Onderwyser in hof na skietdood van verkeersbeampte

hof-hamer

(Argieffoto)

’n 34-jarige onderwyser het in die hof verskyn in verband met die moord op ’n verkeersbeampte vroeër die maand in Mthatha in die Oos-Kaap.

Siphesonke Galoshe het Maandag in die Mthatha-landdroshof verskyn in verband met die moord op Daniel Mxoli (61). Galoshe, ’n onderwyser aan die Tutor Ndamase Senior Secondary School, is op 14 Oktober in hegtenis geneem.

Dit word beweer dat Galoshe op 10 Oktober deur Mxoli afgetrek is en dat laasgenoemde hom vir ’n verkeersoortreding beboet het. “Die verkeersbeampte het sy rug op Galoshe gedraai waarna hy glo met ’n vuurwapen uit sy motor geklim en Mxoli in die rug geskiet het,” het kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke, gesê.

Mxoli, ’n verkeersbeampte van die King Sabata Dalindyebo-munisipaliteit, is op die toneel dood verklaar. Galoshe het gevlug en glo by sy suster in Gqeberha gaan wegkruip. Hy is in hegtenis geneem nadat sy suster hom gedwing het om homself aan die polisie oor te gee.

Galoshe moet weer op 24 Oktober in die hof verskyn wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

SjN ·

Lyk my van lyfstraf afgeskaf is gebruik onderwysers nou n alternatiewe oplossing!!

Henry ·

Hoe is dit dat onderwysers nou vuur wapens dra. Wat het geword van ons land.

kommentaar ·

Wat bedoel jy? Ek en baie ander mense dra ook ‘n wapen. Woon jy dan nie in suid afrika nie?

ES ·

Henry, wat het sy beroep te doen met sy REG om ‘n vuurwapen te besit? Wat het geword van ons land se mense wat slagoffer mentaliteit geniet?

Dries ·

Sy leerders in sy klas moet maar liewer hulle huiswerk getrou doen.

Marcello ·

Ek praat dit nie goed nie, maar verkeersbeamptes oor die algemeen het ‘n “houding” aan hulle wat ‘n menss se bloed laat kook. So paar jaar terug is ek afgetrek buite Swellendam, die verkeersbeampte het my gedreig hy gaan my toesluit, oor die motorband wat volgens hom nie reg was nie. Maar by ‘n boete van ‘n R1000 ook gegee. (Gelukkig was my Prok. saam met my in die motor)..Toe ek die motorband vervang het die motorband handelaar by my wou weet, hoe het die verkeersbeampte dit getoets, en daar was niks met die band verkeerd nie.

piket ·

Lees die eerste twee paragrawe weer! Wie het vir wie vermoor?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.