Ongeluk eis kleuter; ‘Sy was ons blom’

Klein Amé Jansen van Rensburg (Foto: Verskaf)

’n Ouerpaar van Mpumalanga is gebroke nadat ’n motorongeluk hul vyfjarige dogtertjie op die R555 (ou Middelburg-pad) geëis het.

“Ek het omgedraai en gesien my dogtertjie is dood,” vertel Phillip Jansen van Rensburg oor daardie angswekkende oomblikke kort nadat hul gesinsmotor Sondag gerol en tot stilstand gekom het.

Klein Amé is in die ongeluk dood.

Jansen van Rensburg, sy vrou, Nadia, en hul twee jong kinders, Amé en Flippie (2), was ten tyde van die ongeluk vanaf hul kleinhoewe in die omgewing van Middelburg op pad dorp toe, toe ’n aankomende motor in hul baan ingeswaai het.

Phillip het noodgedwonge uitgeswaai en die gesin se bakkie het die pad verlaat en gerol.

Klein Amé is in die ongeluk dood.

Die Jansen van Rensburgs. (Foto: Verskaf)

Haar ma het haar linkerboarm tydens die voorval gebreek en is Dinsdag uit die hospitaal ontslaan. Amé se pa en boetie het genadiglik net stampe en skrape opgedoen.

Die gesin was op pad na Middelburg om onder meer benodigdhede vir die kinders te gaan koop.

“Ons het juis winkels toe gegaan om Amé se skoentjies te gaan omruil …” vertel Janse van Rensburg Woensdag aan Maroela Media.

“Sy was my blom gewees. Sy het altyd vir ons blommetjies gepluk …

“Sy was ’n sonstraal en so sag en fyn. As haar hemp ’n kol opgehad het, wou sy ’n ander een gaan aantrek. Sy was ’n regte dametjie,” onthou ’n gebroke Jansen van Rensburg.

Klein Amé Jansen van Rensburg (Foto: Verskaf)

Volgens Jansen van Rensburg het die motoris wat glo die ongeluk veroorsaak het na bewering van die ongelukstoneel weggejaag. ’n Ander motoris het egter dié voertuig agternagesit en die motoris is terug na die ongelukstoneel gebring.

Jansen van Rensburg bedank die motoris daarvoor.

Luidens inligting word ’n saak van strafbare manslag ondersoek.

Maroela Media het ’n navraag aan die departement van gemeenskapsveiligheid gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Swerwer ·

Hartverskeurend! Innige simpatie en meegevoel aan die ouers en Familie van Amè, sonstraaltjie.
Mag die skuldige aan die pen ry, dit sal nooit die leemte vul nie maar geregtigheid moet geskied.

Pieter ·

Sterkte en hoop die persoon wat die veroorsaak het, word behoorlik gestraf soos dit hoort. Ek weet dit bring niemand terug nie, maar die seer vir die res van die ouers se lewe………

Tanya ·

Ek is so bitterlik jammer vir julle verlies, my hart breek vir julle! Baie sterkte in hierdie ongelooflike swaar tyd!

Skappie ·

So jammer om te hoor van klein Ame wat oorlede is in die ongeluk. Mag onse Liewe Jesus julle as ‘n gesin styf in sy arms vashou, en julle deur hierdie moeilike tyd deur dra.

Misky ·

Dis bitter hartseer en so tragies. Innige meegevoel aan die familie

piet ·

Dis sulke gevalle waar die reg nie vir my so duidelik is nie. As jy by die verkeerde baan inswaai dan vat jy tien teen een ‘n kans en doen dit opsetlik. Daarby moet jy mos voorsien het dat hierdie gevaarlike optrede ‘n ongeluk kan veroorsaak en iemand kan as gevolg daarvan doodgaan. So vir my voldoen dit aan die opsetvereistes van moord so hoekom word die persoon nie van moord aangekla nie? Dit sou ‘n verskil wees as die bestuurder byvoorbeeld aan die slaap raak agter die stuur en sy voertuig per ongeluk in ‘n ander baan inswaai en iemand se dood veroorsaak, dan was hy nalatig en is dit strafbare manslag.

Marlene ·

So jammer oor jul hartseer. Vlieg hoog saam met die engeltjies kleine Amé

Boksombende ·

So, so jammer oor julle verlies. Mag God julle deur hierdie ongelooflike tyd help, en mag die reg geskied vir die lafaard wat die ongeluk veroorsaak het en weg gejaag het!

ES ·

Ek sou darem maar so bitter kwaad gewees het as dit ek was… nietemin kan niks die mooi dogtertjie terugbring nie. Sterkte aan julle!

Niklaas ·

Ai , ek voel saam met hulle, dis so hartseer en so onnodig . Pragtige kind daarby.

Anoniem ·

Hartverskeurend! So bitter jammer dat Amé die prys moes wees vir ń onverantwoordelike bestuurder. My innige simpatie. Sterkte vir die gesin.

Magda G ·

RIV Ame. Dis tragies en dit deur n padvark. Dankie aan die mense wat die persoon na die ongeluk teruggebring het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.