Onnie geskors oor apartheid-opmerking op vraestel

Southdowns College. (Foto: Foursquare)

ʼn Onderwyseres aan Southdowns College in Centurion is sonder meer geskors ná ʼn Twitterplasing wat beweer sy het onregmatig opgetree toe sy ʼn opmerking oor apartheid op ʼn leerder se vraestel gemaak het.

Anita Malan, ʼn gr. 9-geskiedenisonderwyseres, is Woensdag geskors hangende ʼn dissiplinêre ondersoek. Die ondersoek hou verband met ʼn twiet deur die Twitter-gebruiker “Tsepo” wat lui: “My vriend se dogter is ʼn graad 9-leerder aan Southdowns College. Sy het punte verloor op ʼn vraag oor ʼn politieke kwessie (apartheid) omdat die onderwyseres nie met haar saamstem nie.”

Hy het ʼn foto van die leerder se antwoordstel ook op Twitter geplaas. Op ʼn vraag oor die redes vir armoede skryf die leerder dat ʼn gebrek aan gehalte-onderwys die oorsaak is van armoede en dat swart leerders gedurende apartheid skole van swak gehalte moes bywoon, terwyl wit kinders in goeie skole skoolgegaan het. Langs die vraag het Malan in rooi geskryf: “(Apartheid) was ongeveer 30 jaar gelede. Behoort dit steeds ʼn impak te hê?”

Die gewraakte Geskiedenis-antwoordstel. (Foto: Twitter)

Magalan Pather, die hoof van Southdowns College se hoërskool, het aan Maroela Media bevestig die onderwyseres is Woensdag met onmiddellike inwerkingtreding geskors na aanleiding van haar “onvanpaste” gedrag en die saak word ondersoek. “. Die opmerking word in ʼn baie ernstige lig beskou,” sê hy.

Simon Riekert, Malan se regsverteenwoordiger, sê hulle het reeds die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) genader aangesien die skorsing volgens hulle onbillik is. “Dit lyk of dié soort skorsings al meer algemeen raak. Dit is bitter jammer,” sê Riekert.

Hy sê sy kliënt is ook ontevrede oor ʼn e-pos wat aan ouers en onderwysers gestuur is, waarin dit blyk dat Malan reeds skuldig bevind is. “Die e-pos verwys na Malan se ‘onbehoorlike gedrag’. Dit plaas haar in die verleentheid by ouers en ander onderwysers,” sê Riekert.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit-vakbond, het die skool se optrede veroordeel. “Optrede soos hierdie maak dit vir gewone goeie onderwysers bykans onmoontlik om skool te gee. Hulle moet heeltyd fyn trap in ʼn rasmoeras. Op die oog af het hierdie geval niks met die onderwyseres se rasvooroordele te doen nie, maar alles met ʼn rasbehepte samelewing.”

Hy sê die onderwyser is op sosiale media aangekla en skuldig bevind, sonder om die onderwyseres te betrek. Elana Barkhuizen (die laerskoolonderwyseres van Schweizer-Reneke wat óók geskors is weens beweerde rassisme) het gewys hoe gevaarlik dit is om gevolgtrekkings net op grond van sosiale media te maak,” sê Hermann.

Hy sê Suid-Afrika se geskiedenis is nie eendimensioneel nie, maar kompleks. “Kinders moet leer dat eenvoudige antwoorde dikwels nie volledig is nie. Hierdie onderwyseres verdien ʼn kompliment, nie ʼn skorsingsbrief nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

141 Kommentare

Loutjie ·

Ek sien geensins iets foutief aan die juf se opmerking nie. Hoelank gaan apartheid nog die skuld kry vir vandag se situasie?

Christa ·

Dit is absoluut belaglik!! Waar gaan hierdie absurdheid draai?

JAN ·

Dit ouer en die skool se optrede is soooo verregaande – – arme onderwysers kan nie meer behoorlik klas kan gee nie. Hulle moet heel tyd op hul tone loop – bang vir iemand wat hulle wil aanvat! En nog iets…. blankes moet ook NOU ophou om verskoning vir wat hulle doen of se te vra! Elke dag lees en hoor ek hoe ‘n blanke omverskoning moet vra vir ‘n uitlating! Dit is so absurd!

De Villiers ·

Het die DA, ANC en EFF al om verskoning vir Elana Barkhuizen gevra vir hul kinderagtige optrede waarin hulle bevoordeelde opgetree het sonder om hulle eers van die feite te vergewis? Dit was so onnodig, maar gelukkig het geregtigheid geseëvier. Dit sê nogals iets van hierdie partye se waardestelsels en karakter vir die feit dat dit nog nie gedoen is nie.
Ek hoop juf. Malan gaan ook vry hiervan kom, want sy’t het absoluut niks verkeerds gedoen nie.

Elite ·

Southdowns Kollege skoolfooie, huispryse, ens ens. Wat ‘n absolute elitistiese gemeenskap, maar die persoon verwys nog na apartheid?

Hoeveel BEE begunstigdes woon in SD’ s?

My kinders? Provinsiale skool opvoeding, geen bevoorregting relatief tot hierdie situasie.

Lalie ·

Presies net so Arno. Apatheid sal altyd die skuld kry en ons Wittes sal altyd die sondebok wees. Skors sommer die hoof ook.

Joubert ·

Ek sien dit was eers 5/10 gewees… Laat my wonder of dit nie verander is om die saak te sterk nie.

Anina Crous ·

Is dit net ek of is daar ten spyte van die vraag wat in die kantlyn gevra word, nog steeds ‘n REGMERK oor die antwoord. Dis dus nie in die antwoord waar punte verloor is nie.
Ek vra maar net …

Izolde ·

Regtig !!!!!! Word die woordjie apartheid nie NOU bietjie te ver gedruk en totaal uit verband geruk NIE. Graad 9 Juffrou ek dink jou teenvraag was puik. Vandag se graad 9 leerders het NIE eers apartheid beleef nie so hoe de hel will hulle saampraat. Die kind het nie geleer nie …kry 5/20 en nou moet die onnie weer instaan vir die leerder se intulekte onvermoë om net ‘n bietjie verder te dink. Ek weet ook NIE waarvoor die bohaai gaan NIE…die leerder gaan mos in elk geval deurgesit word so hoekom nou so tekere gaan. Dis die oningeligde jeug van vandag wat hulle hulle eie toekoms in die gutters werp. So graad 9 leerder en haar vriend julle sal maai wat julle saai. Graad 9 juffrou ek hoop jy sal due blygemaakte HOOF onder sy jis skop. Hy wat na sy medewerkers moet kyk draai sy rug vinniger as Judas. Hou jou kop hoog. Jy gaan hier uitstap met meer mense agter jou as die leerder of die blygemaakte hoof.

Stuiwer ·

@Anita, jy is reg. Die leerder sê swak skool opvoeding is rede vir armoede. Die juffrou stem saam maar vra dan of apartheid steeds ‘n impak behoort te hê. Geldige vraag, maar die punt is steeds toegeken.
@Joubert, jy is ook reg. Ek het ook opgemerk die punt was uit 10. Elk geval, as die vraag 20 getel het is daar mos hopeloos te min inligting om 20 punte te regverdig.

Wondermaarnet ·

Met ‘n punt van 5 uit 20 is dit seker ook iemand wat wil onderwys gaan studeer en seker maak die goedjies bly agter sodat die skuld op wit Suid-Afrikaners gepak kan word vir nog 50 jaar. Shame, leer eerder en hou op probeer moeilikheid maak. Wonder hoe oud is die gr. 9 leerder…..

Koos de Meyer. ·

As die waarheid gepraat word dan is dit rassisme, wie se skuld is dit as die skole afgebrand word. Hy weet nie wat apartheid is nie. Gister gebore en dan is dit apartheid. Swak, pateties, wat maak hy dan in ‘n goeie skool. Maar weereens if you can’t win them join them. Jammer dat ons mense al hoe meer die knie buig. Ek skaam my vir die skool se optrede.

Jacky ·

Ek dink dis belaglik. Die onderwyseres het haar goed van haar taak gekwyt. Maar dis soos dr Dirk Hermann sê. En die slegste deel daarvan, die “tenagekomene” gaan nou die held wees, oor kwessies van byna 3 dekades gelede. Hulle moet ook maar leer ń brug bou en daar oor kom.
Sterkte vir die Onderwyseres.

Juffrou ·

En dan wil hulle geskiedenis verpligtende maak waar die sillabus seker net een kant v ons geskiedenis gaan mág insluit, want die res gaan die onderwysers geskors kry. In ‘n onderwerp oor developed and developing countries se populasie groei is ek ook aangekla. Hoe verduidelik jy dit sonder om na armoede, ontwikkeling, gebrek aan skole e gesondheid sorg e geboortesyfers te verwys, wat in elk geval in d handboek is. Die mense wat hierdie tipe sake moet ondersoek sal verseker moet begin om emosies uit te hou e net na feite kyk. Persoonlik sien ek niks fout met wat d juffrou gedoen het nie. Inteendeel help so opmerking d kind in ‘n volgende vraestel.

Johan ·

Dit kan waar wees dat Blanke Onderwys destyds beter daaraan toe was. Maar ek stem stem saam dat daar vandag ernstiger faktore is. Soos die bevolkingsaanwas, korrupsie en swak bestuur.
Die kind het nie vol punte vir haar vraag gekry nie omdat sy nie na ander faktore gekyk het nie. Het soos die mode tans is, alles deur ‘n rassebril gesien…..

Sandra ·

My gesonde verstand sê vir my `n mens moet nie eers `n debat daaroor begin nie .Die feit dat sy op die vraestel hom geantwoord het met `n vraag is `n aanduiding van `n begin van `n debat. Dit was altyd vir my `n raaisel oor die soort vrae in vraestelle. Jou opinie teenoor die onderwyser se opinie . Wat is die regte andwoord ? Jou redes vir armoede en my redes vir armoede sal dalk nooit ooreenstem nie. Die vraag is , was daar in hul handboeke antwoorde wat volgense die kenners die korrekte antwoord op die vraag is wat hul net so moet aanhaal?

Martiens ·

Dit is belaglik. Net so word ons kinders verplig om onwaarhede oor die verlede te leer en te “glo”. Ons bly lankal nie meer in n demokratiese land nie. Dis so goed jy word aangekla omdat jy weier om ons verslonsde volkslied te sing omdat volgens jou geloofsoortuiging, die inhoud daarvan nie volgens jou oortuiging sin maak nie. So jammer ons kinders en onderwysers bevind hulle in hierdie situasies.

Zijn ·

Die feit dat sy ‘n teenvraag stel, wat dialoog uitnooi, is ‘n teken van ‘n onderwyser wat genoeg OMGEE om te PROBEER om kinders te stimuleer om te begin leer om selfstandig te dink. Is dit nie juis die kern van onderwys nie? Southdowns College plaas ‘n groot vraagteken oor hul toewyding aan gehalte onderrig! … en SIES hoof…swak!

Anel ·

Dit is hoekom dit beter is as Afrikaanse en blanke kinders en onderwysers in Afrikaanse skole bly. Laat die ander maar dan masr opsnork op hul eie. Ook nou keelvol vir alles. Hoe miet onderwysers skoolhou as alles bevraagteken word? Wat faan febeur as Geskiedenis ‘n verpligte vak word?

Zijn ·

Gewoonlik wil ouers hul kinders in skole sit waar hulle VERTROU hulle kinders goeie opvoeding gaan kry. Dit is te verstane dan dat daar Swart gesinne sal wees wat soveel sal betaal as wat hulle vermoë toelaat, want hulle WIL ‘n goeie opvoeding vir hul kinders hê; en dan is hulle nie gekant daarteen dat een of dalk die helfte of selfs die meeste van die onderwysers by die skool van hulle keuse Wit is nie.

Maar nou het Southdowns College se bestuur met hul uiters swak besluit veroorsaak dat die spreekwoordelike tor weer van die bootjie afval! Dit beteken, en lees hier!: VERTROUE is dadelik geskend tussen alle partye, AGTERDOG en VYANDIGHEID is nou aan die orde van die dag. Deur hulle veragtelike verraad van hulle GOEIE onderwyseres het Southdowns College polarisasie vererger.

Wil iemand nie net vir die hoofspreker daar verduidelik dat “fighting [public] fire with [public] fire” is dwaas nie? HOE moet daar nou versoening tussen Juffrou en student bewerkstellig word? En tussen skool en ouers? … En tussen skool/hoof/raad en [hardwerkende, welmenende, bevoegde] werknemers?

riaan ·

Ek hoop dat afrikaanse ouers almal hul kinders uit daai skool neem. Mens het nie hierdie gedrag van skool bestuur nodig nie. juffrou Malan se kommentaar was niks mee fout nie. Sy word nou n slagoffer omdat sy haar werk eerlik en reg doen. Skandelike gedrag van die skool bestuur.

STIENIE ·

Dis hoekom my kinders home schooling doen. Het nie lus vir die stories nie

Juffrou ·

Ja en eerder kla en op d holrug perd ry as om jouself uit d situasie te kry. Ek sê baie vir kinders JYSELF en nie jou verlede, bepaal jou toekoms.

Maria Boshoff ·

Jaaa, en “hulle” eie tekortkominge, soos hier uitgewys deur die onderwyseres , wíl hulle net nie erken en aanvaar, nou spring hulle weer op die rassewa! Gerieflike uitkoms. Sy het die wáárheid gepraat!
Fooooitog, is al wat ek hieroor te sê het!

Zijn ·

Mag ek ‘n verskillende mening bring?

Die kind mag nog swak wees, want dis ‘n kind:
Hy/sy kan maar ‘n rassekaart probeer speel vir punte; ‘n slagofferkaart vir geleentheid; maak of hy siek is om skool te bank (…onthou u nog?)… want dis ‘n kind en ‘n kind vat kanse en ‘n kind het leiding en onderrig nodig…en teregwysing, veral deur sy eie ouers! (?)

Die vark in hierdie verhaal, is dalk die hoof/orgaan van effektiewe bestuur by daardie Southdowns College, wat sommer summier die Juffrou skors hangende dissiplinêre ondersoek. Ek vra graag: Het ENIGIEMAND eers probeer om die Juffrou in te roep kantoor toe en haar te VRA wat gebeur het? En het enigiemand ooit probeer om die kind self en sy ouers in te roep en húlle net eers gerus te stel?
(Ek besef ons het nie al die feite nie en ek mag dalk verkeerd wees daaroor, dat die hoof/raad dalk regtig nie hulle gehalte onderwyseres so gering geag het soos dit voorkom nie.)

Op die “rassewa”:
Ons sit met letterlik _geslagte_ van mense in die land – en aan die stuur! – wat, as ons dan nou gaan erken dat apartheidsonderrig het hulle gefaal, dan nou as’t ware amper almal onopgevoed is en kanse vat, maar intussen grootmense geword het wat nie tereggewys wil word nie, en veral nie deur witmense nie (gister-sere). Dis hoekom hulle so tekere gaan: Want hulle kén niks anders nie en hulle laat hulle nie aanmaan nie.

Judge Dredd ·

Lyk vir my of die onderwyseres ‘n vraag gevra het in poging om kritiese denke by die leerder aan te wakker.
Ongelukkig het die leerder, haar ouers en hul vriend, tesame met die Twitter/sosiale media die vraag gefaal.

Amen ·

Inderdaad JD, as iem betrokke by uni’s sien ek dit daagliks – ‘kritiese denke’ mag net in ‘n seker rigting / narratief gedryf word, wat beteken dit is juis nie dit nie.
Daar is ‘n groot leemte wat dit aan betref – ons studente / leerlinge het geen objektiewe begrips- en redeneringsvermoe.
(Eintlik in baie opsigte soos sesjariges…)

W ·

Ai, daardie Juffrou se vernedering en ontbering… só onnodig…

Kerneels ·

Rede vir armoede. Te veel mense. Daar is net te min huise, werke en alles vir die baie mense.

Koos Koekemoer ·

Ek glo die opmerking is gepas ! Sy is tog ‘n opvoeder en dit behoort die student in retospek laat dink het. Skandelik !

Niklaas ·

Sulke sensitiwiteit sal my altyd verbyster, maar laat almal maar ‘n les hieruit leer. Moet nie eers praat oor apartheid of enige rassistiese gedagtes. Vermy die onderwerp soveel moontlik . Deesdae is daar mense wat net wraak soek oor dinge waarvan hy nooit ‘n slagoffer was nie , en dan selfs bedrae geld probeer eis (kyk Etsebeth saak) . Dit sal nooit staak nie en ons moet dit nou aanvaar.

jakes ·

Die onderwyseres het absoluut korrek opgetree. Apartheid sal verewig voorgehou word vir die rede vir onbevoegdheid, luiheid, swak dissipline, klipgooi en brandstigting. Na 25 jaar aan bewind bewys die regering dat die land reeds oor die afgrond is en n derdewereld hool geword het. Die onderwyseres moet beloon word vir haar eerlikheid.

Gert van Wierdapark ·

Geld praat natuurlik hard! Ek glo South down College is nie ‘n goedkoop om by te “stu-deur” nie! Nou is die deur sommer net so in die onderwyseres se gesig toegeklap. Die kruiperige oogklap-benadering ten koste van behoorlike onderwys, is lag-wekkend verby. Nog’ n vroee April-grap! Eish!

Rocky ·

Ek stem saam met Dr Dirk Hermann, sy verdien ‘n kompliment .

Blondie ·

Dit is waar wat sy sê maar, jy kan dink wat jy wil, maar jy mag nie sê wat jy dink nie.

Hans ·

Ongelooflik-vertrou die onderwyseres dagvaar die skoolhoof asook die bestuursliggaam vir miljoene vir naamskending ens.

Jacques ·

Dit is belaglik verby . Ek reken dat onderwys , gesondheid en alles beter gewerk het voor 1994 , ek vra net . Sterkte aan die onnie .

CJ ·

Nou wat, volgens die Dept. het die onderwyseres verkeerd gedoen? In my opinie is n verkeerdmerk sonder kommentaar nutteloos! Die opmerking dui n gefundeerde teenvraag aan, bedoelende die leerder moet in ag neem dat die “A” sedert 1994 nie meer in praktyk te vinde is nie (miskien omgekeerde “A”, ja. )^^ Maar “A” word na 25 jaar, n KWART EEU, nog steeds as verskoning vir alle probleme op alle terreine aangevoer. Nee wat, die geskiedenis na 1994 gaan skynbaar nooit verander nie. Selferkenning van eie falings gaan nooit n werklikheid word nie. Dit was altyd eerbaar om jou eie foute te erken, die lesse wat jy daaruit geleer het te benut en dan op jou foute te verbeter om dit verder te vermy. Ek sien regtig geen rede waarom die onderwyseres geskors moes word nie. Sy het n rasionele, opvoedkundige vraag gevra wat nou weer onnodiglik tot n politieke monster verdraai word. Afriforum, Solidariteit, help hierdie dame asseblief. Sy is ook n menswaardige landsburger volgens die Grondwet, wat nou blootgestel word aan onnodige vernedering, regtig waar. Hierdie tendense ontmoedig ons kinders om Onderwys as n beroep te oorweeg. en die onregverdige vervolgingsveldtogte saai onnodige vrees onder ons onderwysers, wat die kwaliteit van onderrig nadelig beinvloed. Onberekenbare skade!

Mariette Stoltz ·

Die opmerking op die antwoordstel is volgens my ‘n poging om kritieke denke te stimuleer. Apartheid het negatiewe gevolge gehad, maar wat nog? Wat het in die laaste 30 jaar bykomend bygedra? In die werkplek is daar ook diegene wat die eerste maklike antwoord of oplossing aangryp wanneer daar operasionele probleme opgelos moet word. Geen logiese probleemoplossing nie. Behoede ons van sulke heup- skieters. Mnr Pather sou ook kon baatvind by meer takt en insig. Ek sien geen “onbehoorlike gedrag” wat skorsing regverdig nie. My kinders is oudleerlinge van Southdowns en ook van mev Malan. Hulle is met respek en liefde onderrig. Onder leiding van Southdowns se toenmalige hoof en uiters bekwame onderwysers en onderwyseresse is ons kinders in ‘n nie-rassistiese skoolomgewing kritiese denke geleer, dat hul vir regverdigheid moet staan en as volronde leerlinge die wêreld ingestuur. Wanneer nodig, is probleme met baie geduld en regverdigheid aangespreek. Ons sal ons plig versaak om nie kommentaar te lewer op die huidige onsmaaklike gebeure en aanval op Mev Malan se karakter en integriteit nie. Sterkte Mev Malan, jy verdien dit nie.

Karma ·

As EK 5/20 gekry het vir ENIGE taak of vraagstuk/begripstoets, sou ek nie so gretig gewees het om dit met Jan Alleman op sosiale media te deel nie. Nee, allawrintiewaar, 25% vir ‘n taak/vraagstuk/begripstoets??? My boude sou vir seker gebrand het – dit was nou in die tyd toe ek nog op skool was (±50 jaar gelede!) en toe mens se ouers nog die reg gehad het om jou te foeter (die boompie te buig terwyl dit nog jonk is).

Ampie ·

Kan nie glo!!! vir hoe lank gaan ‘apartheid’ nog die skuld kry, nog 100 jaar? baie gerieflik om apartheid die skuld te gee en ook om die rasse ‘kaart’ te speel wanneer dit hulle pas…. Juffrou se opmerking was in die kol,

Peet ·

Mr Pather dalk het Magalan nie regtig reise onderneem nie.
Nie nodig om onnie te skors omdat: sy kritiese denke aanwakker. Sy net haar werk doen.
Nou is almal gereed om geskiedenis te modifiseer en meer aanvaarbaar te maak.
Soos Gretha Thunberg gesê het mr Pather -Shame on you!
Wag nog vir die oomblik dat die term korrupsie versag word met’n term soos kreatiewe boekhouding.
Besef u nie dat die deel is van “dumbing down” nie.

AV ·

The further a society drifts from the truth, the more they will hate those who speak it. – George Orwell.

Sterkte aan ‘n leerkrag wat nog vraestelle merk, leerders aanmoedig om vir hulleself te dink en haar bemoei met haar vak. Hulle raak skaars.
Vertrou dat in ‘n siek ANC samelewing hierdie tipe onderwyser geteiken en geskors word, terwyl ander aflê, punte verkoop vir seksuele gunste en skaars ‘n graad 4 Wiskunde vraestel kan deurkom, terwyl hulle Wiskunde onderwysers is.

Anoniem ·

Ek sien niks verkeerd daarmee nie. Die leerling sal ek sě het dednetief ň ander uitkyk op aparteit. Ek dink nie sy verstaan so lekker nie. Sy was nog nie eers gebore nie. Die juffrou het niks verkeerd gedoen nie. Ai en sy is blank. Wonder as dit ander kleur was of die onderwyser ook geskors so raak.

Alet ·

Pragtige reënboognasie wat ons het net jammer dit bestaan net uit die kleur swart.

Boerseun ·

Dit moet erg wees om heeltyd teen n vyand te veg wat nie meer bestaan nie.

Disselboom ·

Mens wonder soms waar mense Herman Mashaba, Patrice Motsepe en Cyril Ramaphosa dan bv leer lees en skryf het? En van die baie doktorsgrade en “doktorsgrade” wat volop is in die ANC-geledere wat in “apartheid” groot geword het, se universiteite het nie die mense se laerskool-onderrig gedoen wat hulle beslag gelê het nie? En in hierdie geval van die vraestel en antwoord is dit weer dat net een siening “wettig” is en geen logika, debat of wetenskap van toepassing is – terwyl CAPS sê die doel is om kinders te leer dink, analiseer en om kritiese denke aan te moedig? Ha-ha.

Martin ·

Anina Crous, spring jy my toe voor. Ek wonder oor diselfde ding. Volgens my kry die leerder punte vir die antw. Daardie is net ‘n opmerking van die onderwyser. Lyk vir my hulle probeer die aandag aflei van die ander swak antwoorde af.

Wingman ·

‘n 20 punt vraag en die antwoord is skaars ‘n halwe bladsy se getjommel. Genade. Plaas laat hulle eerder leer oor die Groot Trek, Bloedrivier en die Boereoorloë.

@ANC ·

Jy is baie verkeerd. Ek sal enige dag van daardie onderwerpe wil leer. Hoe kan dit nonsens wees as dit ons geskiedenis is? Geen mens sal dit ooit kan verander. Ons moet onthou waar ons vandaan kom en dat ons n Gelofte met die Here afgele het.

sweis ·

My geskiedenis my keuse wat ek wil hê my kinders moet leer en om terroriste as ikone uit te beeld is nie my geskiedenis nie.

JohanL ·

Die skandalige optrede in die geval is eerstens die ouers van die leerder wat ALWEER sosiale media toe hardloop en nie die ruggraat het om die kwessie met die onderwyseres self op te neem nie. Tweedens is die skoolhoof se optrede teleurstellend en is dit duidelik dat hy nie by sy onderwyskorps staan nie. Skande!

My kinders is ook in onderwys. Die swart kinders het deesdae ‘n neiging om die onderwysers te druk tot hul limiet en hul uit te lok, om juis ‘n rasvoorval te genereer. Ek glo hulle leer dit by hul ouers.

Alhoewel Me Malan 100% korrek is in wat sy geskryf het, help dit nie om in ‘n debat (veral waar daar rasse konnotasie is) met swart leerders betrokke te raak nie. Die swart kinders leer by hul ouers om een-dimensioneel daarna te kyk en die vermoe om objektief te debatteer en ander standpunte raak te sien, ontbreek by menige swart kinders – juis omdat hul rasse voor-oordeel hul blind maak.

Dis so jammer dat ‘n onderwyseres wat regtig net die kind wou kry om te dink – nou vergruis word deur oa haar eie skool. Sies ook aan Southdowns College.

anna ·

Gebrek aan onderwys die rede vir armoede? Die hoofde aan meeste van die land se bestuur het nie eers onderwys gehad nie, en hulle kry groot salarisse….. maar ons moet nogsteeds die skuld kry. maak my siek

Dries ·

Met daardie punte gaan sy nog n vol beurs kry om ter aan”swot” op varsity. Sy gaan seker deur LUISOEFIE in hierdie juffrou se plek aangestel word.

JR ·

As ek die leerder was was my antwoord staatskapping want dit is wat tot armmoede gelei het hierdie soort vrae behoort nie in n vaestel nie sterkte aan die onnie

Josua Keys ·

Juffie, volg die pad wat Etsebeth gaan volg, vat die mense hof toe, kry Solidariteit en VF+ om jou te ondersteun want dit het tyd geword dat ons terug slaan. Die doel van n onderwyser/s is om kinders reg te skool met die beste onderrig moontlik, dit is haar werk om seker te maak die kinders dink oopkop en kan redineer want dit is wat in die toekoms van hulle verwag gaan word, en as die kinders nie van beter weer nie sal hulle soos koolkoppe die volwasse lewe ingaan en nooit vir hulself ‘n toekoms kan bou juis met negatiewe ouderwetse denkwyse nie. Die vraag is eenvoudig vir die kind gestel sodat die kind naslaan werk kan gaan doen om sy of haar kennis met veite uit te bry en dan volgende keer met meer deeglike veite vorendag sal kom en nie met dit wat in hul kop in gevorseer word die mense wat steeds in die verlede wordstel nie,

Petrus Heigers ·

Ek sien die hoogs begaafde leerder se punte is slegs 5 uit 20! (25% !!!!) Dit blyk dat hier ‘n ernstige geval van skolastiese gestremheid ter sprake is. Miskien moes sy voor die tyd op haar leerwerk gekonsentreer het ipv facebook.
Ek vra dieselfde vraag as die onderwyser. As daar na 30+ jaar geen vordering in die onderwys is nie hoe lank is nog nodig? As iemand die logiese vraag vra word sy geskors! Waar is die rassisme en vryheid van spraak nou?

Karen ·

Ek stem saam neem selfde roete dan Etsebeth Roer jy hulle en ek hoop die skoolhoof bedank uit verleentheid – daar is absoluut niks verkeerd met jou antwoord. Ons hele familie is uitmekaar geruk na egte boere seun met egiptenaar /fariseer/atheist getrou het in buiteland en die snip wat in buiteland apartheid bestudeer het nog nooit in sa was nie gesprekke met rassistiese ondertoon sal duld en ook geen post oor Jesus…..word groot snip! !!!

Kyk mooi ·

As mens mooi kyk, sal mens sien dat die onderwyseres ‘n stelling maak en dan die VRAAG vra aan die leerder (“behoort dit steeds ‘n impak te he?”). Sy het nerens pertinent gestel dat die leerder verkeerd is nie.

Die leerder het DRIE paragrawe geskryf en skynbaar is die onderwyseres nie tevrede met paragrawe 2 en 3 nie. Ons weet nie wat daar geskryf is nie (en dit sal interressant wees om dit te weet!) So die leerder het wel punte gekry vir paragraaf 1, waarin die leerder sy stelling gemaak het. Dit is nie asof dit summier verkeerd gemerk is nie.

Ek hoop Me Malan en haar prokureur vee die vloer met Southdowns College. Ongelukkig weet ons daar sal na die tyd teen haar geviktimiseer word. Privaat skole het die neiging om dit te doen.

Antie ·

Onnie, ek stem saam met jou, 30 jr later. Julle moet sien hoe rassisties is die boeke vir studente wat swot vir Gr R by privaat universiteite. Daar word wittes geblameer omdat daar nie voldoende skole vir hulle is nie, maar as jy wil afbreek en afbrand, is dit nou maar jou probleem, nie wittes s’n nie.

Showahed ·

Dit gaan hier oor niks anders as die 5 uit 20 resultaat… die res is totaal in orde.

Sari ·

Anita, jy het die beste regsverteenwoordiger! Ons staan agter jou, baie sterkte!

Ignatius Smith ·

Die hoof behoort geskors te word aangesien hy nie na die feite gekyk het nie. Hoop die ouers boikot hierdie skool en weerhou betaling aangesien privaat skole meer polities korrek probeer wees as om onderwys te gee

Antoon ·

Hoekom moet alles in rasse geveg ontaard? Die kind het n opinie gelewer en die onderwyseres het haar opinie gelewer met n kritiese vraag. In na skoolse studies gaan die lektor jou antwoord in elkgeval kristies benader en jy as student kan die selfde doen. Eintlik moet die kind, ouers en wie okal die juffrou se vraag antwoord? Ja of Nee. Ja gee jou rede, nee is die vraag mos geantwoord! Stelings mag mens mos verder versuideliking soek om die antwoord beter te verstaan. Ek het eendag my lektor geargumenteer op n lang vraag wat verkeerd gemerk was en op die einde het ek my punte gekry. In my meming het sy mos gevra, is apartheid die oorsaak……gee my mos nou n verduideliking.

Piet ·

Die leerder kan maar swak of geen punte kry. Die leerder hoef nie eens skool te gaan nie. Hierdie land is mos net hulle sin, so maw, die leerder is klaar gemaak vir n uitstekende werk/toekoms. Dis mos hoe dit gaan.

Woedend ·

Hoe pateties. Kyk apartheid is al jaaaaaare gelede verby maar vir sekere mense is dit nogsteeds n sweep wat opgetel word. Wens die skoolhoof wil groot word en dit in daardie lig sien. Die leerder was nognie eers gebore toe apartheid iets van die verlede was nie. Tyd dat mense ophou terugkyk en vorentoe beweeg.

a ·

Die waarheid maak altyd seer. Alles word altyd geblameer op apartheid. Hulle het skole gekry den hulle het verkies om dit af tebrand en nie skool toe te gaan nie. So hulle is self te blameer, maar volgens hulle is hulle altyd onskuldig en die victims

Magda ·

Apartheid sal vir die volgende1000 jaar nog die skuld kry want hulle is en sal nooit leer om verantwoordlikheid vir hulle dade te vat nie – so ja die arme onderwyser/es -Belaglik as jy my vra – maar ja dit is wat jy kry as jy met so n REgering soos die ANC MOET SIT – Onbevoegde / dalk of dalk nie ongeskoolde gemors. dalk of dalk nie gekoopte sertifikate om iewers te kom – dankei ANC julle vorder baie goed om Suid Afrika te vernietig – wonder wie gaan dan die skuld kry – seker nog Apartheid!!!!!!!!!!!!!

Andre ·

Die onderwyseres Mev Anita Malan het juis haar werk bitter goed gedoen. Sy is al n gesoute onderwyseres wat al reeds van 1980 af skoolgee, so sy het haar opleiding dus by NKP gedoen wat beteken dat sy nog van ons land se regte goeie onderwyseresse is! So die rassistiese vriend en sy vriend se kind kry juis goeie onderrig deur daarop gewys te word dat alles nie voor die deur van apartheid gelê kan word nie. Die kind is mos in n goeie privaatskool en nie in een van die sogenaamde swart agtergeblewe skole wat terloops so is as gevolg van die kinders en ouers en onnies van sulke skole. Die ou Nasionale regering het meer in swart skole belê as wat hulle aan ons verdediging gespandeer het, maar sien ons ooit wit ouers wat skole toemaak of afbrand of wit kinders wat onnies klap en ander leerlinge met messe steek? NEE, want ons is opgevoed by die huis! Dit is nie n skool se plig om mense op te voed nie, ulle primêre doel is om kinders geletterd te maak! ‘n Rassis sal altys n rassis bly en n rassis wat die heeltyd slagoffer skreeu is die heel laagste vorm van intelligensie! Mooi so Mev. Malan, nou weet jy sommer ook vir watter liberale instelling jy werk! Daar is baie Afrikaanse skole wat goeie onderwysers soek gaan werk by een van hulle!

JohanR ·

Nie lank in die nuwe Suid Afrika dat as jy ‘n wind laat val is die polisie daar…..

Asmain ·

Ag genade deesdae kan mens nie eers meer waag om n feitelike stelling te maak nie. Maar volgende week is die 5/20 n 95% en kry die familie n huis!

Maretha ·

Mag mens nou nie meer kinders aanmoedig om verder te dink en te redeneer nie! Dit is n baie geldige vraag aangesien die leader nie sy punt gestaaf het nie. Dis soos ons op skool geleer het dat as jy n stelling maak moet jy dit met n bewys of feit/e kan staaf.

schaun ·

Ons moet meer privaat afrikaanse skole kry waar afrikaans sprekende kinders deur goeie afrikaanse onderwysers soos die juffrou ons kinders kan leer en die die propaganda wat hulle in die piesang skole leer nie.

Mel ·

Al haar ANDER antwoorde is verkeerd gemerk, maar die een wat bevraagteken word is eintlik deel aan die 5 uit 20 wat reg is. Dis ‘n swak punt – en die kind was onvoorbereid.

Arnold ·

Die vraag moet gevra word; waarom wil die leerders na witskole gaan as hulle weet dat hulle nie dieselfde kulturele agtergronde het nie? Dis of jy ‘n leeu en ‘n jagluiperd in dieselfde kamp wil sit, en ons weet almal wat gaan gebeur.

Verwonderd ·

My kind is nou in graad 9. Daar word verwag dat die kinders apartheid moet afkraak. My seun gereeld in die sop omdat hy dit nie doen nie. Ek saluueer die juffrou dat sy weier kyk.. Sosiale media was nou net nie ń goeie plek om dit dalk te plaas nie.

Lou ·

Ek stem saam dit is belaglik dat die juffrou geskors word oor so ‘n opmerking op die antwoordblad.
Wat my meer bekommer is wat is die skoolhoof se vlak van opvoeding as hy/sy so belaglikheid onderskryf deur die juffrou te skors daarvoor. Die probleem is dat die hoofde van skole en besighede so bang is vir hulle reputasie dat hulle nie vinnig genoeg in die openbaar iemand kan skors voordat daar nog enige ondersoek was nie. Wonder of die juffrou ooit persoonlik ingelig is van haar skorsing voordat die hoof media toe gehardloop het om haar skorsing aan die groot klok te hang?

Onnie ·

Ek is self ‘n onderwyser wat moet klasgee oor SEB, regstellende aksie ens. (Besigheidstudie en Ekonomie) en voel self gereeld lus om sulke opmerkings te maak, maar weet dat dit my in die moeilikheid sal bring. Hierdie onderwyseres, alhoewel sy die waarheid praat, het haar loopbaan nou heel moontlik vernietig. Dis aaklig om in so ‘n sensitiewe samelewing te leef en waar jy jouself moet weerhou van die waarheid net sodat jy kan werk hê.

Onderwyseres ·

Dit gaan baie rof in die skole. Ek het net n paar maande oor, maar die uitdagings raak daagliks erger.

Jana Vorster ·

Ag asseblief. Die onderwyser het ‘n vraag gevra wat baie gepas is op iemand wat soveel insig het om so stelling te maak in ‘n vraestel. Indien die student so antwoord kan gee, kan verwag word dat hy/sy verder kan dink om ‘n rede vir die antwoord te gee?
Dié juffrou gaan ook op die ou end ook onskuldig wees tot vele’ ander’ se histerie. Sy het geen vingers gewys.

Standard ·

Is dit die standard van ‘n duur private skool se gr 9 werk?

Michelle ler ·

Wow, maar daar is darem ‘n ongelooflike swaar ‘chip’ op sommige se skouers wat enige logika en denke ignoreer. Wat egter meer bekommer is bv instansies se haas om tog net die massa na te volg en te alle koste polities korrek te wees. Waar is enige ruggraat nog oor? Is dit wat kinders moet leer: papegaaie wees? Die stelsel doen eintlik diegene wat hulle moes help meer skade aan as wat hulle besef. Wat ‘n jammerte.

Oud-onderwyser ·

Ek self is ‘n oud-Geskiedenis onderwyser en dis een van die redes waarom onderwysers nie meer wil skoolhou nie. Kinders het te veel regte en onderwysers so te sê niks. Die leerder en die leerder se ouers kon ‘n afspraak gemaak het met die onderwyser en dit met haar bespreek het. ‘n Goeie hoof staan altyd by sy personeel, behalwe natuurlik waar ouers groot geld instoot – “die ouer betaal, so gee vir die kind die punte wat hy/sy dink hy/sy verdien.” Sulke gevalle het ek ook al ervaar.
Dit is natuurlik nie opvoeding nie. Ons bemoedig ‘n toekomstige geslag wat nie self kan dink nie, altyd reg is, aanstoot neem as hulle optrede bevraagteken word, geen verantwoordelikheid kan aanvaar nie en spring van die een werkplek na die volgende, want almal anders is mos altyd verkeerd of onregverdig.

Delia ·

Ek wonder of die juffrou nie dalk met die opmerking kritiese denke wou bevorder nie

Basie ·

Simon Riekert gaan hulle GROOT pakslae gee! Bekende naam al van 25 jaar gelede. Mnr die Hoof, ek glo nie jou “ducks is in a row” nie! Maak jou reg vir ‘n lekker skikkingsooreenkoms! Ooo ja lekker, dis mos nie jou geld wat hier ter sprake is nie, die belastingbetaler “tel die tab op”!!

Vaalseun ·

Die outjie skryf, “School is a one way ticket to a good life.” Die Juffrou antwoord, “No, education is – and the will to be educated.”

Die “koloniale,” “blanke,” “westerse,” “wit,” “apartheids,” of wat jy dit ookal wil noem, -regerings, het nie aan die inheemse bevolking onderwys “geskuld” nie. Wie is dié regerings om só paternalisties, arrogant en neerhalend te kon wees dat hulle in Suidelike Afrika inkom en vir die inwoners kom sê, julle weet niks, kom dat ons julle en julle kinders onderwys gee nie.
Verwoerd het dit goed verstaan en juis daarom nie in sy tyd verpligte swart onderwys ingestel nie. Hy het wel goeie onderwys in regeringskole vir swartes aangebied, en swart ouers kon vrywillig besluit om hulle kinders na hierdie “westerse” vorm van opvoeding te stuur.

Binne 5 jaar nadat verpligte swart onderwys in 1971 ingestel is, het die 1976 skole onluste uitgebreek, aangevuur deur die kommunistiese strategie van die ANC, wat wou verhoed dat jongmense ‘n krities gebalanseerde denkwyse ontwikkel en sodoende moeiliker vatbaar en opsweepbaar word vir die ANC se magsdoelwitte en propaganda. “Afrikaans” as oorsaak vir die skoleonluste, was slegs ‘n handige rookskerm.
Logieserwys het die kwaliteit van onderwys in swart skole van toe af agteruit gegaan.
Die ANC en sy kaders doen steeds alles in sy vermoë om die ware narratief te onderdruk. Hy plaas steeds die skuld op die oorspronklike skepper van swart regeringsonderwys, nl. Verwoerd, i.p.v. die latere vernietiger van swart regeringsonderwys, nl. die ANC self.

Theo ·

Baie goed gesê. Die onderwyseres is n held om so n stelling te maak.

Jerry ·

Vanaf 1971 tot 1976 was die ANC se ideologiese indoktronasie “liberation before education” aan die orde van die dag in die townships en in die skole. Tans is dit “education while the struggle continues”!

Maggies ·

Ek kyk in die middag na my gr. 4 kleinseun. Vanaf gr 1. Nog nooit het hy geleer van Jan van Riebeeck, Racheltjie de Beer en ál die geskiedenis waarmee ons groot geword het nie.
Hulle geskiedenis gaan oor Mahatma Gandhi en Nelson Mandela.
In my persoonlike opinie moet ons onderwys begin by die begin. Of hulle val in by die nuwe leerplan (glad nie regverdig nie) óf hulle maak soos my kinders en gaan gee onderig in ander lande soos wat my kinders gemaak het.
Hierdie onderwyseres was GLAD nie verkeerd nie. Die leerder het swak punte omdat hy/sy nie geleer het nie.
Klasse was oorvol omdat hulle, hul skole gedurig verbrand het.
Ek hoop die onderwyseres word bygestaan en wen haar saak.
Daar word gans te veel en onnodig op die blanke Afrikaner gepik.
Staan op en tree op. Genoeg is lankal genoeg.

Nina ·

‘n Mens moet die leerkrag se professionele hoedanigheid vertrou. Met inagname van dertig jaar wat verloop het, kan jy gestel as n persoon twaalf jaar oud was, hy genoeg skooltyd gehad het om die agterstand in te haal. So ‘n pesoon kon homself kwalifiseer. Diegene wat veel ouer was is basies afgetree en die impak op ekon. is klein. Dus is die juffrou gladnie van die pad af nie. Ek het Sesotho onderwysers van leermateriaal voorsien ns. ‘n maatskappy in die laat negentigs. Almal was goed opgevoed in tale. Hedendaags daag menige laerskoolkind by die hoërskole op en kan beswaarlik lees. Wat nog te sê van skryf.

Hannah ·

Is die leerder se antwoord geskoei op wat in die klas bespreek is. Dit is tog hoe mens aan leerders verduidelik nie waar nie?. Indien hoekom is daar ‘n vroeër ‘n klag teen die onderwyseres ingebring nie. As dit die leerder se eie opinie is dan bring die leerder mos politiek en rasisme na die speelveld. Skors die leerder ook om “regverdig” te wees. Absurd.

JB ·

Een van die duurste privaat skole in Centurion. Die feit dat die meisie daar kan skool gaan weerspreek haar antwoord.
Ek hoop die juffrou vat hulle hof toe.

Bravo SC ·

Die onderwyseres se kommentaar op die vraestel is ongehoort – maak nie saak wat die kind kwyt raak nie. Maak reg en vekeerde merkies soos per memo…

ANC ·

Uiteindelik kommentaar wat sinmaak. Great minds think alike…

@Bravo SC ·

Jy het nog nooit vraestelle nagesien nie, want dan sou jy weet, dat ook die vraestel as leergeleentheid gebruik word; veral in vakke waar die onderwyser die kinders wil leer om opinies te vorm en vrae te interpreteer. ‘n Nota op ‘n vraestel, is ‘n persoonlike bemoeienis met ‘n leerder se werk. Goeie onderwysers gebruik sulke geleenthede en slim kinders reageer positief en leer daaruit.

Charlotta ·

Die leering moet ook dan geskors word. Haar antwoord is dan rassisties.

Susan ·

En so wil hulle van nog ‘n puik onderwyseres ontslae raak…. Die kind het geleentheid tot ‘n puik opvoeding, maar dit word eenvoudig nie waardeer nie.

Adam ·

Belaglik!! Die onderwyser vra ‘n vraag wat kritiese denke aanmoedig. Met die onlangse uitspraak oor die ou landsvlag is “akademiese doeleindes” spesifiek uitgesluit van die algemene gebruik daarvan. Hierdie is ook ‘n vraag wat gevra word vir akademiese doeleindes en indien onlangse regspraak dus geraadpleeg word, behoort hier geen geraas oor gemaak te word nie. Die skoolhoof se optrede is absoluut pateties.

Jaco ·

Sulke berigte moet skok maar dit doen nie, dit is nou te alle daags. As n wit persoon hou jou mond toe en jou opinies of gaan tronk toe.

Lanie ·

Nee wragtig! Jy kan nie eers die waarheid praat nie dan word jy geskors!!! Absoluut belaglik!

hercu ·

dank die Here niemand kan my gedagtes lees nie!! as ek hier moet sê wat ek dink, word ek dalk die aarde belet en geskors!!

Theo ·

Sy is n held om so n stelling te maak maar die rasistiese kinders, wat nou eers gebore is hoor leuens van hulle ouers. n onderwyser by george cambell kla net so oor die swart kinders wat so rassisties is, maar sy voeg by hulle is in die minderheid en is gewoonlik die belhamels.

Ashman ·

25 jaar is dit nie? Die ding is, 25 jaar is een generasie wat gebore word en deur skool gaan en universiteit klaar maak. Almal ouer was deur die “transisie periode, dus meer as 3/4 van die populasie. Speel Apartheid nog n rol in armoede? Verseker. Imagine jy was 19 jaar oud toe dit geeindig het. Nous jy 44. Die feit dat Apartheid gestop het beteken nie dat jy eweskielik toe jy 19 was net so slim was soos iemand in n bevoordeelde situasie nie, en heel moontlik ook nie na 25 jaar nie. Net iets om oor te dink.

Theo ·

Ashman as jy n lae ik het sal geen goeie geleerdheid jou kan help nie al is jy in amerika. Ek self het n lae ik maar ek werk met my hande om vir my gesin te sorg

Swartwolf ·

Sien wat jy bedoel jy is definetief van die ouer geslag wat nie so slim is nie. Ook < 70.

James ·

Lefusi gaan nou deurnag ry om daar uit te kom. Huis vir ouers bou en EFF gaan skool begin brand. Lekker land die

Koos de Meyer. ·

Hulle sal enige iets doen om ons standaarde af te bring na hulle standaard toe. Dan bevraagteken ‘n mens ook die bevoegdheid van die skoolhoof. Hoop hy kry ‘n goeie roskam en die juffrou ‘n vet tjek.

schaun ·

Tyd geword om die politieke korrektheid met minagting te hanteer en te sê wat ons regtig dink soos hierdie onderwyseres gedoen het ,bravo respek

Jannie ·

Geniet die verlof juffrou, jy gaan onskuldig bevind word en terugkeer skool toe.

Sonja ·

En by the way – was dit nie hulle eie famous woorde nie – “freedom before education”?

Johnny ·

Soos ek die geskiedenis nou verstaan, was die swart skole, swak. Wil amper voorkom asof daar sub-standaard onderrig was.
Dan net 2 vrae:
1) Is vandag se onderrig dan soveel beter, of nog swakker.
2) Het mense soos Mandela, Tutu, Ramaphosa, ens. dan n ander onderrig ontvang….???
Of het hulle studeer terwyl hul klasmaats om brandende buitebande dans en klip gooi ?

Jax ·

In die middel 80’s het my Ma skool gehou in n township – ons huishulp se dogter is so oud soos ek. Ons het dikwels saam by ons huis gesit sodat sy saam Met my kan huiswerk doen. Sy het dieselfde boeke as ek gehad – die enigste verskil – haar mede-leerlinge het gedink dit is snaaks om hul skool af te brand en die onderwysers met brandslange uit die skoolterrein te jaag. Dit het die gevolg gehad dat ons huishulp se dogter nie kon klas loop nie. Ek wil dit weer sê: ons het presies dieselfde handboeke gehad. Sy kon nie skool toe gaan nie want haar “maters” het brand gestig en amok gemaak terwyl by my skool, dit nie toegelaat sou word nie. Dit is al verskil!
My arme Ma het regtig probeer om skool te gee maar is telkens van die skoolhek weggejaag. Bianca het al my kant-nota’s neergeskryf en het matriek Met onderskeidings geslaag. Ons is beide besturende direkteure van ons eie besighede. Ek is baie trots op haar!

Berdéhan Brand ·

Ek het die stelling interpreteer in die lig dat sy die leerder wou pols tot analitiese denke – niks inkriminerend nie. Om stimulerende vrae te vra /dink jy/ wat dink jy van/wat is jou mening/ is tog gesonde kommunikasie – dan nie?

Stefanie Tredoux-Malian ·

Jis maar hulle like die waarheid niks nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.