Onderwysdepartement waarsku oor beurs-slenter

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die departement van basiese onderwys het gewaarsku teen ’n slenter waarvolgens beurse aangebied word vir matrikulante wat hulle as onderwysers wil bekwaam.

Die boodskap wat op sosiale media versprei word, beweer die departement is op soek na 4 761 matrikulante om as onderwysers opgelei te word. Daar word ook ’n skakel verskaf om aansoek te doen.

Die boodskap beweer dat die beurse registrasiekoste, klasgeld en verblyf insluit. “Studente sal ook ʼn toelaag ontvang vir praktiese werk. Die sluitingsdatum is 2 Februarie 2016.”

Die beurse word geadverteer as deel van die departement se Funza Lushaka-program. Die departement het gesê hoewel die program regtig bestaan, word kommunikasie met beurshouers slegs deur amptelike kanale, soos die program se webwerf, behartig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

GES ·

Is dit ‘n siek grappie of probeer iemand weer persoonlike data bymekaar maak?

NEL ·

Verseker ‘n geldmaak slenter waar geld onderdeur die tafel hardloop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.