Die polisie in Nelspruit is op soek na die persoon of persone wat verantwoordelik is vir die moord op ’n 50-jarige onderwyseres van Mpumalanga.
Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het Florence Nyundu van die Sifunindlela-trust in Kabokweni naby Witrivier Maandag om 01:00 by ’n plaaslike hospitaal aangetref met ’n skietwond aan haar bolyf.
Volgens Sedibe het familie haar na die hospitaal gehaas en die polisie ontbied. Sy is ná haar aankoms by die hospitaal dood.
“Die motief agter hierdie moord is nog onbekend hoewel die polisie die saak ondersoek,” het Sedibe gesê.
Enigiemand met inligting oor die voorval kan kapt. Shaka Nkosi by 082 525 4637 of sers. Shikisha Sifunda by 076 598 1945 bel.
Is niemand se lewe meer iets wêrd in dié Wêreld nie? Wat ‘n sinnelose verlies van lewe.
Daar is geen afskrikmiddel meer vir misdadigers nie dis hoekom hulle nie omgee om in die tronk te sit nie want hulle leef soos konings daar. Die regering het mos besluit om hulle te beskerm.
Wetteloosheid. Ongelukkig weereens die probleem van as die betogers niks oorkom nie, en verkragters en huisrowers kom niks oor nie, gaan hulle maar net oor tot die volgende stap .. moord .. want hulle weet hulle het ‘n goeie kans om daarmee weg te kom. Ek voel jammer vir die vrou se naasbestaandes, dit is tyd dat ALMAL opstaan teen misdaad en geweld, nie net die minderhede nie.
Nee wat hierdie land is “trigger happy”.
Amerika is n’groot land met baie vuurwapens – en baie moorde 4.8 per 100 000 inwoners –
Suid-kafrika se moordsyfer is 33 per 100 000 inwoners en as jy n’ landbouer is dan gaan dit op na 200 per 100 000 dit is n’ belaglike 40x meer as grote trigger-happy amerika – ons is klaar in n’ oorlog as jy my vra!