Onderwyser het glo graad 10-leerder verkrag

(Argieffoto/Unsplash)

Mmaphefo Matsemela, Noordwes-LUR van onderwys, het bewerings van seksuele aanranding op leerders in die provinsie ten sterkste veroordeel.

ʼn Onderwyser van Pinagare Secondary School in Taung is in hegtenis geneem op aanklag van die verkragting van ʼn 16-jarige Graad-10-leerder, het Elias Malindi, woordvoerder van die polisie, gesê. Die onderwyser is Dinsdag vrygelaat op borgtog.

Die onderwyser is ook voorlopig geskors hangende die ondersoek.

“Ek veroordeel ten sterkste enige saak van seksuele aanranding op enige leerder in die provinsie,” het Matsemela bygevoeg. “Die departement beskou die bewerings in ʼn baie ernstige lig en voorlopige skorsing beteken dat die ondersoek sonder inmenging kan plaasvind.”

Matsemela maan leerders om nie stil te bly wanneer enigiemand hulle teister nie. “Meld dit aan by jou ouers, die skoolhoof of enige onderwyser wat jy vertrou.”

ʼn Span beraders van die departement is ontplooi om die leerder, familie en ander leerders, insluitend onderwysers wat deur die voorval geraak is, by te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Persheks Adri ·

Gee borg sodat dit weer gedoen kan word eish. Wêreld is siek verby. Die gemeenskap gaan hom vinnig uitsorteer

Persheks Adri ·

Stem AJ siek in die kop magtag! Dit walg my. Hy kan bly wees dis nie my kind nie

lodewyk ·

Se maar niks,dus hoekom ons met alle mag ons skole moet verdedig teen duiwels soos die,Wat nou EFF en ANC,gaan julle nie die skool afbrand nie?

Petrus ·

Waar is Malema, hoekom gaan sluit hy nie die skole se hekke nie en gaan TOI TOI om hom in ‘n hegtenis te neem nie.

Wat op dees Aarde ·

Indien dit waar is, moet hy uit die samelewing verwyder word. Maar, die ander perspektief is, is dit waar, of voel die kind te na gekom en probeer nou die onderwyser se lewe hel maak? Dalk omdat sy nie goeie ounte gekry het vir ‘n opdrag of iets nie?

Elize ·

Het regter Mabel Jansen haar nie uitgespreek oor die verkragtingskultuur nie en word toe summier afgedank?

Regverdigheid ·

Hoe gee mens borg aan n verkragter,,,neeeeeeeeeeeeee ons land se wette weet nie meer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.