Ongeluk eis 4; liggaam op huis se dak gevind

Ongeluk op die R300 in Belhar (Foto: Skermgreep uit video deur Kenny Africa)

Vier persone is Saterdagoggend dood in ʼn ongeluk op die R300 in Belhar, Kaapstad.

Kenny Africa, voormalige verkeershoof van die Wes-Kaap, het gesê die motor het in die rigting van Bellville gery toe dit die pad verlaat en ʼn betonmuur getref het. Die motor het met impak aan die brand geslaan.

“Die stad se brand- en reddingsdiens is omstreeks 05:50 ontbied en brandbestryders van Belhar en Kuilsrivier was vinnig op die toneel,” het Africa gesê. “Hulle het op die motor afgekom, wat nog steeds in vlamme gehul is. Drie liggame, wat onherkenbaar verkool is, is in die motor gevind.”

Die liggaam van ʼn vierde persoon, ʼn volwasse man, is uit die motor geslinger en is op die dak van ʼn huis in Signalweg in Belhar gevind.

Die brand is omstreeks 06:30 geblus en die toneel is aan die polisiediens oorgegee.

Waar die liggaam op die huis se dak gevind is ná die ongeluk op die R300 in Belhar (Foto: Skermgreep uit video deur Kenny Africa)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nella ·

Sterkte aan die naasbestaandes. Dit bly hartseer. Maar ek glo spoed het beslis n rol gespeel as n mens so deur die lug trek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.