Onderwysdepartement verduidelik oor seksonderrig

Argieffoto

Die departement van basiese onderwys moes dié week behoorlik bontstaan om aan ouers te verduidelik wat die nuwe leerplan vir lewensoriëntering sal behels ná ʼn Sondagkoerant berig het kinders so jonk as nege sal van masturbasie geleer word.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die onderwysdepartement, het gesê die departement distansieer hom van die artikel wat in die Sunday Times verskyn het en het die koerant en joernalis skerp gekritiseer vir die herrie wat dit veroorsaak het.

Luidens die berig sou die handboek vir gr. 4 tot 12 ook onderwerpe soos geslagkonformiteit en enkelouergesinne as algemene verskynsel behandel.

“Die artikel is misleidend en ʼn algehele wanvoorstelling van die werk waarmee die departement besig is,” het Mhlanga gesê.

Hy het bevestig dat die handboeke wat van 2020 vir gr. 4 se lewensoriëntering voorgeskryf sal word, glad nie die onderwerp van masturbasie bevat nie.

“Die handboek bevat inhoud vir seksonderrig wat vir dié graad se leerder voorgeskryf word deur Unesco se internasionale tegniese gids.

“Gr. 4-leerders sal op ʼn ouderdomgeskikte en sensitiewe manier geleer word waar babas vandaan kom,” het Mhlanga bevestig.

Volgens hom dek die leerplan vir dié graad gesonde lewenstylkeuses en help dit kinders om konsepte soos privaatheid beter te verstaan.

Michael Swain, uitvoerende direkteur van Forsa, ʼn organisasie wat hom vir geloofsvryheid in Suid-Afrika beywer, het intussen gesê dit is belangrik dat die departement kennis neem van ouers se bekommernis oor seksonderrig in skole.

“Ouers van leerders moet ten minste die geleentheid hê om deur ʼn skool se beheerliggaam vooraf geken te word oor die soort onderwerpe wat in die leerplan sal verskyn,” het Swain gesê.

Swain het gesê Forsa het al verskeie kere met die onderwysdepartement vergader om kommer oor hoe ʼn kurrikulum ingestel word, te bespreek.

Die gesprekke het hoofsaaklik daaroor gehandel dat die regte van ouers geken moet word wanneer hul kinders aan onderwerpe soos seks en seksualiteit blootgestel word.

Forsa meen verder ook dat die leerplan nie teenstrydig kan wees met hul eie waardes, oortuigings en menings nie.

“Anders as wiskunde, sal seksonderrig altyd aan ʼn onderliggende waardestelsel verbind word en dit is die prerogatief en die reg van ouers, want dit is hul primêre verantwoordelikheid om hul kinders op te voed, nie die skool of die staat s’n nie.”

Swain voel dat die leerplan daarop gemik is om kinders te seksualiseer, eerder as om hulle oor seks en die verantwoordelikhede daaroor te leer.

Die ACDP se leier, Kenneth Meshoe, het die onderwysdepartement ook sterk veroordeel en gesê die departement moet hom eerder daarop toespits om vakke soos wiskunde, wetenskap en inligtingstegnologie vir kinders te leer.

Dr. Wynand Boshoff, die VF Plus se woordvoerder vir onderwyssake, het gesê die herrie onderstreep die belangrikheid daarvan dat ouers en ander belanghebbendes in die onderwys betrokke moet wees by die proses van kurrikulumvorming in Suid-Afrika.

“Dit beteken nie ons onderskryf die inhoud van lewensoriëntering nie. Die VF Plus gaan van ʼn Christelike lewens-en-wêreldbeskouing uit waarin seks beskou word as ʼn Godgegewe gawe wat binne die huwelik uitgeleef word. Die vak het egter ʼn ander vertrekpunt en die aanbieding daarvan hang van die onderwysers af. Ons moedig leerkragte aan om professioneel op te tree en die leerinhoud oordeelkundig te behandel,” het Boshoff gesê.

“Ten slotte beskou die VF Plus hierdie kortstondige storm as getuienis van die noodsaak om onderskeie kultuurgroepe die beheer te gee oor hul kinders se onderwys.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

John Scott ·

Heel duidelik moet elke kultuurgroep beheer kry oor hul kinders se onderwys.

Leser ·

Maar hoe gaan dit gebeur??? Indien daar dan onderskeid getref gaan word tussen kultuurgroepe, gaan dit weer as rassisme uitgekryt word.

Johan ·

Ek moes jare gelede Gesins- en Geslagsvoorligting aan graad 7’s aanbied. Hoewel daar positiewe aspekte was, was dit om verskeie redes ‘n mislukking op die lang duur. Nou wil hulle met jonger kinders met hierdie tipe van onderrig eksperimenteer? Net omdat dit van oorsee af ingevoer is, beteken dit nie dat dit die regte ding is om te doen nie. Los hierdie sensitiewe onderwerpe eerder vir die Ouers

Michelle leR ·

Graad 4? Wow, dis so verkeerd, weet nie waar om te begin nie.

Andreas ·

En Lesufi is nerens te sien nie, hy daag net op as hy ‘n probleem met Afrikaans het.

madels ·

Mense besef nie dat daar n geweldige aanslag teen ons kinders is nie. Dit is DEFINITIEF NIE die skool se verantwoordelikheid om kinders te leer oor sex of enigiets rondom dit nie. Wat is nou eintlik die AGENDA agter alles??? Los dit by die ouers WAAR DIT HOORT!

Helena. ·

Waarom n herrie opskop? Die dae kan die jong kinders die ouers en onderwysers n ding of twee leer. Dis 2019 onthou? Kinders kry kinders om toelae te kry..wie kry eintlik die toelae en van waar die kennis? Mense moet maar die rowwe feite aanvaar.

Ansa ·

Miskien in jou huis. In my huis is my kinders nog kinders en weet hulle net wat hulle moet weet en WIL weet. Moenie veralgemeen nie. Nie almal is ‘so’ nie.

Kindwees van kinders ontneem ·

In my huis kry my kind kinder toelaag. En sy weet sy kry dit. Maar om dit te verdien op elke maand einde moet sy ook huis takies verig soos bv om ha kamer skoon te maak oor naweke en mamma help om skittelgoed weg te pak of vuil wasgoed na wasgoed mantjie toe te dra.

Verder word die ander deel davan gebruik vir klere of skool skryf behoeftes of medikasie as sy siek sou raak. Nie almal wat kinder toelaag kry gebruik hul toelaag bir eie gewin nie.

Boonop is 9jarges nie gr 4 nie dis gr 3 kinders. Gr4 is hul kla 9 jr oud en word 10jr in gr 4.

Dis ons as ouer se plig om ons kinders in te lig oor die blommetjies en die bytjies en die seuntjies en somige mans met vieslike gedagtes daar buite. Nie die skool of regering nie.

En ek sou sê indien die betrokke ouers van die skool se kinders ouer loos is moet die skool n toestemings brief aan die kind se voog stuur waarin die voog dan die skool toestemming kan gee om met daai kind oor die probleem te praat.

Los ons 9jarige kinders om nog kinders te wees soos kinders hoort.

Sandra ·

Helena, jy slaan die Spyker op sy kop. Dit is skokkend om die getalle kinders met kleintjies te sien. Dit is ongelukkig die voorbeeld wat aan huis gestel word. Dit is egter ook nie die skool se primer funksie om geslagsopvoeding te gee nie. Maar soos dit nou aan gaan het ons nie ‘n ander uitweg nie

Kiskar ·

En dis nog ‘n rede waarom ek my kinders tuisonderig gee.

jaco ·

Ek ken mense wie se seun na 4 jaar van tuisonderrig en nog 1 matriekjaar oor, nou eers erg handuit geruk het. Rook, drink, girlfriends en verkeerde vriende en uithangplekke. Dit nadat hulle hom uit die gewone skool gehaal het weens “al die sonde” wat glo daar voorkom.

Jaco ·

@ Jaco. Maak sin. Ek was van hoërskool dae af blootgestel aan sigarette en drank. Vandag is ek 36, het 10 jaar terug opgehou rook, en 17 jaar terug opgehou met drink. Ek is vandag heel koekerig, leef n baie aktiewe lewenstyl, bedryf n baie suksesvolle onderneming en vind drankies om die braaivleisvuur vervelig, seker maar omdat ek al so jonk bloodgestel was daaraan. En baie van die koeke wat saam met my op skool was is nou weer n klomp ongesonde dronkies wat nie eens n behoorlike inkomste kan genereer nie. Dit het ook nie altyd te doen met hoe jy grootgeword het nie, n mens is n individuele wese wat vir hom self kan dink op die ou einde.

Elaine ·

Di skool het geen reg om ons kinders van sex te leer op so n jong ouderdom ni. Dis moeilikheid soek en maak kinders van daai ouderdom onnodig en heeltemal te vroeg neskurig oor dinge wat hulle nog gladni verstaan ni. Dit is di ouers se plig en verantwoordelikheid om hulle van di soort dinge te leer op di regte ouderdom. Ons sit alreeds met te veel tiener swangerskappe nadat hulle dit vir jonger kinders begin leer het en nou wil hulle nog jonger kinders aan dit bloodstel? Nee wat ek haal eerder my kinders uit di skool en gee hulle self skool by di huis as wat ek hulle blootstel aan di snert!!

Hanna Hoekom ·

Leer die kinders eerder somme maak! So sal hulle die sommetjies kan maak en hopelik begryp dat die Sassa-geld nie eens genoeg doeke vir die maand gaan koop nie…

E ·

Verseker sal sommige ouers nie toelaat dat hul kinders die klasse bywoon nie. Laat die ouers self daaroor besluit
Gaan kyk die belaglike voorbeelde en prentjies in hul voorgeskrewe boeke. Wil voorkom asof die drukkers nie vleeskleurige ink het nie en daar geen blankes bestaan in skole nie

Anke ·

Onskuld: wanneer n kind nie weet van dinge wat hy nie van hoef te weet nie.
Plant n saadjie: sê iets waaroor die kind begin wonder en oplet en beproef…
Waarom is daar so baie verkragting? Want iemand het gehoor/gesien dit gebeur.
Waarom kinderpornografie? Want iemand het daarvan te hore gekom en self gaan kyk.
Aggg whatever, te min spasie om te sê hoe ek voel oor media en breinspoeling.

Frederik vd Heever ·

Weereens dui dit daarop dat geestelike opvoeding nie teenwoordig is met God se woord as die grondslag vir jong kinders se opvoeding. Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou,deur dit te hou na die woord. Ouers sal meer betrokke moet raak met die opvoeding van hulle kinders. Die regering maak hulle groot vir die wereld.

Leerkrag ·

Skeefgetrek, soos alles wat hierdie ANC aanraak. As ouer het jy die reg om te weier dat jou kind aan hierdie gemors blootgestel word. Jy kan aandring dat hy NIE in die vak onderrig word nie. Dalk moet dit eers weer in ‘n hof draai voordat hierdie oningeligtes besef hulle kan nie seksvoorligting aan laerskoolkinders gee nie, want die volwassenheidsvlak en gereedheidsvlak verskil van kind tot kind en dit is vir die ouer om te bepaal waarmee sy kind gemaklik sal wees. Watse dwaasheid gaan ons nog beleef!! Plaas
leer hulle iets sinvol soos Wiskunde en Wetenskap. Hierdie mense maak mens siek!

Los ·

Uit ondervinding begin kinders eers belangstel in waar babas vandaan kom hier by hul tienerjare en word dan beindruk as hul besef mense maak mense. Moenie kinders ryp druk nie.

TB ·

Die skole maak ons kinders te vroeg ryp. Ek as ouer sal my eie kinders leer van die tipe goed op die regte tyd. My tyd en beslis nie op n ouderdom van 10 nie. Laat ons kinders kinders wees . Die flippen departement van onderwys versleg nou met n spoed. Skande?

Henry ·

Vir party kinders is seks ‘n algemene ding. Word met dit in die huis groot asof dit TV kyk is. Wat verwag ‘n mens. En so verval die mensdom. En wil ons kinders saam af trek. Ons as ouers het baie groter werk as ooit tevore om ons kinders te beskerm teen die bose goed Dit sal ons jeug verwoes.

Suzette Van Wyk ·

Ons as ouers moet geken word in hierdie groot besluit. Ons is die ouers aan wie hierdie kind toevertrou word en het ons voor die preekstoel belowe om ons kind na die bedte van ons vermoe groot te maak en waardes te leer. Dit sluit in om nie jou kind aan vroeg ryp, vroeg vrot te onderwerp en by die skool nie. Elke ding op sy tyd. Dit is ons as ouers se besluit wanneer ons daai geselsie met ons kind wil he. Dis omdat hulle allws wil verander nou kom hulle met sulke nonsens. Laat kinders kinders wees en speel dan sal daar ook minder swangerskappe wees. As hulle dan nou voortgaan met hierdie belaglike inhoud, laat daar dan n briefie aan die ouers gestuur word waarin hulle aandui of hulle kind gemelde les mag bywoon of nie. Reg van vryheid en keuse en reg van vryspraak noem hulle dit mos deesdae.

Karin ·

Kinders wat kinders het, verskil van ras en kultuur.
Nie almal se kultuur en waardes is dieselfde nie.
Leer die wie se ouers toestemming daartoe gegee het en laat die ander ouers self hul kinders onderrig en opvoed soos en wanneer hulle wil.

Rupert Ashford ·

Jip, as dit van die VN af kom sal dit al die goedjies bevat wat deesdae so in die mode is. Wees wakker…

jaco ·

Ja wel, ek was in die ou SA se skoolstelsel en daar moes ek in die godsdiensklas, wat sterk deur die NG Kerk beïnvloed is, leer dat apartheid nogal die wil van God was en dat kinderdoop die enigste regte manier van doop was. Ander maniere was onskriftuurlik en selfs sonde…

Bedorgd ·

So word ouers se seggenskap oor hul kinders se opvoeding stelselmatig oorgeskuif na die staat. Kyk wat is besig om in Kanada & Kalefornië te gebeur. As ouers nie nou standpunt inneem nie, is daar veel erger dinge wat sonder ouers se medewete aan hul kinders geleer gaan word.

Gustav ·

Een ding wat iemand (ouers of die skool) gerus vir kinders kan leer is dat daar geen rede is om voor 35 te trou en kinders te kry nie. Geniet eers jou jongmens jare voordat jy jouself in verantwoordelikhede gaan staan en versuip. Moenie te vroeg te verantwoordelik probeer wees nie. Beter nog, moet glad nie kinders kry nie. Dan is jou hele lewe net heeltyd speeltyd.

Sarel ·

1. Seksonderrig hoort by die huis, nie in die skool nie.
2. Gaan die persone wat die sg. Hzndboek moet saamstel behoorlik gekwalifiseer weed om dit te doen?

fred ·

dit is n wêreld wye verskynsel, als kan en mag vandaag die dag, liberale denke,polities korrekt wees,invloed van sosiale media,hierdie jong generasie gaan n baie moeilike tyd te ge moet..

RH ·

Ek sal my kinders uit die skool vat rn self leer as ek moet! Ek weier om te aanvaar dat ek nie n keuse en se op n curriculum het wat my kinders geleer word! Ek sal eerder dat hulle heel dag in n bibloteek sit en boeke en boeke lees voor hulle verder die goed wat tans geleer word, aan my kinders afsmeer en brainwash! Kyk bietjie deur jou kinders se hand boeke. Raak dieper betrokke en kyk wat sien jy!mense, ek gaan dit nie vir my kinders aanvaar nie. Ek het n reg oor my kinders en nie die regering of hul wet het die reg om te se wat ek mag en nie mag vir my kinders leer nie.

Connie ·

Onthou asb jou kinders behoort aan jou en nie aan die staat nie.

Catherine ·

As onderwyseres voel ek nie gemaklik met onderwerp. Is ouers se plig om hul kinders in te lig . Almal steun nie al die aspekte van seks asook verskillende lewensstyle nie.

connie ·

Nee dis die ouers se plig om met hul kinders te praat oor seks nie die staat of onderwysers nie. Dis hoekom daar so baie verkragtings is deesdae en onheilige dinge, hulle sien wat aangaan, nou wil hulle dit nog verder aan blaas op skool. EK SE NEE. Daar moet n petisie op getrek word, GENOEG IS GENOEG. Ons moet nou ons kinders en kleinkinders beskerm.

Elsie Riekert ·

Voor 1994 het onderwysers wat gesins- en geslagsopvoeding moes behartig, vooraf opleiding ontvang. Mans het seuns ingelig en dames die meisies. Dit is destyds net vir gr. 7 gedoen. So is dit gedoen totdat ek einde 1999 afgetree het. Dit het geen kerklike dogma ingesluit nie, ook nie as deel van die verpligte Bybelonderrig nie. Leerders se ouers het toestemming gegee vir beide soorte onderrig, dus was dit vrywillig in die skole waar ek gewerk het. Die meeste Afrikaanse ouers was ten gunste van hierdie sake. As kinders enige dogma geleer het, was dit beslis nie voorgeskryf nie, ook nie politiek nie.

Louis ·

Wil net graag vir kommentators oor hierdie onderwerp vra: Wat was hulle deur eie ouers geleer? En die deur hulle voorouers? Ek sal voorstel ouers moet eers deeglik baie verskillende boeke en inligting lees oor hierdie onderwerp wat voorheen redelik taboe was voordat hulle eie voorskrifte toepas. Skool leerplanne moet die biologese gevolge bevat

Jan ·

My kind is in Graad 4 en ek kan nou vir julle eending sê, ek sal dit nie toelaat nie. Alhoewel ons kinders vandag meer blootstelling kry aan hierdie dinge vandag as wat ons gekry het toe ons in St.2 was, is nie dieselfde nie, maar oor my dooie liggaam gaan ‘n onderwyser my kind op hierdie ouderdom leer oor seks. Ek beantwoord al die vrae wat my kind het oor hierdie dinge tot die beste van my vermoe as ‘n ouer en my kind is gemaklik met my antwoorde want ek hou dit konserwatief. Kan jy jouself net indink hoe die seuns hulle gaan verlustig aan dogtertjies wat nog nie eers puberteit bereik het nie????

Dries du Toit ·

Met al hierdie goeie en bewese kommentare van wat die regte ding rakende seks onderig is, word die belangrikste doel van hierdie aanslag teen ons kinders nie raak gesien nie. Dit is die doel om ons as ouers so te ontmag dat ons nie eers oor ons kinders se opvoeding n se te he nie, ontmagtigde ouers gaan later van tyd geen meer weerstand teen enige ongeruimdhede he nie en dan kan die regering ons op alle terreine soos strooipoppe regeer. Kommunisme

Pieter ·

Dit ruk bietjie ons as ouers, en wonder waar dit sal eindig met ons kinders. Hierdie soort van onderig is nie vir skole nie maar vir die ouers om toe tepas. Ek het ń wegneem ete saak, en my werkers het nie dit nodig om te kan kwalifiseer om hier te werk nie, so wat nou? Laat die kinders eerder die belangrikste leer vir hul toekoms planne.

Cheryl Mostert ·

In die Naam van Jesus, kom ons bid daarteen!!!! met navraag word alles tans verdraai om goed te klink en voet in die deur te kry, maar aan die einde van die dag is dit ‘n “skaamtelose” werklikheid. Alreeds gewettig dat kinders nou alreeds geboorte kan gee op ouderdom 11/12. Food for thought…….

Jj ·

Forsa…dis ALREEDS teen ons waardes…wie is julle om te besluit wat is en wat is nie teenstrydig met ons waardes nie… ? Tyd om alle skole te privatiseer…kinders sukkel deesdae net om te klank

HF ·

CSE comprehensive sexual Education gaan oor baie meer as net sex. As jy op Unesco website gaan en na hulle “As we grow up” handbooke gaan kyk sal julle skrik! In hulle Standard for sexual education in Europe stel hulle voor dat kinders van 0-4jaar oud inligting gegee word oor masturbation en die reg om hulle geslagsidentiteit te verken ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.