Onderwyseres van Noordwes vermoor

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

ʼn 56-jarige onderwyseres se liggaam is Maandag in haar huis in Ganyesa, buitekant Vryburg in Noordwes, gevind. Sy is glo met ʼn tou verwurg.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, sê die onderwyseres se kollegas het die oggend op haar liggaam afgekom.

“Nadat sy Maandagoggend nie vir skool opgedaag het nie, het haar kollegas haar gaan soek. Dit is toe dat hulle haar lewelose liggaam op haar bed gevind het,” sê Funani. Merke op haar nek laat die polisie vermoed dat sy met ʼn tou verwurg is.

Funani sê die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

Die polisie ondersoek tans die moordsaak. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

Lt.genl. Sello Kwena, die provinsiale polisiekommissaris van Noordwes, het die voorval veroordeel. Hy sê die polisie werk onverpoos om die skuldige vas te trek.

Enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die skuldige kan lei, kan kapt. Sipho Lisa by 082 443 8753 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hoekom ·

Hulle worry nie oor “black lives” hier in SA nie, vir hulle maak net “black lives” saak in die VSA…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.