Onderwyser vir eers verwyder ná bekgeveg met ouer

Die Fred Norman Secondary School in Ennerdale in Johannesburg. (Foto bloot ter illustrasie: Facebook / Fred Norman Secondary School)

ʼn Onderwyser by die Fred Norman Secondary School in Ennerdale in Johannesburg is as ʼn voorsorgmaatreël tot verdere kennisgewing by dié skool verwyder ná ʼn verbale argument Vrydag glo met ʼn ouer van een van die leerders uitgebreek het.

Die onderonsie, wat glo ten aanskoue van leerders plaasgevind het, is op video vasgevang en intussen wyd op sosiale media versprei.

Die Gautengse onderwysdepartement het Maandag in ʼn kort verklaring gesê dat ʼn ondersoek na die voorval sedertdien van stapel gestuur is. Dit is nie in dié stadium duidelik wat tot die argument gelei het nie. Die departement sal egter die uitkoms van die ondersoek bekendmaak sodra dit afgehandel is.

“Opvoeders moet altyd voorbeeldige figure by ons skole wees deur goeie gedrag te handhaaf en ons leerders met waardigheid te onderrig,” het Steve Mabona, woordvoerder vir die departement, in ʼn verklaring gesê.

Die departement doen ook ʼn beroep op ouers om gepaste kanale te volg indien hulle enige griewe het.

“Verder is skole instellings van onderrig en dit moet as sodanig behandel word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Voorbeeldig? Goeie gedrag? Waardig? Jul praat mos nou met die verkeerde een. Indien ek vandag ‘n onderwyser moes wees was ek lankal in die tronk. Hoe kan jul dit van onderwysers verwag indien baie leerlinge wragtig GEEN respek toon teenoor die onderwyser nie. Op elke skoolterrein moet ‘n monument vir onderwysers gebou word! Spreek asb hierdie bedorwe en ongemanierde leerders aan! Los die onderwysers uit. Baie gaan elke dag deur hel en terug!

Ronel ·

Is ‘n swart onderwyseres wat vir ‘n ouma wat ‘n kleurling is sy hou nie van kleurlinge nie en dat sy ‘trash’ is

Christine ·

Ek sou graag daai video wou sien, maar is mos nie blanke betrokke nie, nou word dit nie gewys nie.

Trotse Boervrou ·

Ronel ja, dit is glad nie reg nie wat sy gesê het nie maar ek glo nie die onderwyseres het sommer vanself na die ouma geloop en haar hierdie goed toegesnou nie. Ek dink mens moet vra waarom het hierdie onderwyseres haar limiet bereik?

Lillian ·

Deesdae se kindertjies het niks maniere of respek vir enigiemand nie, en die onnies is altyd verkeerd. ‘n Goeie pakslae op sy tyd, is gesonder as ‘n bord kos, het my pappa altyd gesê.

SjN ·

Dit is omdat die rottang nie meer die praatwerk doen nie, Geen respek meer.

Hoekom ·

Swot 4jaar lank om soos gemors gehanteer te word. Die kinders is jou baas, die ouers is jou baas, die regering is jou baas. Dit is beter net om strate te vee…

VaalDonkie ·

Onderwysers kan net so lekker varkerig wees. Ek moes vir drie jaar in die laerskool onder so een deurloop. Ek was later so kwaad dat my skoolwerk daaronder gely het en ek woede uitbarstings gehad het. Maar dit het dinge net nog erger gemaak. As ek hom as volwassene moes raakloop sou ek seker ‘n naweek in die selle moes deurbring.

Hasie ·

Ek was onderwyser gewees.Daar is GEEN disipline in die huishouding nie .Kinders word nie geleer dat vir Elke aksie is daar ‘n teenoorgestelde reakise nie.Kinders word nie tot verantwoordelikheid geroep nie. En Ouers probeer die kinders Se vriend te wees en nie die ouers nie. Ek Kan totaal daardie onderwyser Se frustrasie verstaan.Jy gee 110%vir die Kinders om hul te lei en leer en kry slegs 10% terug.En dan wil die ouers weet hoekom druip hul kinders ,want dit mos die onderwyser wat moet toe Sien dat bloedjie slaag.

Voilet ·

Dit is LANKAL nie meer die onderwysers se skuld nie….die leerders toon GEEN respek meer nie!!!! Dan moet die onderwysers steeds voorbeeldig wees????

Skrik wakker…… kyk in wat se toestande word hierdie kinders groot. As ‘n kind nie eers respek het vir ‘n onderswyser nie, hoe gaan dit net nie in hul huise nie!!! Dit is die ouers wat fail hier met hoe hul die kinders groot maak….kyk net hoe vinnig hardloop hul media toe met video’s!!!

Nette ·

Alle selfone moet verban word by die skole, iemand staan altyd reg om ‘n video te maak…

Elize ·

Dis die ouers se skuld. Hulle wil tjommies wees met hulle kinders. Hulle wil nie ouers wees nie.

Snuffelgids ·

En nou word net die onderwyser uitgesonder en gestraf? So hulle is maar slaansakke? Dis tyd dat ons opstaan vir die onderwysers, want daai ongemanierde kinders moet n klas deel saam my goed gemanierde kind

Charl ·

Ek sit in dieselfde situasie en één ding is seker, daar is GÉÉN dissipline meer in die skole óf by die ouerhuis nie, kinders lag jou ín jou gesig uit wanneer jy hulle aanspreek en ek praat híer van láérskool leerlinge ! Vandag se ouers (gelukkig nie almal) is te slapgat om hulle kinders te dissiplineer nou wonder ek hóé is húlle grootgemaak, het húlle nooit pak gekry en besef dis wat gebeur as jy nie luister nie en nie respek vir jou meerderes het nie ?? En hierdie selfde slapgat ouer wil nie besef dat sy/haar onbeskofte, ongemanierde, ongedissiplineerde klein bloedjie éíntlik die oorsaak van onderwys personeel se frustrasie is nie !!!

Jurie ·

Die manier hoe die ouma die onderwyseres aangeval het is tekenend van die respek wat in daai ouerhuis gehandhaaf word. Sonder om voorbeoordeeld te wees kan jy sien dat respek totaal en al afwesig is en gepaardgaande daarmee sal dissipline ook daarmee heen wees.Dit is ongelukkig tekens van die tye waarin ons jeug grootword en voorspel dit niks goeds vir die toekoms nie.Sogenaamde leiers van die toekoms ????

Catherina ·

Boeta…… partykeer wou ek ouers aan nek self gryp!. Hulle het geskree en gevloek…..ek het net stilgebly. Na hulle uitgeskree en gevloek is, het ek net gesê….Kom stap saam en dan kry jy vir jou kind oorplasingsvorms na n ander skool met n beter onderwyser. Left them gobsmacked!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.