Onduidelik hoeveel skole Lesufi werklik gebou het

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Donderdag tydens ’n mediakonferensie gesê sy departement het 54 nuwe skole gebou sedert die begin van sy ampstermyn in 2014. In Augustus het hy egter vir ouers by Sutherland High School gesê sy departement het die afgelope vier jaar 47 nuwe skole gebou. In Januarie het ’n departementele woordvoerder gesê 42 skole is sedert 2014 gebou. Dit beteken Lesufi moes sedert Januarie 12 skole oopgemaak het, waarvan sewe skole net die afgelope twee maande moes oopgemaak het vir Lesufi se syfers om akkuraat te wees.

“Die SOS twyfel sterk of Lesufi meer as een skool ’n maand kon oopmaak. Dít boonop sonder die gewone media-sirkus wat gewoonlik hiermee gepaardgaan,” sê Melanie Buys, onderwysspesialis verbonde aan die Skoleondersteuningsentrum (SOS).

Lesufi het homself boonop Donderdag weerspreek toe hy sê sy departement het verlede jaar elke maand ’n nuwe skool oopgemaak. ’n Paar minute later het hy gesê ses nuwe skole het verlede jaar oopgemaak. Volgens die departement se eie jaarverslag het hulle in die 2017/18-boekjaar vyf nuwe skole klaar gebou. “Vir ʼn LUR wat weet wanneer ʼn leerling raas kry oor haar haarstyl en hoeveel koekies ʼn kleuterskool tydens partytjies uitdeel, is hy verbasend onakkuraat oor syfers wat betrekking het op die grootste probleem in die provinsie,” sê Buys.

Die SOS het Vrydag weer vir die departement gevra om die aantal nuwe skole sedert 2014 te bevestig. Steve Mabona, departementele woordvoerder, kon nie sê presies wat die getal is nie. Die departement weier boonop sedert Januarie om ʼn lys name van nuwe skole te verskaf. Die SOS kon net 23 skole opspoor wat sedert 2014 oopgemaak het.

“Die gebrek aan nuwe skole is die grootste rede waarom Gauteng jaarliks sukkel om leerlinge te plaas. Nou word Afrikaanse skole gedwing om Engelse leerlinge in te neem, terwyl hierdie skole reeds nie plek vir ’n muis het nie,” sê Buys. Lesufi het Donderdag erken hy het reeds verskeie Afrikaanse skole gedwing om volgende jaar Engelse leerlinge te aanvaar.

“Afrikaanse skole moet swaar steun op hul regte. Die hof se uitspraak in Hoërskool Overvaal se guns vroeër vanjaar, dien as bevestiging dat Afrikaanse skole nie gedwing kan word om Engelse leerlinge in te neem nie.” Sy beveel aan dat skole wat deur die departement versoek word om meer kinders te plaas of hul taalbeleid te wysig, daarop aandring dat die versoek skriftelik aan die skool gerig word. “Dit staan die beheerliggaam vry om die versoek, na oorweging, van die hand te wys indien hulle nie die leerders kan akkommodeer nie.”

Skole wat onbillike druk ervaar vanaf die departement om Engelse leerlinge in te neem, kan die SOS kontak by [email protected] Die SOS, in samewerking met hul vennote, sal hierdie skole ondersteun en ook help met regsaksie indien nodig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

PJC ·

Lesufi bou nie skole nie. Hy het dit sy lewenstaak gemaak om goed funksionerende skole af te breek.

Bekommerde ·

Amper amper vloek ek vreeslik.
In graad 1 is ons geleer om te skryf – So wat is dan nou so moeilik om die lyne van 1 – X te nommer en langsaan in te vul waar daar beplan word om ‘n skool te bou volgende kolom – wie die tender gekry het – volgende kolom bedrag wat toegeken is volgen kolomme betalings – finale kolom – werk voltooid – laaste1 kolom retensie geld betaal,
MAGTIG met die rekenaars is dit mos kinderspeletjies – die probleem is duidelik hier – daar is soveel ander dinge wat saam met die proses gaan dat daar nie aandag geskenk word aan wat werklik moet gedoen word nie.
Geen interne ouditeure hou wag oor die geldkoffers nie ……….
Wat my die kwaadste maak is dat ons grootmense alweer die kinders faal in ons optrede!

Basjan ·

“Bekommerde”, jy raak ‘n baie belangrike punt aan as jy sê: “Geen interne ouditeure hou wag oor die geldkoffers nie.” In baie gevalle kan die interne ouditeure (of gebrek daaraan) die oorsaak van die probleem wees. Dit kan ook deurgetrek word na alle regeringsvlakke.

zoom zoom ·

Duidelik het die man ‘n probleem om te kan tel. Dan is hy in ‘n pos as lur vir onderwys in Gauteng. Die man behoort GEFIRE te word.

Johanna Botha ·

Geen wonder wiskunde is so swak in die skole …kan nie eers tel wat nog van meetkunde of Algebra doen ????

Wilma ·

Wanneer Afr skole geforseer word om Engelse leerders in te neem weet ons ook noual dat dai Afr ouers die ander finansieel moet dra. Geld vi baie onnodige dinge het ouers maar wanneer dit kom by betaal vi hul kinders se skoolonderrig het hul kamma ni geld. Vorige Mode C skole se ouers se finansies hou skole in stand. Govt hopeloos

Johann ·

DODELIK gevaarlik moedswillig! Gaan ALS behalwe oor “engelse” leerders. Hys RAS behep en HAAT Afrikaans. Sal als verwoes om sy “engelse” leerders se standaarde op die gemeenskap af te dwing… solank hy “wen”. ANARGIS ALLA ANC KADER

Planke ·

Genade maar in n vroeer berig het die president gese dat ouers vervolg gaan word as kinders nie skool toe gaan nie.

WitBlits ·

As ek lees oor die LUR se wiskundige vermoë of is dit onvermoë om basiese sommetjies te maak, kan ek heeltemal verstaan hoekom ons eertydse President ook nie te sterk was met syfers nie!
Verder wonder ek ook of die LUR die departement se finansiële bydraes tot Afrikaanse skole gaan verhoog as hulle moet verengels wat tans betaal die witmelkkoei deur hulle nekke aan skoolfonds !

Pietman ·

Dis eenvoudig – vra DA of EFF of selfs Afriforum om formeel ondersoek in te stel sodat die man verplig word om met die waarheid uit te kom – op die manier word hy aan die kaak gestel en indien hy gelieg het kan die saak mos verder gevoer word. Deel van die ondersoek is om te kyk waarvoor begrotings voorsiening gemaak het en indien skole nie gebou is soos voor begroot nie moet vrae en ondersoeke plaasvind. Kan die DA ondersteuners nie maar hulle verteenwoordigers wakkermaak nie?

Jack ·

As die aantal skole wat oor dieselfde tydperk afgebrand of onbruikbaar beskadig is, tesame met die bevolkingsontploffing in berekening gebring word, is die situasie vining op pad na algehele chaos.

Hanna Hoekom ·

Maar die man weet presies hoeveel Afrikaans skole daar bestaan… Nou hoe kan jy nie weet hoeveel (beloofde) skole jou departement die afgelope jaar gebou het nie. Duidelik kan jy tel! Onthou, die som werk so: vir elke een skool wat hulle bou, word drie ander afgebrand. Lesufi, jy is n nar en n verleentheid vir jou departement! You’re the weakest link… Good bye!

John ·

Hoekom word die vraaag nie in die parlement gevra nie… en die probleem nie daar bespeek nie? Almal praat van Lesufi asof hy buite alle reels en wette van die land mag funksioneer. Hy regeer soos die meneer wat de SAUK op sy kniee gedwing het en die een wat die inkomstediens aan flarde het en die een gekiek sonder sy Gucci-broek en die een wat die Guptas met sakke vol geld op die lughawe gaan afsien het en die een wat vlamme met Ace blus en Me geKaap wat as ‘n heilige verklaar wil word…. Vat die kwessie parlement toe. Die prez moet rekenskap van sy ‘kinders’ se doen en late gee… Januarie gaan chaos heers. Doen nou!

Judge Dredd ·

Soos kinder getalle nou vermeerder en met die skole wat vol is as gevolg van migrasie sal Lesufi ten minste 2 Nuwe skole per maand moet bou.

Bushy ·

Waar kom al die sogenaamde “ENGELSE ” kindertjies vandaan? van tuislande waar hulle geen idee van engels het nie. Moet Afrikaanse onderwysers nou ander tale aanleer om vertalings na engels te kan doen. Wanneer gaan die ANC ophou om onskuldige kindertjies voor te gooi as rasse- en taal haat slagoffers.

Von ·

So tussen die lyne??????waarmee hy sukkel is die WAARHEID… ek dink hy praat dit skeef

Waarheid ·

As jy altyd die waarheid praat, Lesufi, hoef jy nie bekommerd te wees dat jy uitgevang gaan word nie.

Sanet ·

Wat van al die skole in Soweto wat blykbaar so te se leeg staan? Lusufi lieg!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.