Onderwyser geskors na seksvideo

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

ʼn KwaZulu-Natalse onderwyser is geskors nadat ʼn video aan die lig gekom het wat na bewering wys hoe hy met ʼn minderjarige skolier seks het.

Kwazi Mthethwa, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse departement van onderwys, het gesê die onderwyser werk by ʼn plattelandse skool in Nqutu, naby Dundee.

Sedert die skokvideo aan die lig gekom het, het ses skoliere na vore gekom en beweer hulle het met die betrokke onderwyser geslaap, het Mthethwa gesê. “Al die skoliere is 14 of 15 jaar oud,” het hy gesê.

Volgens Mthethwa het Mthandeni Dlungwana, die LUR vir onderwys, die skool Donderdag besoek om ʼn saak van statutêre verkragting teen die onderwyser aanhangig te maak. Die wettige ouderdom vir instemming tot seks in Suid-Afrika is 16, maar die Skolewet verbied seksuele verhoudings tussen onderwysers en skoliere, ongeag hul ouderdom.

Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jef ·

Op skole is kinders nie meer veilig nie, n onderwyser se taak is mos om die kinders te leer en n veilige leer omgewing te skep en orde te handhaaf in hulle klas.
Skors is nie genoeg nie gooi die onderwyser in die tronk waar hy hoort.

Wilmien ·

Liewe hemel, wanneer gaan al hierdie lelike dinge wat nou oral kop uitsteek eindig ? Ons moet nooit ophou bid vir ons kinders en kleinkinders se veiligheid nie !

Adeline ·

Stem saam Joaan! Genade tog, dis so walglik! Ons leef in n SIEK land/wereld! So ding mag nooit weer met kinders werk nie.

Marina Appelgryn ·

Onthou aan einde van dag is dit keuse wat jy maak! Dalk hul dit toegelaat vir beloftes soos skool prestasies? Hoor van baie gevalle waar jong meisies gewillig is vir “geld ens” ? Dit is x van onderwyser maar dalk nie alleen skuldig? Nie so gou oordeel jul nie sy kant gehoor!

Hanlie ·

Marina ek hoor jy wat jy se maar ek stem nie saam nie. Hy is die onderwyser en moet van beter weet. Hy kon “nee” se! En dit is wat jy per slot van sake van ‘n volwasse man EN Onderwyser verwag. Ek gee nie om wat hy se nie = hy was die volwassene.

fred ·

ag, dit ontsteld my nie eens nie. Dit is hul kultuur. Niks wat jy daaraan kan doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.