Onderwyser sterf tydens Parkrun-wedloop

Nico Bekker is tydens ‘n Parkrun-wedloop oorlede.

Nico Bekker, ʼn 55-jarige onderwyser van Vereeniging Gimnasium, het Saterdagoggend tydens die Riviera on Vaal Parkrun in Vereeniging inmekaargesak en gesterf.

Volgens Ross Campbell, woordvoerder van ER24, is paramedici Saterdag omstreeks 08:54 na die toneel ontbied. “By die aankoms op die toneel het omstanders reeds met kardiopulmonêre resussitasie (CPR) begin. Paramedici het oorgeneem en Bekker ʼn uur lank probeer bybring,” sê Campbell.

Ondanks paramedici se poging om dié onderwyser se lewe te red, is hy op die toneel dood verklaar.

Bruce Fordyce, woordvoerder van die Parkrun, het die voorval bevestig.

Bekker is al sedert 2012 ʼn onderwyser by Vereeniging Gimnasium. Die skool het Sondag hul innige simpatie met Bekker se afsterwe in ʼn Facebook-plasing betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Daan Erasmus

Dood het ‘n oorsaak. Dood het nooit ‘n rede nodig om toe te slaan nie. Dit kom nooit op ‘n goeie tyd nie.

Ida Kriel

RIV Nico Bekker. Nog n lieflike mens wat iets positiefs vir die samelewing beteken het, verlore. Sterkte vir sy geliefdes in hierdie tragiese tyd. Mag jul ten minste weet dat hy n vol lewe gehad het en sy beste gegee het.