Ondeurdagte politieke uitsprake vererger plaasaanvalle, sê VF Plus

plaas-noordwes

Argieffoto: Johni Edwards

Die VF Plus het Vrydag gesê dit wil voorkom of plaasaanvalle in aanloop tot asook na afloop van vanjaar se verkiesing toegeneem het.

Jan van Niekerk, leier van die VF Plus in die Vrystaat, het in ʼn verklaring uitsprake wat deur die ANC asook ander partye gemaak is oor grond en onteiening as roekeloos en uiters onverantwoordelik bestempel.

“Daar is geen politieke wil om boere en hul werkers te beskerm en by te staan nie. Goedkoop verkiesingsretoriek het die probleem vererger,” lui die verklaring.

Volgens Van Niekerk sal die VF Plus dus daarmee volhou om druk op die regerende party te plaas om plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad te verklaar, “aangesien dit die verskillende instellings verantwoordelik vir die veiligheid van ons landbougemeenskap sal dwing om spesifieke hulpbronne en aksiestappe daarvoor toe te wys”.

Van Niekerk het in die verklaring ook die inhegtenisneming van vyf mans wat glo vandeesweek ʼn plaasaanval naby Fouriesburg in die Vrystaat beplan het, verwelkom.

“Deeglike intelligensie en vinnige optrede deur lede van die polisie se openbare orde- en honde-eenheid op Bethlehem in die Vrystaat om ʼn moontlike plaasaanval naby Fouriesburg te fnuik, moet geprys word.”

Maroela Media het vroeër berig die polisie het inligting oor die verdagtes ontvang waarna ʼn verdagte voertuig Donderdag voorgekeer is.

Die vyf insittendes van die voertuig is in hegtenis geneem nadat ʼn R1-aanvalsgeweer, 15 koeëls en ʼn Norinco-pistool met nege koeëls in die voertuig gevind is.

“Dit is egter kommerwekkend dat twee van die aanvallers glo voormalige polisielede is en dat al meer aanvalsvuurwapens, soos R1-gewere, in sulke aanvalle gebruik word,” het Van Niekerk gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Johan ·

En onse president weier om die plaasmoorde en – aanvalle te veroordeel. Daardeur word die illusie geskep dat dit heeltemal “normaal” is…..

Andreas ·

Hoe verlang ek nou na daai mooie aarde, die uitgetrekte Vrystaatse vlaktes, roesbruin grond, kluite, wuiwende grasveld, die enkele windpomp se wiel sien mens al van ver af draai, so duskant die horison, as jy nader kom hoor jy die klop klop klop, dis nou sopas na Jan Van Riebeeck aan die suidpunt geland het, seker ook daardie jare toe daar maar eina beweging doer uit die noorde te bespeur was.

Dirk ·

Daar word druk geplaas op die regering al vir die afgelope 25 jaar. Wil jy nou vir my se julle “slaan terug” plan vir die volgende 5 jaar is dieselfde plan as die afgelope 25 jaar?

Aksie SA ·

Slaan terug, beteken dat eie- en familiebelang eerste gestel word, ten koste van die kiesers/burgers wat naief genoeg was om politici se gebrabbel te glo! Ons is op ons eie en sal self moet sorg vir terugslaan-aksies!

Jimmy ·

Gee my ‘n salarispakket van R2 miljoen dan slaan ek saam.

George in Bloem ·

Almal weet dit natiurlik behalwe onse Cyril en sy mede-comrades.

George in Bloem ·

En almal in die land weet dit behalwe onse “president” Ramapocchio en sy mede-comrades.

jaco ·

En dan juig Afriforum oor die ou bietjie geld wat hulle by die EFF gekry het. NATUURLIK sal die EFF nou uit weerwraak plaasaanvalle reël. Los dié mense uit, al sê hulle ook die ergste lelike goed. Ongelukkig beteken ‘n oorwinning in ‘n hofsaak teen hulle NIKS goeds vir ons gewone wit boere nie.

Adam ·

Jaco ek glo jy is reg. Uitsprake van beide links en regs op die politieke spektrum het ongelukkig die effek dat dit groter haat aanwakker wat in geweldsmidaad manifesteer. Foeter die op wat opgefoeter moet word en swyg oor jou oorwinning.

Dries du Toit ·

Die feit dat hulle gevang is was die slaan terug ou maat. Of dink jy dit was die SAP wat dit gedoen het

ADT ·

Ja Dirk slaan jy en die DA terug of skree julle net wolf wolf

TN ·

Werkloosheid en misdaad loop hand aan hand ; in die vorige finansiële jaar is meer werkgeleenthede in die Wes-Kaap geskep ( DA ) as in die res van die land ten spyte daarvan dat die Wes-Kaap slegs 12 , 5 % van die land se ekonomiese kapasiteit verteen woordig . Ons sal doen terwyl die regses blaf en kerm oor taal en onbenulligehede .

Gaitsigubib ·

Hulle maak kapsie teen die voorkoms van plaasaanvalle, meen jy nou dis onbenullighede? Duidelik boer jy nie anders sou jy enige insettte in die verband waardeer het.

Penellope Jones ·

Uiteraard sal die regering dit nooit glo nie……

Japie Greyling ·

Meneer, die uitsprake is nié ondeurdag nie. Hulle bedoel presies wat hulle sê. Wanneer gaan julle wakker skrik?

humor ·

Andreas jou hart praat mooi. Myne is weer verpant aan n plaas so op die kant van die eidelose Namib. Die dae toe ons met n groot dors vir die wind gefluit het dat die windpomp se wiel moet draai. Glo my dit het nogal dikwels gewerk.

Andreas ·

Jy hoef my nie te nooi nie, ek is voor middernag daar …

Andreas ·

Humor, kom gesels saam by Op Vlerke oor die natuur, Google dit, jou hart se punt, ook is daar ‘n skakel na videos op YouTube, veral een mag jy nie mis nie, Leeujag.

PJC ·

Hierdie politici se uitsprake is nie so onskuldig as wat hulle wil voorgee nie. Die doel daarvan is juis om plaasmoorde aan te moedig en dit is ook die rede hoekom die ANC hulle nie daarteen wil uitspreek nie.

Vryheid ·

Die minderheid sal in SA altyd verwerp word, die anc stel net belang in selfveryking. Die meerderheid bly blaf dat hulle grond wil he en al kry hulle al die grond in RSA sal daar van niks kom nie. Als is net n politieke spel!

Andre Stander ·

Hmmm… ex-polisie lede…..
HHMMmmmmmmmmm…………….

John ·

Die VFPlus moet eerste hul woorde tel. Sedet die #SlaanTerug-veldtog het die party ‘n hele klomp dom dinge kwyt geraak wat gaan boemerang. Die party praat nie namens alle wit mense nie en het reeds laat blyk dat dit ‘n interrasgroep is. Dra nou maar self die las.

piet piet ·

Nie waar john ,die VF+ is n party vir enige persoon ongeag ras of kleur wat in sy beginsels glo van n party wat minderhede se belange op die hart ,afrikaanse skole word geteiken,plaas bewoners word afgemaai daar is diskriminasie teen minderhede en na 25 jaar hoe kan dit nog geregverdig word en dit is nie net n wit probleem nie ,die polisie in die weskaap bevorder swart lede bo bruin en wit lede en die DA wat die weskaap beheer keer dit goed met hulle alewige stilswye.

Johan ·

En die DA beteken absoluut niks. Al wat hulle leier kan doen is om rassistiese uitlatings en aanvalle op witmense te maak. Hulle praat geen sins vir die witman nie.

Kallie ·

Die SAPS in die Wesk-Kaap is steeds deel van die nasionale polisie. Die Wes-Kaap het nie hul eie polisiemag nie.

Judge Dredd ·

Belaglike redenasie – vertel vir my John – watter party praat namens alle wit mense?

Jimmy ·

Geen politieke of belangegroep party praat namens wittes nie, meer spesifiek Afrikaners. Die DA het waarskynlik die meeste steun onder hierdie gemeenskappe.

willem Botha ·

Die VF+ is al wat die minderhede het in hierdie land ,dan is daar die oningeligtes wat nog saam met die DA of ANC light wil wees ,net n klein voorbeeld,met die onlangse groei kry die VF+meer tyd om vra te vra en te praat in die parlement wat hulle gebruik om hierdie probleme op die tafel te plaas en sodoende druk op die regering te plaas.Die VF+ moet sterker word en as die minderhede reg begin stem vir n party wat vir hulle belange baklei en ophou vir n party stem wat die diskriminasie goedkeur teen minderhede sal dinge vinniger en met meer doelgerigtheid kan gebeur.

piet piet ·

Ek het jare vir die DA gestem in die hoop dat hulle al die minderhede sê belange sou beskerm en sou baklei teen plaasaanvalle ,misdaad ens dit het en sal nooit gebeur nie toe staan ek voor n besluit stem ek weer da of anc want altwee dryf dieselfde agenda en diskrimineer teen my,so watter party bly oor wat my belange eerste stel.Ek haat ras kwalifisering maar ek is n bruin middelklas man en bly in n voorstad waar die naaste afrikaanse skool nou net engels aanbied.

GL ·

Ek wil graag weet hoe die VF druk op die regerinde party gaan plaas en ook hoe gaan dit hulle en ander instansies dwing om iets daaraan te doen. Ek is baie bly die VF het sy teenwoordigheid verdubbel in die parliament maar die ANC en EFF en heel moontlik die DA gaan hulle af vee aan die druk wat toegepas word want hulle is besig met hulle eie agendas soos ons in die verlede gesien het. Intussen moet boere saamstaan en hulle bewapen, plaas patrolies,versterk julle sekuritheid, wees paraat, alarms wat vroegtydig waarsku, sluit jou kamer deur in die nag , slaap met die rewolwer op die bed kassie ( die het my en my vrou se lewe gered al).

Saint ·

Dit word langsamerhand tyd dat burgerlike beskermingseenhede vuur met gelykwaardige vuur beantwoord.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.