Onderwyseres sterf ná baksteen motor tref

Michelle Pietersen (58) was ‘n geliefde en ervare onderwyseres. (Foto: Facebook)

ʼn Paarlse onderwyseres is Donderdagoggend dood nadat iemand ʼn klip na haar en haar man se motor geslinger het. Michelle Pietersen (58) was verbonde aan die New Orleans Sekondêre Skool in die Paarl.

Siyabulela Malo, polisiewoordvoerder, het gesê die egpaar was op die N1 vanaf Kaapstad na die Paarl onderweg toe ʼn “onbekende persoon uit die niet verskyn en die baksteen na die voertuig gegooi het”.

“[Michelle Pietersen] is dood verklaar weens die beserings wat sy opgedoen het,” het Malo gesê.

Die skool het op sy Facebook-blad die nuus oor Pietersen se dood gedeel en honderde boodskappe van medelye het sedertdien ingestroom. Die skool het na Pietersen as ʼn “geliefde vriendin, kollega en geliefde onderwyseres” verwys.

“Dit is ʼn geweldig tragiese en onnodig gewelddadige voorval,” het die skool gesê.

“Ons gebede is met haar man, mnr. Anton Pietersen, haar kinders en kleinkinders, asook die res van die familie.”

Volgens Malo word ʼn moordsaak ondersoek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die polisie het enigiemand met inligting gevra om die Paarl-polisie of die Stop Misdaadnommer te bel by 08600 10111.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Anti misdaad ·

So onmenslik en onnodig word nog n lewe beeindig deur misdaad. My innige simpatie aan familie en mag jul genade ontvang om die te verwerk. Mag geregtigheid seevier

Kwaad ·

En weereens gaan skuldige nooit opgespoor word! Innige simpatie aan die familie

K P ·

Daar sal nooit n tuisland wees want die meerderheid mense sal dit nie kan verdra dat ander in vrede leef.

Allie ·

Dis verskriklik hartseer! Om jou lewe so te verloor en op so ‘n manier – ons verdien dit nie.

Liamari ·

Ons gesin het in 2006 die aand so na 19:00 uit Kaapstad gery. Ons kinders was vas aan die slaap toe ons ‘n slag hoor…vanuit die bosse is ons motor ook met ‘n baksteen getref. Gelukkig die ruit net net gemis en net ‘n duik gelaat.. My pa het gelukkig kop gehou en net aan gery.

Jim ·

Mooi HVR, jy laat my smile. Ek wonder wat de hel dit nou saakmaak , n baksteen en klip is beide hard en dodelik.

Keelvol ·

Word daar moeite gedoen om die gooier vas te trek. Dis moord.

potlood ·

Ons moet n onafhanklike tuisland kry waar ons in vrede en veiligheid kan lewe waar daar wetstoepassers is al is dit net om die grense te beveilig

Ivan ·

Ek hoop Cyril Ramaphosa gaan nou vir die polisie hoof dieselfde opdrag gee om ondersoek in te stel soos vir die moord op die student.

Hanlie ·

Genade dit is afskuwelik erg!!!! Wat het in die beserker se kop aangegaan?

Feite ·

Tragies dat nog n onskuldige mens op so n manier moes sterf en tragies dat politiekepartye en wetstoepassingsowerhede dit nog nie deur wetgewing en optredes verhoed nie! Die tendens om onskuldige mense tromp op te skiet, te steek of te gooi en om treine te brand is nou reeds n geruime tyd aan die gang en n mens sou verwag dat daar reeds nuwe en streng wetgewing sou wees wat owerhede instaat stel om dit te ontmoedig en te stop.

I'm Gly-ing ·

Ag, solank sommiges darem in vyfslaapkamerhuise binne sekuriteitskomplekse met wit hoë mure, doringdraad en ivoortorings woon net “positief” is en vir die bokke skree, dan is dinge mos nie so erg nie, nê.

Positief ·

Dís nou die wonderlike land waar ons almal positief moet bly.

Mads ·

n Mens is te bang om ver op vakansie te gaan.

Ply in PTA wil so graag na ons tuis dorp gaan (Despatch) maar so baie bang vir die pad.

Baie hartseer :(

Mariaan ·

Hoe tragies…mens leef elke dag in vrees! NET NOG n familie verskeur deur die nuwe SA….

Wielspore ·

Jong kinders op die platteland gooi partykeer klippe na voertuie uit stoutigheid, veral gedurende vakansie tye as die ouers werk en die kinders niks het om te doen. Om doelbewus op ‘n brug te staan of langs die pad te staan en ‘n groot klip of twee boor baksteen na voertuie te gooi is nie stoutigheid, dit is poging tot moord.
Laat die oortreder die straf kry wat hy verdien.

PJC ·

Ek wonder waar presies dit plaasgevind het want ek bly ook in die skiereiland en ry baie dikwels die N1.

Paraat ·

Ongeveer 20jr gelede het ek n anti-kapingsessie bygewoon waar onder andere paraatheid bespreek is. Sodra n bestuurder ná donker veral, op n hoofweg n brug nader, verwissel van baan net voordat jy onder deur ry.

Netwerk 24 berig dat die insident 1.47vm plaasgevind het, vanaf Kaapstad ongeveer 10km voor Paarl. Klaarblyklik was dit n betonblok wat die windskerm laat verbrokkel het.

Elize ·

Paraat, dit is baie goeie raad om van bane te verwissel as mens onder ‘n brug deurgaan veral as daar mense op die brug is. Hoop mens kan hul in die donker sien.

Willie ·

CR sal nooit nie, hy was wasgoed… buite blink binne stink

Erica Roos ·

Ai ek kan net dink waardeer daardie familie moet gaan selfde met my seun gebeur in Sept maand ek kan net die Here dank dat hy dit oorleef het maar nie sonder letsels en finansiele onkostes wat hom weer ‘n paar tree terug sit in die lewe, maar ja ons simpatie met die familie ons harte is saam met julle seer

Attie. ·

‘n klip kan ver gegooi word maar ‘n baksteen is in ‘n ander liga. MM behoort dit te weet. Dis maklik om ‘n baksteen vanaf ‘n oorbrug op enige snelweg net te laat val voor ‘n aankomende voertuig in. Die voorval bring mee dat niemand op enige pad moet ry in die stil ure van die dag of nag nie. Dit gebeur meer en meer. Die N1 in die Kaap, die N3 in Natal en die N4 in Gauteng. Net gebed kan dinge in ons land verander, nie haat nie. My innige simpatie met haar familie.

Anne ·

Kan die DA of wie ookal verantwoordelik is vir die N1 nou eens en vir altyd iets aan daai nagmerrie van ‘n pad doen??? Ons kan nie meer hierdie goed vat nie… die DA is dan aan bewind in die Kaap, maar lyk dit if hulle lus is vir werk? Ek is woedend en hartseer. Alle simpatie aan haar geliefdes.

Paraat ·

Elize, dis moeilik om in die donker mense op n brug te sien, verwissel van baan in elk geval. As daar mense in die dag op n brug rondstaan, dan verwissel ek ook van baan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.