Onderwysers geskors oor verhouding met leerder

skool-21.jpeg

Argieffoto

Twee onderwysers van ʼn hoërskool in Chatsworth, KwaZulu-Natal, is geskors nadat dit aan die lig gekom het dat dié twee ʼn liefdesverhouding met een van die leerders in die skool gehad het.

Die leerder het glo self erken dat sy ʼn romantiese verhouding met nie een nie, maar twéé onderwysers aan Umlazi Comprehensive Technical High School gehad het. Luidens ʼn verklaring van die KwaZulu-Natalse departement van onderwys is een van dié onderwysers glo deur ander onderwysers betrap waar hy die betrokke leerder in die biblioteek se badkamer gesoen het.

“Die oorgrote meerderheid van ons personeel is professionele persone wat daartoe verbind is om onderrig te gee. Daar is egter diegene wat daarop uit is om die beeld van dié edele beroep skade te berokken,” lui die departement se verklaring. “Omdat ons as departement nie duld dat onderwysers leerders misbruik nie, het ons besluit om die betrokke onderwysers te skors.”

Luidens die jongste misdaadstatistieke is 380 gevalle van verkragtings verlede jaar by skole landwyd aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anel ·

Hopelik geskors sonder vergoeding. En klink my die meisiekind is ouer as 18 anders was daar klagtes van verkragting ook. Waar gaan die land se bietjie waardes wat oor was heen!

Piet ·

Waar staan dit dat sy verkrag is? Boonop is die minimum ouderdom vir toestemming tot seksuele omgang , 16-jaar in SA.

Scalla ·

Sy verweer gaan wees dat sy sleg gevoel het en hy mond tot mond asemhaling toegepas het, man van vele talente.

Gemaskerde Sopbeen ·

As ek reg onthou was agbare Jacob Zuma destyds aan beheer van die sogenaamde “Moral Regenaration Movement”. Met so ‘n stuurman in beheer van die morele boodjie is dit seker te verwagte dat ons op die rotes gaan beland.

Daizee ·

…….”ons as departement nie duld dat onderwysers leerders misbruik nie,”……..???!!! Ek kry nie die idee dié Pop is “gemisbruik” nie, sy dan die een drommel net die ander een verneuk??!! ………Daarsy!, kry sommer vir julle altwee!!!!

Niklaas ·

Nou hoe oud is die spelerige leerling dametjie, 22, 26? Sy is beslis nie kuis en onervare nie. Dis moontlik dat sy die prettighede begin het en die 2 onderwysers was te swak om te weerstaan. Natuurlik moes hul beter oordeel aan die dag gelê het.

Nette ·

Sy sou sekerlik met onderskeidings geslaag het in onderskeie vakke, sekerlike Wiskunde….tel asemhaling per sekonde en Biologie vir obvious reasons.

christo ·

My magtig, hierdie onderwysers moet geskors
word sonder betaling en indien skuldig bevind word. Ek hoop dat die saak korrek hanteer sal word, sonder regstegniese foute, die onderwysers geskrap word van die SACE (SA Raad van Onderwysers) rol. Hierdie hand om die blaas houding tussen onderwysers en leerders lei altyd tot probleme.

QueenB ·

Die leerders weet waarvoor hulle hulself inlaat maar dan word slegs die onderwyser gestraf sy moet ook gestraf word want sys bleddie oud voor haar tyd…

Jakes ·

Hierdie gebeure in skoe is nu=iks nuut nie. Kyk maar hoeveel leerders raak swanger op skool.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.