Onderwyseres in huis in Durbanville vermoor

Helga van Wyk (62). (Foto: Facebook)

ʼn Onderwyseres van Durbanville in Kaapstad is Sondagaand in haar huis vermoor en haar man ernstig in die voorval beseer.

Helga van Wyk (62), ʼn onderwyseres van die Hoërskool Monumentpark in Kraaifontein, is in haar slaapkamer doodgesteek deur wat klaarblyklik ʼn enkele aanvaller was. Sy is glo in die hart gesteek.

Haar 67-jarige man Johann, ʼn afgetrede advokaat, het hom vermoedelik teen die aanvaller probeer beskerm. Hy is verskeie kere in die skouer en buik met ʼn skerp voorwerp gesteek en het ook snymerke aan sy hande.

“My pa het gesê sy [die aanvaller] oë was baie wild. Hy het gevra vir kontant en toe hy dit nie kry nie, het hy gewelddadig geraak,” het Alet van Wyk, die egpaar se dogter, gesê.

Johann word steeds in die intensiewe sorgeenheid van die Mediclinic in Durbanville behandel.

Volgens Alet het ʼn ernstig beseerde Johann dit gedurende of moontlik kort ná die aanval reggekry om in die motor te klim en homself na die hospitaal te neem. ʼn Familielid is van daar oor die voorval ingelig.

Johann van Wyk (67). (Foto: Facebook)

Alet se oudste broer, Schalk, woon naby sy ouers en het hom na die huis gehaas. Hy het daar op Helga se liggaam op die bed in die hoofslaapkamer afgekom, het Alet gesê. Sy was reeds dood.

“Sy was ʼn formidabele vrou,” het Alet gesê. “Daar het nog soveel meer vir my ma voorgelê. Sy het soveel lewe in haar gehad en het alles in oorvloed gedoen.”

Helga het meer as 20 jaar lank by die Hoërskool Monumentpark skoolgehou. Die skool het klaarblyklik vandag vroeër verdaag nadat nuus oor Helga se dood bekend geword het.

“Dit moet ʼn groot skok vir hulle ook wees. Sy het baie leerders se lewens geraak. Sy was ʼn verskriklike joviale vrou, sy het soveel passie vir die lewe gehad én vir die kinders vir wie sy skoolgehou het. Sy het ʼn groot hart gehad,” het Alet gesê.

Volgens kapt. Marchelle Rhode, woordvoerder van die polisie, is Helga se liggaam kort na middernag in die huis in Proteaweg gevind nadat ʼn lid van die buurtwag glo onraad vermoed en hulp ontbied het.

Rhode kon nie meer inligting verskaf oor wat presies gebeur het of hoeveel verdagtes betrokke was nie en sê dit vorm deel van die polisieondersoek.

André, die Van Wyks se jongste seun, het vroeër vandag sy ma se liggaam gaan uitken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

bosluis ·

n Enkel aanvaller en moor deur n steekwond in die hart? Ek is self al moeg van al die geweld en moord en doodslag, maar die een klink vir my nie na die ‘gewone’ roof en moord modus operandi nie

Antoinette ·

Wanneer gaan die aanvalle op onskuldige mense ophou? Sterkte vir die man. Hy het nou dubbeld seer.

Bloudrom ·

Moet net nie vir Adderjan Nieuwoudt vra om die tuisland te skep nie. Sy planne werk almal met piramiedskemas.

Emma ·

Baie hartseer ons dink aan die naasbestaandes. Sterkte hoop iemand word gou in hegtenis geneem

Dries du Toit ·

So eenvoudig soos wat jy daar se Maria. Dit is ons enigste oplossing

Boet ·

Die mooi land van ons het in n wettelose hool verander. Geen beheer oor diefstal, roof, moord, korrupsie, onwettige saakbeskadiging en wanbestuur nie.

Willehond ·

Die land n hool?!! Dis erger as dit! Selfs n hool het reels en regulasies!

Jimmy ·

Die land was in 1992 op die rand van ‘n burgeroorlog. Min wittes sou oorleef het om nou baie te praat.

Dries du Toit ·

Boet als wat jy se wat negatief is is waar. Ongelukkig is “mooi land” ook nie meer waar nie ,vrot riviere, vuil dorpe en stede. Dan sê jy ONS land. Selfs dit is nie waar nie. As ond n land gehad het sou ons kinders vrye skole en universiteit en werksgeleenthede gehad het

Landvaneensydigheid ·

Jimmy 1992 was ‘n kleuter tantrum. Die regering van ouds gee vir hulle lande sonder vergoeding toe huil hulle. Ons maak toe maar die land een, nou huil hulle hulle soek land sonder vergoeding…

PJC ·

Mense word altyd aangeval wanneer hulle ontspanne en weerloos is. Daar sal strenger opgetree moet word teen mense wat heeldag in woongebiede ronddrentel vir geen spesifieke rede hoegenaamd.

Bloudrom ·

Mense moet meer paraat wees. Hoeveel moeite is dit om ordentlike beams om jou huis te sit en n alarmstelsel binne? Die tyd daarvoor het lankal aangebreek.

Francois ·

Durbanville is n baie veilige rustige welgestelde boomryke landelike voorstad van Kaapstad. Hier is geweldig baie sekuriteits bakkies op en af heel dag en nag, buurtwag bakkies heelnag, amal het goeie sekuriteit by hul huise.
En dan gebeur so iets nog steeds ?
My hart gaan uit aan die egpaar.

Blommie ·

Bring terug die doodstraf!!! Daar is mense wat nie gerehabiliteer sal kan word nie!!

John ·

Ek’t daar naby op ‘n kleinhoewe gebly. Het ‘n paar jaar terug verkoop, en mis die plek, (meer as my ex) elke dag. Dit was my lewe. Ek H A A T die plek waar ek nou bly, net om veilig te wees.
Ek’t Saterdae ouens by die taxi staanplek opgelaai om te help in die tuin. Ek’t ‘n paar van hulle leer ken. Wat my bang gemaak het, was die woede van die wat ek nie op ‘n saterdag werk gegee het nie. Daarom het ek verkoop.
Ek dink in baie gevalle ken die aanvallers die slagoffers.
My innige simpatie aan die naasbestaandes. Durbanville was so ‘n lekker plek.

Jacques die Goodwoodianer ·

Misdaad gebeur oral.

Daar is nie meer ñ “veilige plek” nie, behalwe die hande van die Here.

TLC ·

Sy was my suster in Kraaifontein se seun se onderwyser hy is gebroke en ek huil saam
En ons het ook gehoor haar man is ook vanoggend oorlede Help my reg as ek verkeerd is
En ja dit gaan net erger word met al Zimbabwe se leeglêers hier en met werkloosheid
Vader hou almal se hande styf van want hier is n hele land in rou
RIV mev

toy ·

Dit voel of ek geen woorde het meer nie. Dit voel of die president afwesig is kan hy nie sien oor hoor wat aangaan in ons land nie!!!!!

Manie van Worcester ·

vergeet hom maar, hy gee nie om, dit raak hom nie

Keelvol ·

Die president? hy weet baie goed wat aangaan in SY land. Dis besis nie ONS land nie.
Word wakker. Google farmkilings en genocide. Waarom dink julle is die doodstraf weggevat.
Doen jul eie huis en tuinwerk. Spaar geld, verloor gewig en bly veilig.

Michelle ·

My hart gaan uit na die man en sy geliefdes vir die wrede moord op sy vrou, asook die poging tot moord op homself mag hy gou aansterk. Maak nie saak wie vermoor of aangeval word nie , die regering het nie ‘n saak nie almal word opgepas en beskerm regering gerering gewys maar op jou eie grond is jy nie veilig nie. Van die wat veronderstel is om ons te help is so onbevoeg dat die midgadigers maak net wat hulle wil, en asseblief as jy die skoen jou pas trek hom aan want dit is ‘n feit. Daar is ‘n handvol briljante mense wat jou help in die gevalle.

fred ·

roep n state of emergency uit en laat die weermag dag en nag die strate patrolleer….dan doen hulle ook iets positiefs

Aksie SA ·

Ons gaan moet self terugslaan! Selfverdediging is ons reg!

Johann ·

Mnr Ramaposa is PRESIES waar hy wil wees…besig om sy eie en sy ANC anargie staat na te streef. Hys heel tevrede met wat sy voet soldate doen! GEEN sprake van n gedagte aan aanspreeklik gehou word vir wat hy toelaat om te gebeur nie.

GATVOL ·

Dis skokkend. Ek het nie woorde nie. Die oom en tannie het nog 2 weke gelede by my n sleepwa gekoop sodat hulle kan gaan toer as die tannie nou gaan aftree. Hulle het so uitgesien na die aftrede en vakansie. Vrede vir die familie. Ek bid vir julle sterkte toe.

Katie ·

Op NW 24 kommentaar van buurman sê hulle haar man is intussen ook oorlede.

TLC ·

Baie sterkte aan die naasbestaandes. Nog ‘n juweel is ons ontneem.

Karoodonkie ·

Ek dink ook dis tyd dat ons weermag ingespan moet word, maar dit gaan nog lank vat want hulle moet eers ordentlik opgelei word. Ek wonder baie wat doen ons weermag deesdae.

snoepie ·

ñ Familielid van my is in die weermag. Nog een van die ou manne. Volgens hom mag jy nie meer n troep laat dril vir n sekere tyd nie en ook nie op hom skree nie, want wat van sy menseregte. Hulle sal hulle nooit laat partoleer in die aande nie. Want waneer moet hulle dan slaap? Dis waarvoor die polisie daar is. Dis hulle reg, om n goeie nagrus in te kry elke aand…

Keelvol ·

Ons is juis hul vyand. Waarom sal hul ons teen hul eie verdedig. wanneer gaan ons wakker word. Die regering, ANC, weermag, is teen ons.
Ons is op ons eie en niemand gaan ons help nie. nr 1- begin deur jul eie werk self te doen.

Erick ·

Sterkte aan die familie, vriende, leerders en kollegas. Geweldsmisdade word al hoe meer algemeen in die Kaap. Wat met die Portugese in Mosambiek en die Rhodesiërs in Zimbabwe gebeur het bly in my kop maal die laaste week. Nog ‘n onderwyseres en opvoeder weg,…sug.

Helga ·

Die sprinkaan lewe vir vandag, die mier werk deurgans en beplan en stoor Vir die winter/droe tye. Die sprinkaan regeer nou, hy het als om hom verorber en soek nou dit wat die mier met toewyding bymekaar gemaak het.

Gys ·

Die enigste rede hoekom die sprinkaan nou regeer, is omdat die mier hom in 1992 toegelaat het om te regeer.
So moet ons die mier of die sprinkaan vir die toestand in die land blameer?

PaulV ·

Gys; en wat dink jy sal dit aan die situasie verbeter deur ‘iemand’ daarvoor te wil blameer?

Cherokee ·

PaulV, dit sal wel niks aan die situasie verander nie, maar daar is ten minste ‘n soort van berusting om in die spieël te kyk en vir die een wat terugkyk te sê dat hy/sy nie skuld dra daaraan nie.

Jacques die Goodwoodianer ·

Sinnelose moord(e)…. Kan nie verstaan hoe menseregte-organisasies (en die regstelsel) steeds misdadigers beskerm en met hulle simpatiseer oor hulle gevoelens en vir hulle regte veg asof hulle deel hoort te wees van die samelewing…

Dit is onbegryplik.

Dries du Toit ·

PaulV . Ja en jou laat besef dat jy deel was aan ons en ons kinders se hel vandag. Dalk kan jy nou help regmaak

Stiks ·

Die feit dat ons onskuldige witmense in die nag vermoor word; wys net dat die honderde sekuriteitsmaatskapye en polisie nie op hulle pos is nie. Gemeenskappe sal nou dringend moet saamstaan om hulle eie buurtes te beskerm om hierdie lafaards uit te hou. Hulde aan hierdie puik onderwyseres

Stelling ·

Ek stem saam met jou. Hulle is takties en doen alles met strategie. Ek kan nie uiter wat ek wil hier nie, maar julle almal weet waaroor dit gaan! Vir die blindes wat dink handevat gaan werk, vir julle gee ek my innige simpatie. Die tyd is hier! My liefde gaan uit aan die gesin, jammer vir jul verlies.

Ella ·

Soveel mense word onnodig doodgemaak of vermink. Wie baat daarby?
Ek wil nie meer in hierdie land wees nie.
Hier is niemand wat vir ons gaan opstaan en sê: genoeg is genoeg.

Koos de Meyer. ·

Wees paraat en verdedig jou self en jou familie. As hy in die nag in my huis kom gaan hy nie weer lewend daar uit nie. Ons sal maar dáárdie brug oorkom as ons daar kom. Die dae van traak my nieagtig is verby, ons moet nou na ons self en ons families kyk.

Kallie ·

Ja Koos, kanse is dan goed dat jy aangekla word van moord.

VanAfrika ·

@Kallie eerder aangekla vir moord en n kans om los te kom vir self verdediging as om jou kind voor jou te sien vermorsel word deur hierdie onchristelike sielose demone. Ek is n vrou en sal baklei met alles wat ek in my het om my kinders, susters en geliefdes te beskerm.

Meerderheidbetekenniks ·

Jimmy, meerderheid laat nie ‘n oorlog wen nie. Lees gerus:
Battle of Carrhae (6 May, 53 BC)
Battle of Agincourt (25 October, 1415 AD)
Battle of Vítkov Hill (12-14 June, 1420 AD)
Battle of Rorke’s Drift (22–23 January, 1879 AD)
Battle of Saragarhi (12 September, 1897 AD)
Battle of Longewala (4–7 December, 1971)

Jimmy ·

Meerderheid, dit is nie ‘n geval van minderheid teen meerderheid nie. Ons was op die rand van ‘n burgeroorlog. Ons sou mekaar aangeval het, wit teen swart, swart teen swart, en wit teen wit. Nugter weet wie en wat sou oorleef het.

A ·

@ MM, is daar enige vordering met die Amerikaners wat julle laasjaar gaan sien het rondom alles wat in SA gebeur? Is hulle bewus van al hierdie gevalle in 2019?

ES ·

Daar is baie mense wat die doodstraf wil terugbring – ek wil julle net wysmaak oor wie in beheer is van die konstitusie. Die staat. Wie is in die minderheid? Ons. So – wil ons hierdie staat wat die landswette wysig, en wat gepromulgeer word nadat die PRESIDENT dit afgeteken het, in beheer sit van ons lewens? Ek dink nie so nie.

Ons kan wel die staat aanvat omdat meer as een van ons basiese menseregte elke dag geskend word. Ons het die reg tot LEWE. Ons het die reg tot VEILIGHEID. Die regering, wat die wette promulgeer, sorg nie dat dit afgedwing word nie. So ons moet hul aanspreeklik hou daarvoor.

Hulle maak al te lank belofte was hul nie kan hou nie. Dis tyd dat iemand die staat aanvat oor hul beloftes wat hul maak, maar nie nakom nie. Die staat moet aanspreeklik gehou word vir elke liewe mens se dood, vir elke liewe mens se basiese menseregte (wat hulle-self gewysig het) wat geskend word.

Genoeg met hul leuens – nou moet iemand begin verantwoordelikheid neem.

Chez ·

This is really sad, such a beautiful human being… My Afrikaans teacher throughout my highschool years. May God bless her soul and her family. What happened is shocking and very hurtful. What is going on in South Africa? This land makes me sick because the president doesn’t have any answers.. the government clearly doesn’t care about crime levels and public safety coz if they did then the death penalty would have been put in place ages ago to get rid of such heartless monsters.

Arno Scheepers ·

Nog n sinnelose moord op n weerlose Blanke. Nog steeds is cyril tjoepstil.

Lizzie ·

Ja jong, Cyril worry net oor sy mense wat sonder huise sit…the poor little black people dont have any houses…but the poor white people get murdered and NOTHING gets done to it. Shame on u Mr so called president and you corrupt colleagues.

Pop ·

Bloudrom jys heel reg. Ons het alarms reg rondom huis gesit. En dis piep in die dag as jy verby die beweeg. Vreeslik op ons senuwees in begin gewerk, maar is dit nou al gewoond. Het ook deurskynende “fibre” voor vensters installeer. Nou is my mooi huisie nie ontsier deur lelike wit diefwering nie. Ons hier in die kaap moet maar meer parraat wees. Die filistyne is nou ook hier.????

JohanL ·

Cyril kyk net na homself. Hoekom het hy na 1992 onderhandelinge toe hy nie vise-president geword het nie, weggehardloop uit die politiek uit? Toe is hy privaatsektor toe waar hy die soustrein gery het en na homself gekyk het.

Nou na al die jare is hy terug in politiek, toe dit blyk dat hy via die vise-presidentskap president kon word, wat toe ook gebeur het. Maar dit is alles net vir hom. Hy voel vere vir sy wyer verantwoordelikehid teenoor SA en AL sy mense. Hy sal net “sy mense” probeer paai, want……… hulle moet hom in mag hou deur die verkiesings. So hy sal alles doen om “sy mense” agter hom te kry, sodat hy nog ‘n termyn die mag kan he. Dit is net ‘n ego ding.

SÊ MAAR NET ·

Die waarheid rondom hierdie moord het nog nie uitgekom nie. Dit is ‘n tragiese storie.

melanie gericke ·

Hi, dit was vals nuus. Hy lewe en herstel in die hospitaal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.