Onderwyser geskors ná beweerde k-woord-voorval

(Argieffoto/Unsplash)

ʼn Onderwyser aan die Northriding Secondary School is geskors ná ʼn voorval vroeër die week by die skool in Randburg, Gauteng.

Panyaza Lesufi, provinsiale LUR vir onderwys, het vandag die skool besoek. “Ons verwelkom die skoolbeheerliggaam se besluit om die onderwyser met onmiddellike inwerkingtreding te skors terwyl dissiplinêre prosesse gefinaliseer word,” het Lesufi gesê.

Daar word beweer dat die onderwyser ʼn gr. 8-leerder Donderdag oor ʼn geraasmakery betig het. Die onderwyser het die leerder toe glo met ʼn ontsmettingsmiddel gespuit waarna die leerder glo die klaskamer verlaat het en na ʼn ander klaskamer is om die voorval by ʼn ander onderwyser aan te meld.

Die onderwyser het die leerder glo gevolg en verder met ʼn ontsmettingsmiddel gespuit en hom glo die k-woord toegesnou. Volgens die departement van onderwys het die “gewelddadige voorval” eers tot ʼn einde gekom nadat ʼn ander onderwyser tussenbeide getree het.

“Volgens berigte het die onderwyser glo hierna ook in ʼn woordewisseling met ander leerders betrokke geraak en hulle glo gevloek en bobbejane, dwelmhandelaars en k*****s genoem.”

Ander onderwysers, lede van die leerderraad en die hoof het glo daarna tussenbeide getree.

Lesufi het gesê die departement is uiters teleurgesteld rakende die voorval. “Rassisme sal nooit in ons skole geduld word nie.”

Beraders is Vrydag na die skool gestuur om ondersteuning te bied aan almal wat deur die voorval geraak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

lodewyk ·

Nee wat ek is bly ek is nie n onderwyser in die siek SA nie,sou al seker toegesluit gewees het,geen respek en disipline nie,wat gebeur as n onderwyser jou aanvat?-speel die ras kaart,sal die saak dophou!!

LANA is ELANè ·

En raai wie is eerste op die sg toneel, ene mnr Lesufi, hy wat moet sorg dat elke leerder ‘n plek op die skoolbanke het en dat skole gebou moet word vir massas kinders wat in oorvol skole deur hom forseer word.
Ek voel jammer vir die onderwysers hulle word daagliks deur leerders geboelie ens maar moet hande gevou staan en toekyk tot dat als om hulle ontplof en dan gebeur sulke goed soos in hierdie artikel.

Niklaas ·

Dalks is dit nie eers waar nie. In elk geval moet daai tipe woorde nie geuiter word teen die skoolkind nie. Stappe en optrede kan beslis dan mos verwag word. Tye het verander…

Jo-Anne ·

Dis verkeerd ja, maar in vandag se tyd sal ek dit ook verloor. Opvoeding vind plaas in jou huis. Vandag se kinders het te veel regte en te min respek.

Debbie ·

Ek weet dit was verkeerd van die onderwyser om so op te tree maar wragtig die kinders van vandag gaan uit hulle pad om onderwysers te druk tot hulle nie meer kan nie as om net kop te verloor en dan sulke goed kwyt te raak. Ek word liewer n prostituut voor ek n onderwyser word in die land

Jaco ·

As jy wit is in dié anti-wit SA, BLY DAN WEG uit jobs met potensiaal vir rassekonflik. Onderwys is in elk geval staatsdiens wat deur die anti-wit ANC-regering beheer word. Wit mense wat daar werk se toekoms daar is uiters onseker selfs sonder dat hulle in rassekonflik betrokke is.

Debby ·

En wie dink jy gaan dan ons kinders klas gee as die blankes ondermeer uit onderwys moet wegbly???

Tiptol ·

Geweldadig….. Daai kind lag in sy mou. Ons land se toekoms.

M-woord ·

Le-poefie se verklarings is net so onbenullig soos die ou wat beweer het hy het n witdoodshaai in die roodeplaatdam gevang. Klink die storie nie n bietjie “dik aangemaak” nie?

Tanniepetoors ·

Vir my klink dit na ‘n onderwyser wat absolute breekpunt bereik het met ‘n kind wat waarskynlik geruime tyd klasse ontwrig en uittartend is.

Dirk Mostert ·

Die verval in orde en dissipline is die gevolg van die verbod op lyfstraf op skool en tuis. “Spaar nie die roede nie”.

Danie ·

Kan iemand in hierdie land vandag nog so onnosel wees?
O ja wag, die eff het onlangs by……..

Nico ·

Hulle bly vas steek by rassisme, alles wat gebeur is rassisme daar is ook rassisme en apartheid onder die swart bevolking. Weet hulle wat beteken rassisme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.