Ongeluk eis man, kind beseer

ʼn Man is dood en nóg ʼn man en ʼn kleuter is beseer toe twee motors Maandagaand in Alberton, Gauteng, in ʼn ongeluk betrokke was (Foto: Verskaf)

ʼn Man is dood en nóg ʼn man en ʼn kleuter is beseer toe twee motors Maandagaand in Alberton, Gauteng, in ʼn ongeluk betrokke was. Een van die motors het ná die ongeluk aan die brand geslaan.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is paramedici omstreeks 21:00 na Mohlala-weg in Alberton ontbied. By hul aankoms op die toneel was die provinsiale brandweer besig om die vlamme van die brandende motor te blus.

“ʼn Man en kind is naby een van die motors aangetref. Die kind het geringe beserings opgedoen terwyl die man in ʼn kritieke toestand was,” sê Meiring.

“Nóg ʼn man is in die brandende motor gevind. Hy het reeds aan sy beserings beswyk.”

Die twee beseerdes is per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

“Die omstandighede rondom die ongeluk word ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.