Onderwyser hou wapen in hand toesig by eksamen

‘n Skermgreep van die video wat wys hoe ‘n onderwyser met ‘n wapen in die hand toesig tydens ‘n eksamen gehou het.

Streng toesig tydens die aflê van eksamens word as belangrik beskou, maar ʼn onderwyser by die Mabusabesala Secondary School in Weltevrede in Mpumalanga het dit na ʼn hele nuwe vlak geneem toe hy ʼn graad 11-eksamen met ʼn wapen in die hand dopgehou het.

Die voorval het vroeër die week plaasgevind en die departement van onderwys in Mpumalanga het gesê die onderwyser is sedertdien geskors.

“Die departement beskou die voorval in ʼn baie ernstige lig en het reeds met ʼn ondersoek begin om te probeer vasstel watter omstandighede tot dié optrede gelei het,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Hy sal ook beraders na die skool stuur vir leerlinge wat moontlik deur die voorval getraumatiseer is.

“Gegewe die aard van die voorval, is die skool aangesê om ʼn saak by die polisie aanhangig te maak.”

Die departement het gesê hy sal die skool voortaan ook fyn dophou.

“Hierdie is ʼn geïsoleerde voorval en kan nie geduld word nie, maak nie saak wat die omstandighede is nie. Diegene wat betrokke is by die onderrig en vorming van kinders, moet altyd verseker dat hulle hoë morele standaarde handhaaf.”

Die departement het ʼn beroep op onderwysers en ander betrokkenes gedoen om die waardigheid en goeie naam van die onderwysberoep te beskerm deur enige gedrag wat dit ondermyn, aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

57 Kommentare

Wonder net ·

Wonder net hoe kry die leerder dit reg om selfoon byderhand te he gedurende eksamen…

Jaco ·

Baie goeie vraag. En met hoe dit in skole gaan neem ek hom nie kwalik nie….

Tienie ·

“Wonder Net”

Dit is n Biljoen Doller vraag.

En met n foon in die hand kon hulle wel KROEK

remondo ·

ek wil graag weet hoekom het n leerder n selfoon in die eksamenlokaal??????

Jan ·

Dis so gevaarlik by skole dat ek niemand kwalik neem wat ‘n vuurwapen wil saamvat nie. Hy moet net by die wapenwet hou en die wapen nie opsigtelik en veral nie in die hand dra nie. Waar het hy sy lisensie gekry, en hoekom volg hy nie die wet nie?

Sarel ·

Het die Skoolhoof nie geweet nie? Miskien was die ou al aangerand, wie weet. Wat is die skool se reels rondom Selfone

Dries du Toit ·

President Donald Trump het gese: ” the only way to stop a bad man with a gun is a good man with a gun” Is hierdie onderwyser nou die bad man ????

Petro ·

En die leerder wat met n selfoon eksamen skryf??? Is hy ook geskors? Ek wil ook nie he n onderwyser moet met n wapen rondloop waar my kinders is nie, maar bring net lyfstraf terug, die kinders maak die lewe van die onnies so moeilik en al wat gebeur is miskien detensie en die ouers word gebel? Dis hoekom vandag se kinders altyd die ‘victim’ kaart speel, niks mag met hulle gebeur nie.

Jan ·

Dis deesdae so gevaarlik by skole dat ek niemand kwalik neem wat ‘n vuurwapen wil saamvat nie. Hy moet net by die wapenwet hou en die wapen versteek dra, en beslis nie in die hand nie. Waar het hy sy lisensie gekry en hoekom eerbiedig hy nie die wet nie?

ADT ·

Wat sal die onderwyser se bedoeling wees. Om die kinders te beveilig of om die kinders bang te maak ???

Estelle ·

Hoe het die leerder ‘n foon in die eksamen lokaal terwyl die toets afgelê word??? Dis belaglik. Stem glad nie saam met die optrede van die onderwyser nie,maar baie duidelik is dissipline ‘n probleem en daar moes tog iets gebeur het om die onderwyser te dryf tot so iets drasties?? Persoonlik voel ek die leerder moes ook geskors geword het… Moenie vir my vertel jyt jou foon by jou met jou vraestel voor jou en jy krip nie??

DS ·

Een manier om hulle in toom te hou! Glo my ‘n paar van daardie “onskuldige bloedjies” het ook met hulle eie wapens (messe ens) gesit en eksamen skryf.

Danieb ·

Daar is geen fout daarmee nie. Ek gee hom vol punte daarvoor en sommer n bonus ook as ek kon. Hy doen net waarvoor hy daar is, m.a.w. pas die kinders op terwyl hulle nie onder hulle ouers se toesig is nie. Ons bly in n siek land waar mense en kinders daagliks aangeval word en dit is ons plig as grootmense om ons kinders op enige manier te beskerm. Mooi so.

Danien ·

IOL › za › capeargus › news › two-arme…
Web results
Two armed robbers score 50 phones after breaking into Sea Point High School | Cape …
Dalk omdat daar al di week ingebars is by klaskamer en 50 fone geroof is?

tw ·

Hoe op dees aarde!!!!!!!! Ek dog daar is n wet teen die openlike vertoon van n vuurwapen. Het hierdie land werklik so erg verval dat ons kinders in sulke omstandighede moet skoolgaan. Ek sou dit nooit kon glo 25 jaar terug nie. Dit is soos n April gekkedag grap. As daar nou n skelm moet instap gaan daar mos n klein oorlog begin, en wat word dan van die kinders. Hoe word so iets toegelaat? Daarvoor is daar mos sekerheids maatskappye.

Sê net ·

Heh heh! Ek het nou lekker gelag vir die kommentaar. Dit moet as ‘n grap bedoel wees want niemand kan sulke stelling ernstig maak nie…

Riekie ·

Uhm, soos wat dinge in die land gaan, dink ek dit is juis daar om homself teen die kinders te beskerm.

marous ·

As die papbroekige regering onderwysers toelaat om met ‘n rottang te loop sal dit nie nodig wees vir ‘n wapen nie . Vra vir die man waarom en sit dit oorsee dat die buiteland kan sien wat se sirkus dit is waarvoor hulle harverdiende geld geskenk word .

Judge Dredd ·

……en niks sal gedoen word om die oorsprong van hierdie probleem op te los.

Ekke ·

Ai tog, sit met ‘n selfoon in die eksamenlokaal / klas en nou moet daar weer skielik beraad word….

Lana ·

Wapenwet vereis egter dat wapen “versteek” moet wees aan die eienaar. (Nie oop en bloot sigbaar nie).

Wessel ·

Skool Moet ook ondersoek word hoe hulle eksamen reëls toepas……

Anoniem ·

Die LUR hou hom besig met ander dinge – ‘get real’ Jou onderwysers werk in gevaar – skors die persone wat die skrikbewind in die skole veroorsaak !

James ·

Waar is Lefusi???, hy nog te besig met Afrikaans. Terwyl dinge skeef loop.. maar ja die gaan seker n werklikheid word vir skole… leerders is heeltyd bewapen.

@James ·

Dié skool is in Mpumalanga. Lesufi kan net sy skrikbewind in Gauteng toepas, waar hy werk. Alle ander provinsies val buite sy Afrikaans must fall beleid.

honourable member ·

Is so iets toelaatbaar. Hoe gaan dit wees as almal nou met wapens en wat ook al by die eksamen lokale opdaag. Iemand raak net emosioneel en dis n geskietery. Weet nie so lekker of ek hou van hierdie een nie.

Lana ·

Geluk aan die onderwyser. Meneer, jy het dit reggekry om mense bewus te maak van die HELSE GEVAAR wat deesdae ons skole bedreig!!!

Regs! ·

Glo dit is ‘n speelgoed geweer en nou word als weer uit verband geruk soos gewoonlik!

Liezl ·

Liewe land, as jy ‘n wettige wapen eienaar is, dan loop jy nie so met jou wapen in jou hand nie. Hy moet in ‘n holster wees en verkieslik nie sigbaar nie.

Wielspore ·

Die onderwyser se optrede is teenstrydig met die wapen wet vir privaat eienaars, sy wapen moet versteek wees en hy kan hom ook nie in ‘n posisie plaas as beskermer terwyl hy omring is deur sagte teikens.

Elna ·

Baie goeie afskrik middel vir leerders wat wil kanse vat. Mens moet jouself bewapen ten alle tye in hierdie land en veral in skole. Mooi so meneer dalk skrik die kinders so groot dat alle bose gedagtes sal wyk.

thelsa ·

Ek verstaan die leerder met die selfoon . . . hoe anders gaan hy 35% kry ?

Foxi ·

Onderwyser was seker gedreig. Nee wat, niks vreemds vir my nie. So gaan ons toekoms wees. Jy gaan n lyfwag moet hê net om winkel toe te gaan.

Selfverdediger ·

Die wapen is afgevat by een van die leerders in die eksamenlokaal terwyl die leerders besig was met die eksamen!

Dee ·

Die onderwyser moet n medalje kry want hy het die moed gehad om te doen wat ek graag sou wou doen in die laaste klas waar ek eksamentoesig moes hou.

@tw ·

Wakker word tw, dit is 2019 in Suid Afrika. Dis nogal lagwekkend dat daar berading gereel is vir die wat getraumatiseer is. Dit is vir hulle net nog ‘n dag by die skool.

Marinda ·

Hahahaha, skuus, maar ek kon myself nie help toe ek die berig lees nie.
Is dit wat regtig gebeur het? Of probeer die een wie se wapen dit us dié onderwyser in ñ slegte lig stel.
Aan die anderkant, as mens hoor en sien wat deesdae in die skole aangaan, kan mens hom ook nie kwalik neem nie.
Ek kan nog steeds nie help om te lag nie.
Was daar nie ñ fliek gemaak so goeie paar jaar terug van ñ skool in Amerika waar die onnie ook met ñ wapen rond geloop het nie. Iets oor bendelede in sy klas?

Nê !!! ·

Ag rerig, berading vir getraumatiseerde leerlinge, asof hul nie weet wat wapens is nie? Elke 2de leerling is gewapen, n onderwyser is sy lewe nie seker nie. Hoekom is dit aanvaarbaar dat leerlinge gewapen is maar nie onderwysers nie? Sterkte aan die onderwyser(s).

Pinkie ·

Slim onderwyser. Hy lees seker elke dag koerant en wil net graag sy eie lewe beskerm.

judie ·

Ek persoonlik dink geen onderwyser sal so onnosel wees om met ‘n regte wapen tussen die kinders rond te loop nie. Tien teen een ‘n goeie namaaksel. Ek het self so een destyds in my winkel gebruik. Dit lyk eg genoeg om enige skelm af te skrik. Vat eerder die leerling met die selfoon vas.

PJC ·

Vir onderwysers is daar bedreigings van binne en buite die skool. In Seepunt Kaapstad is ń hele klas se leerders en onderwyser so pas beroof van hul selfone en ander waardevolle artikels gedurende skooltyd deur rowers wat oor die heining geklim het. Dan is daar nog leerlinge ook wat bendelede is en met vuurwapens en messe skool toe kom. Hierdie onderwyser was dus reg deur homself te bewapen. Hy het dit egter net op die verkeerde manier gedoen en moes net beter opgelei gewees het.

Johann ·

Gegewe wat onlangs tydens ‘n eksamen by ‘n skool in die Wes Kaap gebeur het kan die onnie nie kwalik geneem word nie. Ek hoop dat Afriforum dit sal oorweeg om hom by te staan indien hy sy werk hieroor sou verloor.

JuP ·

Verbeel ek my… die video stop agv die voorste kind wat omdraai en dan hoor mens die geritsel van papier… ‘cripnotes’??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.