Onderwysers moet voor in tou val vir inenting

(Argieffoto: Unsplash)

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) sê hy steun oproepe deur onderwysvakbonde dat die inenting van onderwysers teen Covid-19 ʼn prioriteit moet wees.

Dít nadat die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, Dinsdag gesê het daar is nog geen aanduiding van wanneer onderwysers teen die koronavirus ingeënt gaan word nie. Ingevolge die regering se massa-inentingsveldtog is daar met gesondheidswerkers begin, terwyl diegene ouer as 60 in die tweede fase van die program entstof kan ontvang.

Motshekga het egter gesê onderwysers ding mee met ander werkers op die voorste linie vir toegang tot entstof.

“Ek kan julle verseker dat ons uit die staanspoor gevra het vir ʼn spesiale bedeling vir onderwysers,” het die minister gister aan die parlementêre portefeuljekomitee oor basiese onderwys gesê.

Volgens Motshekga het die departement almal van die nasionale tesourie tot die president oor die kwessie geraadpleeg. Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, moet egter ʼn aanduiding gee van wanneer daar duidelikheid oor die beskikbaarheid van entstof is.

Die departement het gister ook gesê dat byna ʼn driekwart van onderrigtyd verlede jaar weens die ontwrigtende Covid-19-pandemie verlore gegaan het.

Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by die SOS, selfs by funksionele skole, waar dit beter gegaan het, is daar steeds agterstande om in te haal.

“Dit is dus uiters belangrik dat leerders so vinnig moontlik voltyds moet terugkeer skool toe. Ons moet die geestelike en fisieke welstand van ons onderwysers en kinders in ag neem in die proses,” sê Buys.

“Ons kan nie verdere leerverliese bekostig omdat onderwysers of leerders siek word of hulle moet afsonder nie.”

Sy sê indien dit nodig sou wees vir skole om tydelik terug te keer na ʼn rotasie-stelsel vir skoolbywoning, kan skole self daaroor besluit.

Laerskole heropen na verwagting ten volle vir vanjaar se derde kwartaal, ʼn stap wat die SOS verwelkom het.

Buys sê volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) hou die volgehoue sluit van skole ʼn duidelike negatiewe impak vir kinders se gesondheid, onderrig en ontwikkeling, asook die ekonomie en families se inkomste in.

Die besluit om skole weer na normaal te laat terugkeer is volgens haar ook in ooreenstemming met die WGO se standpunt dat skole moet heropen ter wille van leerders se reg om hul studies te voltooi en na ʼn volgende graad te vorder, hul maatskaplike en sielkundige welstand, die voordele vir die wye gemeenskap, asook om toegang tot voedingskemas en kinderwelsynsprogramme te kry.

Prof. Martin Gustafsson, ʼn navorser vir die departement, het Dinsdag gesê net sowat 40% van diegene wat vantevore voedselhulp ingevolge skole se voedingskemas ontvang het, kry dit steeds. Om dié persentasie te verhoog, beteken dit kinders moet elke dag skool bywoon.

Buys sê sy hoop die proses vir die prioritisering van entstof vir onderwysers bly nie net by samesprekings nie.

“Onderwysers het ʼn kernrol te speel in die herstelpad ná Covid-19. Hulle gesondheid en produktiwiteit is van kardinale belang en daarom moet hulle so gou moontlik ingeënt word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Willem ·

HOE? Daars is dan nie eers entstof beskikbaar vir die oues nie

Darlieng ·

Ek stem saam dat mense bo 60 wel prioriteit is, maar as ‘n ouer stem ek volkome saam dat onderwysers ook moet voorkeur kry, die impak op die kinders is ongelooflik groot as hulle tyd mis by die skool.

Johannes ·

Ek is van die opinie dat, indien enige iemand na wat alles in die openbaar gekom het die afgelope jaar steeds glo dat die media, dokters en politici die epitoom van eerlikheid is, daar nie meer hulp vir die mensdom is nie. Daar is reeds tien duisende offisieel-gerapporteerde gevalle van negatiewe tot dodelike newe effekte van die inenting. Elke studie wys dat hierdie inentings dodelik is en niemand beveilig nie, ten spyte van die konstante propaganda van media huise.

Ilze ·

En STEEDS luister duisende mense NIE na die waarskuwings oor vaccines nie.
ARME omderwysers….en kinders……en arme ander …..

Ilze ·

Jaaaa. En steeds luister duisende mense nie na die waarskuwings nie. ArME onderwysers!!!!!

Jedi Knight ·

Hierdie tou raak al hoe langer. Ek sien nog hoe verskillende groepe mekaar gaan takel. Nou nie met die vuis nie, maar met hofsake.

Fedup ·

If we believe who and this circus, we are doomed.
Say what you will, my personal opinion, no untested vaccine will help anyone. They want us to be guinnea pigs. Sorry no. Children have strong immune systems. Teacher can get the normal flu vaccine. I don’t understand why people are so stubborn.
If the circus and mainstream media tell you, the sky will erupt tomorrow, will you believe them?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.