Onderwyser vas ná tiener verdwyn

(Argieffoto: Kent Williamson)

ʼn Man is vroeër vandeesweek in hegtenis geneem vir die beweerde ontvoering van ʼn tiener wat verlede week as vermis aangemeld is. Die verdagte is glo ʼn onderwyser van die tiener wat Maandag in ʼn huis in Kempton Park gekry is.

Die 15-jarige inwoner aan die Oos-Rand se ouers het hom Vrydag vir die laaste keer by hul huis in Edleen gesien.

Die seun het glo 12:25 die huis verlaat, maar nooit teruggekeer nie.

Sers. Barbara Ferreira, polisiewoordvoerder in Norkem Park, sê die polisie het die tiener Maandag om 21:00 by ʼn huis in Van Riebeeckpark, net etlike kilometers van sy ouerhuis, aangetref. Die polisie het glo ʼn wenk van ʼn onafhanklike lid van die gemeenskap af gekry wat hulle na die kind toe gelei het.

“ʼn 26-jarige man is kort daarna vir ontvoering in hegtenis geneem,” sê Ferreira.

Volgens die polisie is die man een van die kind se onderwysers.

Die verdagte sal na verwagting eersdaags in die Kempton Park-landdroshof verskyn, terwyl die saak nog ondersoek word.

Die ma van die tiener het Dinsdag aan Maroela Media gesê sy is dankbaar haar kind is weer by die huis en dat hy skynbaar geen beserings opgedoen het nie.

“Sonder die hulp van ʼn aantal individue in die omgewing, die polisie en die anonieme informant wat ons gehelp het, sou ons nie my kind kon opspoor nie,” sê sy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Shakespeare ·

Ontvoering van enige aard behoort die DOODSTRAF te kry. Tans is daar GEEN afskrikmiddel nie. Verseker nie met ons patetiese SAPD en regstelsel nie.

Perdeby ·

Die Polisie kan niks aan die straf doen nie dis die ANC wat dit afgeskaf het.

Pablo ·

There us literary now law and order. The SAPS is simply an ANC BEE employment agency

Perdeby ·

Die Polisie kan niks aan die straf doen nie dis die ANC wat dit afgeskaf het.

Toy ·

Wat gaan aan met die mensdom, sluit hom maar toe. Hy is nie ‘n onderwyser se agterend werd nie.

Cecilia ·

Wees net versigtig om te gou te oordeel voordat al die feite bekend is. Ek is ‘n laerskooljuffrou wat ‘n paar jaar gelede vir ‘n kind wat nie in my klas was nie ‘n rygeleentheid gegee het na “haar suster se huis” om te gaan kuier vir die naweek. Volgens haar was dit met haar ouers se toestemming. Haar ouers het my ook byna van ontvoering aangekla was dit nie vir my skoolhoof wat tussenbeide getree het nie. Van daar af ht ek besluit ek help nooit weer ‘n kind wat ‘n rygeleentheid soek nie. Tensy die ouers by is. ‘N Onderwyser kan onskuldig in die moeilikheid beland wanneer jy dink jy help ‘n kind. So wees versigtig met klippe gooi!

Wonder ·

Ek stem saam klink meer vir my die kind wou nie by sy ouer huus wees nie…

E ·

Klink my meer die kind was gegroom deur die onnie, hoop net nie die saak word terug getrek nie, manipulasie is moeilik om te verduidelik en te bewys, en tieners is rebels en soek soms “avontuur” nie wetende wat die prys gaan wees nie.

Phumba ·

Ek het drie kinders en sal nooit eens daaraan dink om n ander kind erens te neem sonder die ouers/voog se toestemming nie. As ek dink die kind het hulp nodig is daar ander opsies wat wetlik veilig is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.