Onderwyser in hof ná seksvideo

skool-21.jpeg

Argieffoto

ʼn KwaZulu-Natalse onderwyser, wat geskors is nadat hy na bewering met ʼn minderjarige skolier seks gehad het, het Maandag in die Nqutu-landdroshof verskyn.

Die onderwyser, wie se naam nie bekend gemaak mag word voordat hy gepleit het nie, staan tereg op twee aanklagte van verkragting, twee aanklagte van seksuele aanvoorwerk en ʼn aanklag van seksuele aanranding. Die aanklagte hou verband met net een skolier.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die saak is tot 7 September uitgestel vir ʼn borgtogaansoek. Die onderwyser se beweerde oortredings het aan die lig gekom nadat ʼn video op sosiale media versprei is, wat na bewering wys hoe hy met ʼn minderjarige skolier seks het.

Kwazi Mthethwa, die woordvoerder van die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement, het vroeër gesê nog vyf skoliere, 14 en 15 jaar oud, het sedertdien na vore gekom met bewerings dat die onderwyser hulle seksueel aangerand het.

Mthethwa het gesê ʼn taakspan is aangestel om die bewerings te ondersoek. Dit is nog nie duidelik of aanklagte in verband met die ander vyf skoliere ook aanhangig gemaak gaan word nie.

Die wettige ouderdom vir instemming tot seks in Suid-Afrika is 16, maar die Skolewet verbied seksuele verhoudings tussen onderwysers en skoliere, ongeag hul ouderdom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Geskok ·

Dis nou iemand in wie se sorg jy jou kind los….! Wat dink die onderwyser?? Maak van hom n voorbeeld en maak sy identiteit bekend sodat almal kan sien hie n menslike VARK lyk!
Sterkte vd leerder/s en hul ouers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.