Onderwyser by huis ontvoer, toe doodgeskiet

Die slagoffer se bakkie. Foto: Verskaf

Die slagoffer se bakkie. Foto: Verskaf

Die Mpumalanga-polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na verdagtes wat ʼn onderwyser by sy huis oorval, beroof, ontvoer en later vermoor het.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die onderwyser het Dinsdag omstreeks 01:00 sy tuin by sy huis in Kanyamazane in die Pienaar-omgewing natgelei toe drie onbekende mans hom oorval het. Hulle was gewapen en het hom in die huis ingedwing. Die presiese rede hoekom die man glo dié tyd sy tuin natgelei het word ook ondersoek.

“Sy vrou was in die huis en het aan die polisie gesê sy het ʼn gestoei gehoor toe die slagoffer in die huis was saam met die verdagtes. Die verdagtes het die huis geplunder en aangedring op vuurwapens en kontant,” het Hlathi gesê.

Die verdagtes het ʼn bedrag geld gevat en die slagoffer in sy Ford Ranger-bakkie ingedwing met die doel om na ʼn kitsbank te ry om meer geld te trek.

“Die man se liggaam is met skietwonde in sy bakkie in Pienaar aangetref toe dit begin lig raak het. Albei sy hande en voete was vasgebind.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en het ʼn beroep op die publiek gedoen om die polisie in hul ondersoek by te staan. Mense met inligting rakende die voorval word versoek om kapt. Jabu Ndubane by 079 891 5072 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Mercy ·

Enige iemand wat 01h00 in die oggend tuin natmaak is n target. Sommige mense besef net eenvoudig nie in watse land ons lewe nie. My kinders sê ek lees te veel nuus, want ek is permanent paraad, en laat hulle nie toe om na n naby rivier toe te stap, of na donker uit die huis te gaan nie, maar hoe loop n mens net so blindelings as jy sien wat met ons mensdom gebeur?

Daisy ·

Stem saam Mercy mens kan vandag nie genoeg versigtig wees nie. Hoe gaan die spreekwoord: eerder bang Jan as dooie Jan…..

AL ·

Vreemd dat hy daardie tyd van die aand tuin natgemaak het – dalk uit slaaploosheid? En dat die moordenaars juis toe op hom neersak? Opportuniste? Blote toeval of nie. Gangsta paradise ons liewe SA! Jou lewe is niks werd nie.

Magteloos ·

Hierdie is ‘n sprekende voorbeeld dat almal ‘n teiken geword het, ons sien 11 plaasmoorde in iets soos 14 dae. Meeste van hierdie moorde lyk ook of dit op ‘n teregstellings metode geskied. As jy iemand in die kop skiet of dan selfs vasbind en vermoor dui dit op die magtige houvas wat hierdie kriminele het. Niks van hierdie gevalle is bloot om te roof nie, indien dit so sou wees sal die kriminele in elk geval so toeslaan dat hulle gesigte verberg is en dan net die slagoffer vasbind, geen van hierdie gevalle oor die afgelope tyd het so gelyk nie, dit was met die grootste wreedheid en minagting van menselewens uitgevoer. Ek kan nie anders as om te glo dat hirdie die toedrag is van uitsprake uit ANC en EFF geledere nie. En so hoor ons nie ‘n dooie woord van die regering of Zuma wat dit veroordeel nie.

Elsabe Otto ·

Hierdie is v my so tragies. Dit is bitter warm snags. Ek het ook al baie snags natgelei of buite gesit Dit is sy tuin. En nou moet hy met sy lewe daarvoor betaal want misdadigers word beskerm in hierdie land Malema en Zuma wat hierdie optrede goedkeur is die eintlike moordenaars Ek se so want hulle propegeer sing en hits dit aan

Opinie ·

Ek stem saam jou Elsabe, ek het ook al tuin natgegooi watter tyd van die aand. Dis sy tuin! Dit is baie hartseer.

Onderwyser ·

Dit is al tyd wat ‘n onderwyser het om in sy tuin te werk. Die res van die tyd moet jy aan ander mense se kinders aandag gee. RIP

Adele ·

Waar was sy vrou dat sy als gehoor het en hul d huis omgekeer het. Is sy veilig?

Sandra ·

Hierdie storie kort baie antwoorde. Sjoe klink na baie verdagte omstandighede. Sterkte aan die familie. Hoop die moordenaar/s word gou opgespoor.

Pettra ·

Ek ruik ñ rot… wie almal het geweet hy maak tuin nat in die middel van die nag??? Insider?
Waar was sy vrou toe hy tuin nat gemaak het?
Het hy dan nie om hulp geroep na haar nie? Net gestoei? Het sy alarm gemaak na hulle hom weer uit die huis in sy bakkie ingedwing het??? Ek kyk seker maar te veel crime investigations maar ek wonder?

Sannie ·

Ek stem…. Daars ‘n Groot vet rot reuk hier… Sommige mense gebruik SA se misdaad tot hul voordeel… Wat so hartseer is. Dalk is ek verkeerd… Dalk is die storie die volle waarheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.