Paramedici is Dinsdagaand omstreeks 19:00 na ʼn toneel in Umtentweni, Port Shepstone in KwaZulu-Natal ontbied ná berigte oor ʼn ongeluk tussen twee motors en ʼn paar mense op die toneel wat geskiet is.
“Die oorsaak van die ongeluk en voorafgaande gebeure word deur die polisie ondersoek,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Volgens berigte op die toneel was daar ʼn skietery voordat die twee voertuie mekaar getref het.”
Volgens Botha het die persone beserings tydens die ongeluk opgedoen en hulle het verskeie skietwonde gehad.
“Twee persone was in ʼn kritieke toestand en drie persone was in ʼn ernstige toestand,” het Botha verduidelik. “Een van die persone wat kritieke beserings opgedoen het, is later op die toneel dood, ondanks pogings deur paramedici om sy lewe te red.”
Die res van die pasiënte is na verskeie hospitale in die gebied geneem.
Baie jammer oor sulke ongelukke. Geen respek vir lewe nie. Dankie Maroela dat jul die nuusberigte plaas -goeie of slegte nuus.
The Wild West soos in die 18/00 eeu ons keer terug na die oudae cowboy en kroeks
Het insittendes van die 2 motors op mekaar geskiet maar berig na die ongeluk ??? Kriminele na die ongeluk op insittendes geskiet ???? Deurmekaar berig ????