Onderwyser geskors ná kaalfoto

hyde park high school google earthʼn Onderwyser van Johannesburg is in hegtenis geneem nadat hy ʼn kaalfoto van homself aan ʼn 16-jarige skoolseun gestuur het, berig EWN.

Die seun se ma het sy selfoon in die hande gekry en op ʼn WhatsApp-gesprek tussen die seun en die onderwyser afgekom.

EWN berig dié onderwyser van Hyde Park High School het vermoedelik die seun al bykans agt maande lank “voorberei” nadat hy hom as ʼn probleemkind met vertroue- en afhanklikheidsprobleme uitgesonder het. Die departement van onderwys in Gauteng (GDE) het aan EWN bevestig dat die onderwyser geskors is en dat ʼn onafhanklike ondersoek van stapel gestuur is om te bepaal hoe die skool en die streekskantoor die saak gaan hanteer.

Die seun se ma het haar kommer uitgespreek dat dit langer as ʼn week geduur het voordat die onderwyser geskors is en sy moes ʼn kriminele klag by die polisie aanhangig maak terwyl sy haar seun probeer troos het.

Die name van die leerling en sy ma word weerhou om hul identiteit te beskerm. Die onderwyser se naam kan eers bekend gemaak word nadat hy in die hof gepleit het. EWN berig die onderwyser sal vroeg volgende maand in die hof verskyn op aanklagte wat verband hou met kinderpornografie.

EWN berig die seun se ma het glo op 30 Julie toevallig ʼn foto op haar seun se selfoon gesien. Die foto was van ʼn man in ʼn bad wat sy geslagsdele vashou. Ná haar aanvanklike skok het sy haarself voorgedoen as haar seun en die WhatsApp-gesprek voortgesit. ʼn Transkripsie van die gesprek is hier beskikbaar. Sy het die saak die volgende oggend by die skoolhoof aangemeld, maar dit het glo agt dae lank geduur voordat die onderwyser geskors is.

Gershwin Chuenyane, woordvoerder van die GDE, het gesê die seun en sy familie ontvang die nodige ondersteuning.

Die skool het nog nie kommentaar gelewer op die voorval nie.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vas Vat ·

Veronderstel om “opvoeders” te wees, maar dit wil my voorkom daar is n paar van hierdie, jagter gespuis in elke skool in die land, siek gemors.

Justi ·

Genade! Hoe siek kan mens kry? Sies!! Dis erg. Onderwyser?………..Nee wat, sny af wat pla en verwyder hom uit die samelewing………

wragtig ·

So lae stuk gemors behoort nie te lewe nie. Stuur die stuk scrap hier na pollsmoore toe. Hulle sal hom wys wat gaan vir wat. Glo my hy sal wens hy was nooit gebore van die eerste oomblik wat hy in die deure ingaan nie.

johan ·

weet dit maak my sommer goed die RF$#$ in , daar moet streng teen sulke varke opgetree word,….

Amy ·

Opvoeder? Nee, eerder opmoerder. (jammer, ek moes) Daar is nie ‘n ander woord om dit te beskryf nie. Hy het dalk die kind se toekoms opgefoeter. Sy ma verdien ‘n medalje, omdat sy so slim was om haarself as die seun voor te doen, nou sal al die bewyse teen die onnie tel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.