
(Foto: Element5 Digital/Unsplash.com)
ʼn Oos-Kaapse onderwyser is in polisie-aanhouding én geskors ná die beweerde verkragting van ʼn sesjarige leerder.
Loyiso Pulumani, woordvoerder van die Oos-Kaapse onderwysdepartement, het gesê die onderwyser van Lusikisiki is Dinsdag geskors weens sy beweerde verkragting van die leerder van die Khoto Primary School.
Die polisie het die onderwyser reeds in hegtenis geneem nadat iemand hulle van die bewering ingelig het.
“Die departement het ʼn voorlopige skorsingsbrief aan hom beteken in die polisieselle waar hy tans aangehou word,” het Pulumani gesê.
Pulumani het gesê ʼn formele tugproses gaan volg en sal gelei word deur ʼn kommissaris van die Raad vir Onderwysarbeidsverhoudinge (ELRC).
“Die ELRC sal binne twee dae van alle nodige inligting voorsien word. Dit sal insluit ʼn volledige ondersoekverslag. Weens die erns van die beweerde misdaad gaan die departementele proses nie gepootjie word deur sy aanhouding nie. Die polisie gaan gevra word om toestemming te gee dat die verhoor in die polisiekantoor, of waar hy ook al aangehou word, gehou mag word.”
Pulumani het gesê die departement het reeds berading beskikbaar gestel vir alle leerders en onderwysers by die skool.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
24 Kommentare
Wys jou hoe siek is hierdie land. Het mos weg gedraai van GOD.
Eers by die Dros en nou sommer by skole. Wat gaan aan? Jan niemand meer hulle drange beheer nie? Waar’s geregtigheid in hierdie cANCer land? Cyril kan net sy mond oopmaak waar dit kom by grondgryp. Te besig om sy voorgangers te blameer nes almal voor hom. Dis alles om van te ween!
^ Kan i.p.v. Jan.
Wat de drommel gaan aan met onderwysers
Vat Godsdiens uit die parlement, en uit ons skole en dis waarmee ons sit????????????