Onderwyser en leerling by Kaapstad-skool geskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Onderwyser en ʼn leerling is Donderdagoggend by ʼn skool in Kaapstad geskiet en gewond.

“ʼn Onderwyser is in die arm geskiet en ʼn leerling is in die been en bors getref,” het Robert Daniels, woordvoerder vir die Wes-Kaapse departement van gesondheid se nooddienste, gesê.

Die skietery het omstreeks 08:00 by die Oval North Sekondêre Skool in Beacon Valley, Mitchell’s Plain plaasgevind. Al twee is in ʼn ernstige, maar stabiele toestand, na die hospitaal geneem.

Volgens lt.kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, is twee seuns, onderskeidelik 19 en 20 jaar oud, buite die skool geskiet. “Die motief en die omstandighede word ondersoek en ʼn saak van poging tot moord is oopgemaak,” het hy gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.