Ongeluk eis Olimpiese langafstandatleet

Mbulaeni Mulaudzi Foto: all-athletics.com

Mbulaeni Mulaudzi Foto: all-athletics.com

Die Olimpiese silwermedalje-langafstandatleet Mbulaeni Mulaudzi is Vrydag in ʼn motorongeluk oorlede.

“Fikile Mbalula, minister van sport, het pas die nuus ontvang oor die afsterwe van Suid-Afrika se 800m-ikoon,” het sy kantoor in ʼn verklaring gesê. Hy was 34 jaar oud.

Dit is nog nie duidelik waar die ongeluk gebeur het nie. Meer besonderhede oor die ongeluk sal bekend gemaak word sodra Mbalula met die familie vergader het.

Mulaudzi het in 2004 die silwer medalje gewen tydens die Olimpiese Spele in Griekeland.

Khotso Mokoena, mede-atleet en Olimpiese silwermedalje-verspringatleet, het sy medelye op Twitter betoon: “Ek het ʼn broer, ʼn vriend, ʼn kampioen verloor! Hartseer nuus vir my siel! Ek gaan jou mis, broer! RIV…”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.