Onderwyser verkrag glo leerder

Argieffoto (Foto: Josh Hild/Pexels)

ʼn 50-jarige verdagte is Vrydag deur die polisie in Thohoyandou, Limpopo, in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 17-jarige leerder van ʼn plaaslike skool verkrag het. Die verdagte is na bewering ʼn onderwyser aan dieselfde skool as waar die leerder ingeskryf is.

Daar word beweer dat die verdagte die slagoffer, wat nou in matriek is, in 2018 verskeie kere verkrag het. “In een van die voorvalle het hy glo aangebied om haar met ekstra lesse te help, maar haar toe eerder na ʼn nabygeleë lodge geneem waar hy haar verkrag het,” het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder van Limpopo, gesê.

Die verdagte het haar toe glo gedreig en ook geld aangebied om stil te bly.

Die slagoffer het uiteindelik verlede maand ʼn saak van verkragting teen haar onderwyser by die polisie in Thohoyandou aanhangig gemaak. Die verdagte is ná ʼn omvattende ondersoek in hegtenis geneem.

Die verdagte sal Maandag in die plaaslike landdroshof op drie aanklagte van verkragting voorkom. Die polisieondersoek duur voort.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Francois Le Cochon ·

So, ek ry 3 keer in ‘n boom vas. Eers na die 3de keer word ek beseer en eis dan van die POF.

Ovelia ·

El wens hul wil sulke babare in die openbaar ophang. My dogter is ook n slagoffer

Nie Verbaas ·

Die mentaliteit en arrogansie van ons landgenote bly maar skokkend.

Elizabeth ·

Nee, Francois. Dit is uiters sensitief en dan is daar vrese wat daarmee gepaard gaan as ook skuldgevoelens. Moenie so maklik oordeel. Jy was nog nie daar nie. Ek ook nie.

Excalibur ·

Iewers is hier ‘n rookie te bespeur of anders gestel; ek ruik ‘n dooie rot. Die tydsverloop, ‘n lekker Lodge verblyf, ens en dan as die gunsies & gawe bekertjie leeg is word daar uiteinde “BYLAE 1 MISDAAD” geskree… Hoekom is daar nie met eerste poging/voorstel al “MISDAAD” gerapporteer nie en/of na die eerste onwettige daad?? Ek stem volkome met Francois Le Cochen se verskuilde opmerking saam. Ironie gaan wees, een slaag matriek met al die steun & bederf hoe verkeerd ookal en die ander se kiering gaan braai vir statutere verkragting bleik dit my terwyl altwee se kieringtjies gebraai moes word.

SjN ·

Die vergoeding het seker op geraak of verminder soos ooreengekom.

Debbie ·

Daar behoort n wet te wees wat mense net 3 maande gee om n krimenele saak te rapporteer en nie jare nie.

christo ·

Hierdie tipe optrede sou voorheen doodstraf verdien het. Onderwysers is in ‘n vertroue spesie en leerders is veronderstel om veilig te wees by die skool. Iemand moes bewus gewees het van die verhouding tussen dié twee. Hierdie tipe mense hoort nie in die onderwys nie. Die hoë werkloosheidsyfer in SA veroorsaak dat die verkeerde mense in belangrike beroepe soos onderwys, polisie, verpleging en korrektiewe dienste en die weermag beland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.