ʼn Onderwyser is Dinsdagoggend by ʼn skool in Folweni, Durban, in KwaZulu-Natal doodgeskiet.
“Die 48-jarige onderwyser is deur ʼn onbekende verdagte op die skoolperseel doodgeskiet,” het kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, gesê.
Die omstandighede rakende die voorval is nog nie duidelik nie en die polisie ondersoek ʼn saak van moord.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê volgens inligting op die toneel het die onbekende verdagte bloot die skoolperseel binnegeloop en verskeie skote afgevuur.
“Die onderwyser wat in dié stadium in ʼn gang afgeloop het, is in die kop en maag getref.” Volgens Herbst het paramedici die man op die toneel dood verklaar.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Dan word ‘n onderwyser wat rondloop met geweer tydens eksamen om sulke gebeure te verhoed, geskors…
Hoe hartseer is dit nie. En die regering sal weereens niks doen nie, want dit is mos hul manier om werk te skep. Sterkte aan die onderwyser se familie.
Wat op aarde is aan die gang in ons skole?
Liewe aarde wat gaan aan.. maar Levusi te besig met afrikaans…
Hoop julle verstaan nou hoekom ‘n onderwysers met sy wapen moet skool toe.