plan weer op 4 Mei terugkeer skool toe. Gr. 7- en gr. 12-leerders moet op 6 Mei weer begin skoolgaan en die ander grade sal tot en met Julie twee grade op ʼn slag infaseer word. Die volgende grade sal eers begin skoolgaan wanneer die ander grade ten volle aangepas het by die nuwe omgewing. Die voorstel is dat gr. R tot gr.2-leerders heel laaste op 15 Julie terugkeer skool toe.

Volgens die departement se voorlegging sou 25 dae – omtrent 175 ure – van onderwys dan reeds verlore gegaan het. Die departement maak egter staat daarop dat leerders ʼn vorm van akademiese ondersteuning tuis sou gehad het. Die departement oorweeg dit om vir verlore tyd op te maak deur die Junie-, September- en Desember-vakansies korter te maak. Die departement stel voor dat die Junie-vakansie slegs een week duur, die September-vakansie slegs een dag en dat die Desember-vakansie op 9 Desember begin. Die DBO stel ook voor dat die Junie-eksamen afgeskaf word en die matriekeindeksamen eers in Desember afgehandel word. Die kurrikulum moet ook uitgedun en aangepas word.

Om te verseker dat leerders steeds beskerm word teen Covid-19-besmetting, stel die departement voor dat klasgroottes aangepas word om behoorlike sosiale afstande te handhaaf. Skole sal ook aan die nodige maatreëls vir sanitasie en higiëne moet voldoen.

Elijah Mhlanga, departementele woordvoerder, wou nie op dié dokument kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Fedup ·

I personally think you got a bit lost. The cirruculum in this country is nothing to write home about. You might as well keep that one day in september. This will teach you to try and be like America. You really don’t get it, do you? Please go think it over and try again.

Sharnelle ·

I agree with you. South Africa is a copy cat of America

Erik ·

I disagree about the curriculum, the problem is not the curriculum, but uneducated teachers. Schools with professional and educated teachers are doing well and producing excellent results and future professionals and entrepreneurs, but some teachers simply don’t teach and don’t care. But yes, I do agree, this plan is stupid.

Paul ·

Hoekom een dag in September ? Maak dit n week en sluit n week later in Desember

Sharnelle ·

Hulle kan daai een dag maar hou, maar ek stem saam dat hulle later in Desember kan sluit, dalk middel Desember

Ronel ·

Hoe nou gemaak met kinders vanaf graad R tot graad 2?. Gaan kleuterskole ook dadelik begin op 4 Mei? As enkelouer wat moet werk vir kos op tafel gaan dit ekstra uitgawes beteken vir twee en half maande. Daar is geen voordeel vanaf die regering se vondse vir ons wat selfonderhoudend is.

Boerkind ·

Stil mense! Die staat het gepraat… wat weet julle tog van onderwys? Die afgelope 20 jaar bewys mos hulle is tops!! Voorwaar nog ‘n voorbeeld vir die res van die wêreld. 5X8 = Woensdag… nê??

AmY ·

As die leerders eers Mei maand terug gaan skool toe, sien ek geen rede waarom daar ‘n Junie vakansie moet wees nie.
En in plaas van eksamen, kan hulle dan net die gewone toetsreeks skryf.(sodat moontlik moontlik druipelinge geidentifiseer en gehelp kan word).
En dan een eksamen aan die einde van die jaar.

Annelie ·

Ek stem Amy… ons kinders se skole is op datum. Ons het van dag een af werksopdragte voltooi. Werkkaarte is al voor die tyd aan ons voorsien vir n 4 week tydperk. Ons skole gaan van vlg week af via d6 en W/A nog werk aanstuur wat ons uit die Platinum handboek kan voltooi. Die Hoèrskool werk vanaf google classroom en het al n toetsreeks ook geskryf.
Waarom kon die ander skole nie voorsiening gemaak het nie???

Chantel ·

Probleem is, en ons moet dit ingedagte hou, daar is duisende kinders wat nie die voorreg het van die internet of selfs ‘n sel foon nie. Moet hulle dan nou benadeel word. Ek dink hierdie is ‘n reuse verantwoordelikheid wat op die DOB en FEDSA se skouers rus.

Gawie ·

Annelie, wat van die duisende kinders wat geen internet toegang tuis het nie. Hoe moes hulle op datum gebly het?

Chris ·

Ek kan dit regtig nie verstaan nie. Hoekom dra nie meer parlementslede kamoefleer uniforms nie. Dit sal maak dat ek hulle nie kan of wil sien nie.

Erik ·

Nou wonder ek net, meeste onderwysers met klein kinders is dankbaar dat hul nou na hul kinders kan kyk tuis, maar wie gaan na hul kinders kyk as hul grade waaevoor hul skoolhou moet begin voor hul kinders moet terugkeer skool toe? Ek weet nie, dis vir my bietjie ‘n belaglike plan.

Ansie ·

Ek wonder net hoe gaan hulle distansieëring tussen kinders toepas, in skole met 1700+ leerlinge. Hulle vergeet ook blykbaar dat geen mens kan funksioneer, om nie eers te praat van kennis bou, sonder behoorlike rus fases. My voorstel, verleng skoolure met omtrent 2 ure. Maak elke pouse 5 min langer, verwyder sport totaal vir die res van die jaar. Maar dit los die probleem van distansieëring nog steeds nie op nie. Skole sal nie kan heropen voordat die “nuwe gevalle syfer’ vir ten minste 21 dae op 0 staan nie.

Simone ·

Ek verstaan nie. Hoekom nie die Junie Vakansie heeltemal skrap, of ‘n langnaweek maak nie? Hoekom nie die September vakansie dan hou by 5 dae, en dan sluit die skole die ‘n week later in Desember.

Wessel ·

Hierdie plan skep net meer probleme as wat dit (miskien) sou oplos. Hou dit eenvoudig en stuur die kinders almal terug so gou as moontlik.

Ilze ·

My vraag is met klasse wat alreeds oorvol is. Hoe gaan hul veilige distansies he tussen leerders? Ek persoonlik voel nie veilig om my kind terug te stuur skool toe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.